BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE KONING VAN KONINGS IN DIE NUWE JERUSALEM

34 DIE LEUSE VAN MY HEILIGE STEM "DIE STEM VAN DIE MEESTER", "DAAR SAL WEER LIG WEES OP DIE AARDE", SAL WAAR WORD AS 'N HEILIGE WERKLIKHEID IN MY NUWE JERUSALEM:

DAAR SAL WEER LIG WEES OP AARDE!

35 EK JAHWEH is in die NUWE JERUSALEM, net soos EK in MY KONINKRYK is wat nie van hierdie wêreld is nie, maar is nou, deur middel van hierdie NUWE JERUSALEM, laat sak op hierdie Aarde, naamlik HY WIE EK IS, JULLE ELOHIM EN SKEPPER, JULLE HEMELSE VADER VAN EWIGHEID TOT IN EWIGHEID. - En dit is EK in hierdie eerste hemelse tydperk van die NUWE JERUSALEM, in HAAR, IN WIE EK JAHWEH na die Aarde teruggekeer het:

IN DIE KONINGIN VAN MY Hemele

36 EK JAHWEH sal dus in

MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE

IN

DIE NUWE JERUSALEM

KONING VAN DIE KONINGS wees want vir die eerste keer op hierdie Aarde sal LIEFDE alleen heers in die NUWE JERUSALEM as die vir ewig HOOGSTE VAN MY HEMELE! En dit beteken dat geen wêreldse mag in die NUWE JERUSALEM sal regeer nie, maar slegs DIE EWIGE LIEFDE VAN ELOHIM IN SY HART SE OERGRONDPOOL.

37 Iets soortgelyk behoort reeds in daardie dae met MY "uitverkore volk" tot stand gebring gewees het, in die sin dat EK gepoog het om hierdie volk op te voed deur middel van MY profete om suiwer LIEFDE te word, om hulle so te lei deur MY EWIGE LIEFDE. Hierdie volk wou egter, ten spyte van MY waarskuwing, 'n koning volgens die wêreldse manier gehad het, waarna hulle nooit weer 'n ware KONING VAN LIEFDE kon kry nie. Israel het baie konings gehad; min van hulle het eers `n poging aangewend tot `n KONINGSKAP VAN LIEFDE, maar niemand het ooit 'n KONING VAN VOLMAAKTE LIEFDE geword nie.

38 En toe EK in JAHSHUA DIE GESALFDE die ou Jerusalem binnegekom en geroep het: "Dogter van Sion, berei julle voor om julle koning te ontvang!" het sommige werklik hulde aan MY gebring as hulle Koning en Verlosser, maar toe EK dan verkondig: "MY koninkryk is nie van hierdie wêreld nie", het niemand MY, DIE KONING VAN KONINGS gevolg nie, en EK JAHWEH IN JAHSHUA DIE GESALFDE het daarna die pad na Golgota aangepak onder spot en beskimping as die "Koning van die Jode".

39 Tans sal almal wat LIEFDE word, die vurigste barmhartige JAHSHUA-MIRIAM-Liefde, op sterkte van MY NUWE BYBEL en wat die pad na die NUWE JERUSALEM onwrikbaar neem saam met MY, DIE KONING VAN KONINGS IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, getuie kan word van die verheerliking van die EWIGE LIEFDE op Aarde in die NUWE JERUSALEM, wat die KONING VAN DIE KONINGS sal oprig in die KONINGIN VAN LIEFDE en wat voortaan regeer sal word deur LIEFDE van ewigheid tot ewigheid.

40 Volmaakte lewe in die hele skepping is slegs moontlik en gewaarborg deur LIEFDE, soos geopenbaar, geleer, en bewys in hierdie NUWE BYBEL. LIEFDE as die werklikheid van 'n volmaakte en hemelse lewe op Aarde moet dus alles lei, as 'n gids op die hoogste plek in die NUWE JERUSALEM. Hoe kan dit enigsins anders wees?

EK JAHWEH

IN MY HART SE OERGRONDPOOL,

VAN EWIGE LIEFDE

kan nie anders wees as

DIE KONING VAN DIE NUWE JERUSALEM

sodat VOLMAAKTE LIEFDE mag regeer vir volmaakte lewe en bestaan in die NUWE JERUALEM vir die redding van alle mensekinders.

41 Waarlik, die NUWE BYBEL as julle anker van verlossing in die nag en angs van hierdie tyd, sal julle hoop en strewe na 'n volmaakte lewe en menswaardigheid op Aarde vervul.

42 Maar dit is jy wat hierdie anker van redding deur jou eie vrye wil moet aangryp; doen dit en roep uit na al jou broeders op Aarde, dat jy hierdie HEILIGE ANKER VAN REDDING gevind het!

43 Jy kan wel bydra tot die NUWE JERUSALEM, deur MY HEILIGE WIL te vervul soos geopenbaar in hierdie NUWE BYBEL deur self 'n hoeksteen te word.

