BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die NUWE JERUSALEM

 

Die Fundamentele skema van Orde

121 Hierdie fundamentele skema van orde van MY HEILIGE GEES openbaar bykomend dit wat alreeds voorheen bekendgemaak is, naamlik dat die getal "12" as 'n Bybelse raaisel nie verminder moet word tot die twaalf seuns van Jakob nie, maar eerder dat die 12 stamme van Israel gewortel moes gewees het in MY ORDE, as hulle MY seën en leiding wou ontvang het.

122 Net so moet met die twaalf poorte van die NUWE JERUSALEM verstaan word dat hulle rus op MY ORDE, en die feit dat hulle georden is in drieë deur die vier winde van die Hemele, beteken dat MY HEILIGE GEES van die HEILIGE DRIE-EENHEID die NUWE JERUSALEM moet deurdring en onderhou in 'n absolute gelyke mate terwyl die twaalf engele, as uitdrukking van die binneste en buitenste orde, waak oor die twaalf poorte. Die mure van die NUWE JERUSALEM, wat in hierdie absolute orde opgerig is op "twaalf fondamente", weerspieël die vastigheid van WARE LIEFDE IN MY HEILIGE GEES, en die feit dat hulle die name van MY twaalf apostels toon, beteken dat die HEILIGE WET VAN MY ORDE deur hulle vervul was, net soos EK as die MESSIAS beklemtoon het dat EK nie gekom het om die wet af te skaf nie, maar om dit te vervul.

123 Die feit dat die NUWE JERUSALEM gelyk is in lengte, breedte en hoogte, beteken dat, ten opsigte van LIEFDE, WYSHEID en KRAG, dit nooit anders sal lewe nie, maar binne die orde van MY HEILIGE GEES en WIL, en die mure vertolk, met die gelyke mate van vermeerdering van 12 x 12 = 144, hulle harmonie met die gelyke dele van 'n mens of 'n engel as die volmaakte uitdrukking van MY GELYKENIS.

124 Die muur van die NUWE JERUSALEM, soos waargeneem deur MY Johannes, kon gebou word van die kosbaarste steen jaspis, omdat jaspis gekristalliseerde LIEFDE is in die materiële wêreld, net soos wat die suiwer goud van die stad, die volmaakte suiwerheid van LIEFDE uitdruk, wat so voortreflik is dat wanneer dit met fisiese oë gesien word, dit soos suiwer glas lyk waardeur geopenbaar word dat SUIWER LIEFDE in die NUWE JERUSALEM kristal sal wees, soos die onsigbare HEILIGE GEES.

125 Dit vind ook uitdrukking in die beskrywing van die "strate van die stad" - waarmee alle vlakke van die lewe bedoel word, insluitende die nederigste, MY KINDERS VAN LIEFDE - wat van suiwer goud, deurskynend soos glas gemaak is.

126 Uiteindelik is al die "fondamente" van die stad deur die volmaakte orde versier met twaalf verskillende edelstene, wat beteken dat WARE LIEFDE in haar mooiste en suiwerste verskeidenheid, die NUWE JERUSALEM sal beklee.

127 Hierdie volmaakte orde van die NUWE JERUSALEM in die LIEFDE VAN MY HEILIGE GEES sal 'n mate van geloof weerspieël waar 'n sigbare tempel van ELOHIM nie meer nodig is nie, want waar MY HEILIGE ORDE vanuit MY LIEFDE in alles heers, daar is EK JAHWEH, nie net die sentrale punt, die Alfa en Omega van alle skeppings nie, maar ook DIE TEMPEL VAN ALLE TEMPELS, en almal is een met MY TEMPEL, want hy is in MY TEMPEL as 'n tempel van sy eie self.

128 Die volmaakte geestelike toestand het 'n eenvoudige realiteit in die NUWE JERUSALEM geword, nie net omdat EK ELOHIM DIE MEESTER en EWIGE SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE, daarin woon te midde van MY KINDERS VAN LIEFDE nie, maar ook omdat die HEILIGE WOORD dan vervul sal wees met ELOHIM wat onder Sy kinders leef as EEN HERDER met SY KUDDE; buite sy simboliese betekenis, beteken dit wesenlik dat die hele mensdom een geword het in LIEFDE, met sy een ware ELOHIM EN SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE.

