OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 5
Soos een man het hulle op MY afgestorm en MY omhels in vurige liefde wat ontbrand het vir MY, hulle Verlosser en troue Vriend. Soos ‘n vriend in nood het EK hulle kom haal en hulle was MY so toegedaan, dat hulle uit pure liefde vir MY weer sou doodgaan as dit maar kon. EK het elkeen by die naam genoem en daar het die grootste vreugde in die hemel geheers, omdat Satan oorwin is en EK nie deur hom gebind kon word nie. Die vrolikheid was uitbundig en daar is lofsange gesing totdat MY kinders uit liefde neergeslaan het in aanbidding. Die lofgedigte kon net aanhou en aanhou. Julle moet ook daaraan dink dat EK dit vir julle ook bewerkstellig het, anders sou julle ook saam met hulle in die diepe put van duisternis moes vertoef vir ewighede der ewighede. Maar nou het EK julle kom red en dit is nie vir julle nodig om deur te gaan wat MY ander kinders moes deurgaan voordat EK die brug kom bou het nie. EK, die groot bouer van die eeue, het ‘n brug kom bou wat nooit verslyt of kraak nie. Daar kan nie fout kom met die konstruksie nie, want EK het gebou en niemand vernietig wat EK bou nie. Kom loop oor die Brug tot in MY arms, sodat EK jou styf kan vashou en moenie bang wees vir die hoogte nie, want EK is onder jou, bo jou, links en regs, voor en agter jou, sodat jy nie kan val en seerkry nie. EK is die Brug en daarom kan niemand van MY afval nie. MY liefde hou alles in stand en daarom sal julle ook nie verlore gaan as julle op MY wandel nie. EK is die Weg en op die Weg is ‘n Brug. EK is die Brug en niemand kan beseer word op die Weg en op die Brug nie. Dink daaraan as jy weer jou aardse weg loop en jy struikel. Dit is net MY reddende Regterhand wat uithelp en red. Soos ‘n aardse wandelaar struikel oor ‘n hindernis in sy pad, gryp hy na iets om aan vas te hou om sodoende sy val te stuit. Gryp na MY as jy voel jy verloor jou balans. EK sal jou val keer en jy sal in MY arms ongedeerd verder kan stap. Maar terug by MY skare wat rondom MY voete gelê het en in ‘n staat van aanbidding verkeer het. Hulle is deur MY opgehef en in MY koninkryk ingedra, terwyl EK MY littekens aan almal wys. Hulle het uit pure dankbaarheid MY hande en voete gesoen en MY weereens gedank vir die pyn wat EK vir hulle deurgegaan het. Daar is mense op die aarde wat nie kan wag om dieselfde te doen nie en hulle sal die kans kry om ook MY hande en voete te soen en dit sal ‘n wonderlike en heuglike dag wees waarna hulle en EK uitsien. Dit sal ‘n dag van buitengewone vreugde wees as EK na julle sal kom as ‘n mens en julle sal MY herken aan MY wonde. Die van julle wat MY baie liefhet, sal MY herken aan die Liefde wat EK sal uitstraal. Dit is nie meer ver nie en EK weet wie uiters daarna verlang, en net soos MY kinders daarna verlang het om verlos te word, verlang hulle na MY koms. EK sal soos ‘n broer tussen julle rondloop en van julle sal MY nie herken nie. Sorg daarom dat EK eerste in julle harte is. Sorg daarvoor dat julle MY liefhet met alles binne julle, want dit sal julle die sekerheid gee om MY te herken.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205