OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 16
18 Nov. 2007 06:01
Dit was in ‘n sekere opsig die grootste woorde wat ooit gespreek is. EK het, toe EK aan die kruis gehang het baie dinge gesê wat nie opgeteken is in die Woord wat julle vandag ken as die Bybel nie. Dit was omdat dit verwarring sou veroorsaak in siele wat nog nie gereed is daarvoor nie, maar julle wat alreeds van MY vorige skrywers se werk gelees het, sal nou volkome verstaan wat EK bedoel het toe EK die volgende woorde geuiter het. Ek het gesê dat EK hiermee alles volbring wat Ek maar kon, om al die onvolledige sieledeeltjies te kon red en dat Ek hiermee (My kruisiging) bedoel om ‘n oordeel oor satan te vel wat in ewigheid nooit teruggetrek kan word nie. Dit was dan ook die onbekende woorde wat Ek op die kruis gesê het. Die wat daar rondgestaan het, het nie ‘n idee gehad wat EK bedoel het nie, want hulle was nog heeltemal vervul met die gees van satan. Maar MYNE het dit verstaan en hulle was bly, ten spyte van al die hartseer, dat Ek Satan oorwin het en dat EK nou die sieledeeltjies kon bevry wat in MY liggaam was. Al MY sieledeeltjies is vergeestelik met MY opstanding en kon daardeur nie weer in die verderf gaan nie. In elkeen van julle is daar van MY sieledeeltjies wat vergeestelik het teenwoordig en daarom voel julle die aantrekking na MY. Julle voel ‘n smagting na MY baie diep in julle wesens en dit is wat julle die eerste keer op MY attent gemaak het. Dit is MY vergeestelike sieledeeltjies wat julle vervul met ‘n verlange na MY, sonder dat julle MY eerste gesien het. Die van julle wat nie nou verstaan nie, sal kortliks verduidelik word.
Met MY geboorte op aarde het EK ook ‘n liggaam gehad soos julle, met behoeftes en luste wat EK moes beheer en oorwin. Ek het vroeg in MY kinderlewe MY liggaam heeltemal oorwin en het nie toegegee aan al die sinlikheid van die jeug nie. Daardeur het Ek Een geword met MY Vader (Liefde) en kon dan ook doen wat EK wou. Daarom kon Ek op ‘n jeugdige ouderdom wonderwerke verrig en geestelike dinge sien en ervaar, want Ek was nie “`n mens meer in die ware sin van die woord nie”. EK was al ‘n voltooide wese waarin My Gees die oorhand gehad het. EK het MYSELF láat kruisig en is nie magteloos gewees in MY gevangeneming nie, maar het MY laat welgeval in al die handelinge, omdat EK geweet het watter groot invloed dit sou hê op al MY geskapenes. Dit het die groot oorwinning gebring, waarvan talle profete lank voor MY aardse bestaan geprofeteer het. Maar in sy ywer on MY te martel en te vang het satan skoon vergeet wie Ek was en wat EK kon doen. Hy het net daarop gefokus om MY te pynig weens jaloesie en afguns, haat, nyd en talle helse oorweginge. Maar EK was, is en sal altyd slimmer en wyser wees as hy en daarom het EK MYSELF in sy hande oorgegee sodat hy MY kon pynig. Dit was ‘n wonderlike manier om die sieledeeltjies in MY liggaam te laat afsien van die liggaamlike sy en hulle te laat oorgaan in die geestelike sfeer. Dit was die eintlike oorwinning oor Satan, omdat Ek julle en almal wat vanuit MY gaan, ‘n definitiewe “hupstoot” gegee het in MY rigting, sodat julle al van vroeg af in julle lewe begin wonder het en ‘n verlange in julleself gekoester het na MY. Dit het julle ‘n sekere versekering gegee in die rigting van die geestelike. Dit is waarom julle volk MY, van altyd nog, gedien het. Maak nie saak of dit uit ‘n te groot eerbied was, of uit ware liefde nie. Die feit bly staan, julle het MY erken as Die Enigste en Eerste en dit was omdat MY Geestelike deeltjies in julle almal teenwoordig was en is en nog sal wees in julle nageslagte. Dit is die groot genade wat deur MY bewys is, deurdat Ek MYSELF laat pynig het, sodat julle gered kon word. Daar is baie mense wat ook My sieledeeltjies in hulle teenwoordig het en wat gesoek het na MY, maar wat die soeke na MY opgegee het, omdat hulle eers die liggaam wou behaag, daarom moet julle nie dink dat mense wat in die bose vasgevang sit, nie MY deeltjies in hulle het nie. Hulle het, maar wil nie van die groot genade gebruik maak nie. Dit is ‘n groot jammerte, omdat hulle dan hulle kans wat EK aan hulle gegee het, verspeel en dit dan nooit weer sal terugkry nie. Maar die van julle wat dit benut, sal ryklik geseënd wees daardeur, omdat julle ag gegee het op MY roep binne julle. Die smagting en verwondering oor ‘n Skepper en Groter Hand oor julle lewens is te wyte aan MY vergeestelike deeltjies binne-in julle en daarom soek julle na iets groters as julle bestaan. As daar ‘n man is wat na MY soek en hy vind MY, sal die deeltjies van MY binne hom My herken en hy sal dan weet dat EK Dit is waarna hy gesoek het en bly sal hy dan na MY begin vra en meer van MY wil weet. Hy sal dan begin om ‘n lewe in MY te leef en sal sy liggaam begin aflê met al sy luste en begeertes. Die van julle wat alreeds begin het om af te sny van die wêreld, moet weet dat julle net moet aanhou en Ek sal EEN met julle word, sodat julle nie meer deur die bose oorwin kan word nie. Dit is dan MY onbekende woorde aan die kruis en die betekenis daarvan, wat nog baie meer beteken as wat julle kan verstaan, maar julle sal dit heeltemal verstaan sodra julle met MY verenig is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205