129 Dit het MY Johannes as volg beskryf:

"En EK het geen tempel daarin gesien nie, want die MEESTER ELOHIM, die Almagtige, en die Lam is sy tempel."

(Openbaring aan Johannes 21:22)

130 Tog word die grootheid en ontsaglike betekenis, wat glad nie vandag deur die mensdom begryp kan word nie, ook deur Johannes geopenbaar:

"En die stad het geen behoefte van die son of die maan om daaroor te skyn nie, want die heerlikheid van ELOHIM het die stad verlig, en die Lam is die stad se lamp."

(Openbaring aan Johannes 21:23)

131 Daardeur het Johannes iets verwag wat niemand in staat was om in sy tyd te begryp nie, en wat ook tot vandag toe slegs bedink kan word deur diegene wat in hul hart ware kinders van MY LIEFDE geword het. Inderdaad, wie onder julle mensekinders kan verstaan dat 'n stad geen sonlig nodig het nie en dat slegs die HEERLIKHEID VAN ELOHIM alles verlig?

132 Tog is dit 'n HEILIGE WAARHEID GEOPENBAAR DEUR MY DIE MEESTER EN SKEPPER!

133 Voorwaar, sê EK JAHWEH aan almal van julle wat wil MY onwrikbaar wil volg, alhoewel vele lesers ten hierdie tyd vir hulleself sal sê: "Tot nou toe het EK probeer om alles te glo, maar nou gaan dit my geloof te bowe" en sal hierdie NUWE BYBEL toemaak, selfs al maak hy dit later oop.

134 Voorwaar, hierdie is die eenvoudige waarheid. Trouens, wie MY aangegryp het in die volmaaktheid van MY LIEFDE, het ook die LIG VAN ALLE LIG en sal skyn soos wat EK JAHWEH skyn.

135 'n Natuurlike son, soos wat in julle uitspansel is, is slegs nodig waar Liefde nog steeds so koud en swak is, dat dit skaars waarneembaar is, laat staan nog om self te skyn. En as EK julle laat lewe in die karigheid van julle Liefde, sê EK dat julle gladnie sou kon lewe nie, want julle sou oornag uitgesterf het deur julle eie duisternis!

136 Maar waarookal MY LIEFDE in 'n menslike kind ontwikkel tot vurige LIEFDE, sal WARE LIEFDE begin te skyn en straal en alles rondom verlig. Jy het beslis gelees dat MY grootste profeet Moses 'n driedubbele bedekking om sy kop moes draai toe hy van die berg Sinai afgekom het om met sy volk Israel te praat, want niemand anders uit die blinde kinders van Israel kon hierdie lig vanuit MY HEILIGE LIG verduur nie.

137 EK het reeds vir julle in hierdie NUWE BYBEL gesê hoe onbekwaam julle is om die vermenigvuldigingskrag van LIEFDE te bedink, sou al MY aardse kinders gevul wees met WARE LIEFDE! En julle was reeds deur MY Johannes vertel dat die NUWE JERUSALEM geen sonlig meer nodig gehad het nie, want MY GLANSRYKHEID het alles verlig.

138 Voorwaar, die oomblik wanneer al MY aardse kinders burgers van die NUWE JERUSALEM geword het, deur die volmaakte LIEFDE, die vurigste en barmhartige JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE, om daardeur met MY DIE MEESTER in alle volmaaktheid te verenig, sal die GLANSRYKHEID VAN MY LIG alles verlig, sodat daar geen son meer nodig sal wees nie. Dit is 'n waarheid, 'n heilige onbetwisbare waarheid!

139 Dit is ook 'n HEILIGE WAARHEID dat alle lig in MY oneindige skepping, die skyn van alle sonne en sterre, en selfs van die grootste sentraalsonne, 'n weerspieëling is van MY EWIGE LIG VAN LIEFDE.

140 Mag hierdie HEILIGE WAARHEID 'n lig in julle wêreld van denkbeelde gee om julle 'n aanduiding te gee van hoever MY EWIGE LIEFDE vir julle en elke skepsel bo woorde en begrippe is.