44 Dit is inderdaad noodsaaklik dat elkeen van julle, MY mensekinders wat graag die NUWE JERUSALEM wil binnegaan saam met MY in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, self so 'n hoeksteen word.

45 Die wêreld in sy huidige toestand is nie geskik vir die bou van die NUWE JERUSALEM nie, feitlik niks is herbruikbaar daarvoor nie! Alles moet opnuut geskep en hervorm word deur LIEFDE, wat geen woonplek gevind het in hierdie wêreld van die Teenpool nie.

46 'n Wêreld soos hierdie sonder LIEFDE, maar vol sonde, moet deeglik in sy fondamente geskud word, sodat die sondes van die wêreld hulleself gryp en 'n bewustheid oor die sondevrot siele aanbreek, dat daar geen ware lewe sonder LIEFDE is nie! Waarskuwingstekens bo, op, en binne die Aarde sal blits deur MY HEILIGE WIL.

47 Dienooreenkomstig sal EK JAHWEH toesien dat ongemak in die verblinde harte sal groei en geleidelik 'n dinamiese neiging opwek na die enigste krag in staat om wonders te bewerk; want luiheid en louheid sal nie sonder moeite voortgedryf kan word nie.

48 Die dag sal kom wanneer mense uit pure nood hulle selfgemaakte grense sal breek en ware NAASTELIEFDE sal beoefen, om uit chaos te ontsnap.

49 Die dag sal kom wanneer gierigheid vir wins self sal stop, net sodat mense lewend kan bly.

50 Die dag sal kom wanneer mense, in die aangesig van 'n wêreldwye duisternis, sal begin groepeer om nie te vergaan nie.

51 Ten slotte sal 'n dag kom wanneer mense sal gryp na die HEILIGE ANKER VAN REDDING van hierdie NUWE BYBEL ten einde 'n manier te vind om die nag en angs te ontkom!

52 Die NUWE JERUSALEM sal 'n voorwerp van begeerte vir 'n groot aantal mense word. Mense sal begin besef dat, nie net baie dinge wat hulle tot dusver gedoen het, basies verkeerd was nie, maar dat alles vanaf die begin heeltemal verkeerd was! Tog sal dit te laat wees om alles so vinnig te verander, ten einde vir die foute en die gevolge daarvan te vergoed, want die groot magte van duisternis sal stappe neem om alles te onderdruk wat oorgebly het van die vrye wil, in die oorgrote meerderheid van die mensekinders wat MY, DIE ALMAGTIGE nie betyds wou aanroep nie.

53 In uiterste nood sal die mensdom dade doen wat uiteindelik die vonk sal wees vir hul selfgemaakte oordeel.

54 Dan sal EK JAHWEH die ware kinders van MY LIEFDE na veiligheid bring onder die skuiling van MY ALMAG, terwyl hulle so lank sal uithou as wat nodig sal wees vir die oprigting van die NUWE JERUSALEM op Aarde.

55 Intussen beter jy hierdie NUWE BYBEL as jou daaglikse brood inneem- geestelik gesproke - sodat almal van julle wat hierdie NUWE BYBEL herken as die WERK VAN BARMHARTIGHEID EN GENADE VAN JULLE ELOHIM EN HEMELSE VADER, kan grootword om MY ware kinders te word in hierdie kort tydperk van GENADE EN VERLOSSING:

56 So 'n grootword, so 'n rypwording van julle siele, is onontbeerlik om burgerskap toegestaan te word in MY NUWE JERUSALEM op Aarde. Net soos wat niks onsuiwer toegelaat sal word om MY Hemele binne te gaan nie, nie eens die kleinste teenstrydigheid met MY HEILIGE WIL nie, - want anders sou daar geen Hemele wees nie- kan ook niks die NUWE JERUSALEM binnekom wat nog nie gereed is om in absolute gehoorsaamheid MY HEILIGE WIL en die GEBOOIE VAN MY GODDELIKE VOLMAAKTHEID te vervul nie.

57 Wat is die toepaslike kriteria in julle arbeidswêreld? Is daar enige verdraagsaamheid vir die onbekwame, die onbevoegde, die ledige?

58 Kan jy jou 'n HEMELSE KONINKRYK op Aarde indink wat gevul moet word met ledige dromers, MY kinders van hierdie Aarde? Julle beter dadelik sulke onnosele gedagtes wegwerp, want dit is onsinnig.

59 Nog meer as in julle aardse ondernemings, sê EK JAHWEH - die heel beste is wat nodig is vir MY Hemele en MY hele skepping, naamlik die mees vurigste werke in die LIEFDE VAN VOLMAAKTHEID, saam met WYSHEID en al die ander eienskappe van MY, om sodoende waardes van ware lewe vir alle ewigheid te skep.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205