141 Aan die ander kant is dit maklik om te verstaan dat die NUWE JERUSALEM nie met MY LIG verlig sal word soos wat jy 'n skakelaar aanskakel nie, want die NUWE JERUSALEM sal moet arbei om geleidelik te styg vanuit 'n eerste vlak van ware volmaakte Liefde, na die hoogste vlak van JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE, en tog sal sy vinniger styg as wat julle dink, veral omdat die NUWE JERUSALEM SY REGTE JAHSHUA-MIRIAM-VERLIGTING sal hê deur die LIEFDE VAN MY ALLERHEILIGSTE, want die "Lam" - dit wil sê die diepste nederigheid en die grootste gereedheid om te offer wat gemotiveer is deur genade en absolute gehoorsaamheid as LIEFDE BO ALLE LIEFDE - het ontbind in die GLANSRYKHEID VAN ELOHIM wat as 'n LIG BO ALLE LIG vir ewig sal skyn in die NUWE JERUSALEM.

142 En EK het ook gesê dat MY HEMELE op die Aarde laat sak is, om die NUWE JERUSALEM te bou, en waar MY HEMELE ookal is, sal die Hemele skyn deur die GLANSRYKHEID VAN ELOHIM, of anders was daar niks!

143 Hou dus hierdie skets van die NUWE JERUSALEM voortdurend in gedagte, wetend dat hierdie stad die NUWE AARDE sal wees en dat dit hoog tyd is om MY HEILIGE WIL te volg!

144 Julle sal nou makliker kan besef dat MY HEILIGE WOORD, hetsy in die ou of die NUWE BYBEL, of deur MY HEILIGE STEM in 'n menslike hart, in die diepte van die gees begryp moet word, vanuit MY HEILIGE GEES, andersins sal julle nooit by die HEILIGE WAARHEID uitkom nie, maar sal eerder verstrengel word in selfversinde illusies.

145 Julle word dus goed aangeraai om heeltemal in MY JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE in te tree, wat uitstraal uit elke bladsy van hierdie NUWE BYBEL, en volgens die erns van julle strewe sal julle omring en deurtrek word met MY HEILIGE GEES, WIE julle geleidelik sal bekendstel aan MY KONINKRYK wat nie van hierdie wêreld is nie.

146 Deur hierdie raad te volg sal julle dalk ook besef dat EK JAHWEH reeds vir 'n lang tyd tussen julle as die TEMPEL VAN DIE NUWE JERUSALEM was, soos wat MY Johannes dit in sy sewende visioen gesien het. Want waarookal die hoofkwartier is van MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE - DIE LIGSIRKEL VAN DIE GESALFDE – is EK JAHWEH ook teenwoordig as die TEMPEL VAN ALLE TEMPELS, - DIE TEMPEL VAN DIE NUWE JERUSALEM. En dit berus net by julle, MY mensekinders, om rondom hierdie HEILIGE TEMPEL VAN JULLE ELOHIM EN MEESTER te versamel, om te luister en MY HEILIGE WIL te vervul, om sodoende die NUWE JERUSALEM te bou!

147 Wanneer julle kom na hierdie HEILIGE TEMPEL VAN MY, verwag nie om reeds vanuit die verte 'n paar pragtige geboue te sien nie, niks van die soort nie! Maar julle sal MY Lig waarneem wat skyn in MY HEILIGE STEM, wanneer EK met julle praat, indien dit MY wil is!

148 Dit kan selfs gebeur dat julle hierdie plek nogal teleurgesteld sal verlaat, sonder dat julle MY gesien het as die TEMPEL VAN ALLE TEMPELS, of MY waargeneem het in MY STEM, maar dan is dit julle wat geblameer moet word: Om nie in die diepste nederigheid te kom nie, of selfs vir die wat met boosheid in die hart kom, want dit is die hoofkwartier van MY LIGSIRKEL, net soos wat MY Johannes gesê het:

"27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.."

(Openbaring aan Johannes 21:27)

149 Inderdaad, MY HEILIGE GEES waai in die Hoofkwartier van MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE en sal alles uitsluit wat nie behoort aan die NUWE JERUSALEM nie. Slegs daardie nuwelinge wat bely dat hulle MY nie voorheen herken het nie en bely dat hulle MY in hul hart gevind het, deur middel van hierdie NUWE BYBEL, sal Genade vind voor MY en sal die geluksaligheid kan geniet om van nou af in MY lig te stap, soos reeds gesê:

"24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die Aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.."

(Openbaring aan Johannes 21:24)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205