OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 30
25 Nov. 2007 06:37
Die van julle wat besluit het om My Lewensbrood verder te eet, kan nou ook verder lees.
Dit was ‘n bewoë dag vir My dissipels en die vrouens wat MY aardse lewe gedeel het, op die dag van My opstanding. Sonder vreugde het hulle na My graf aangestap gekom, sonder dat hulle regtig opgelet het waarheen hulle op pad was. Dit was eintlik maar deel van menswees, omdat hulle nie besef het dat EK werklik gaan opstaan nie. EK het aan hulle soveel tekens gewys terwyl EK in die doderyk besig was, dat hulle eintlik moes juig, maar sonder vreugde het hulle hulle weg gegaan na MY graf om MY liggaam te balsem en dit terwyl EK aan hulle gesê het dat EK die tempel, wat MY liggaam was, weer sou opbou. Met groot geween het hulle geloop en dink aan die marteling en die steil pad wat EK moes stap met die sware kruis op MY rug. Sonder om om hulle heen te kyk, het elkeen net voor hom in die pad gekyk. Daar was net ‘n paar vrouens teenwoordig en hulle het elkeen geloop en bid in hulle harte vir krag om weer My gebroke liggaam te kon aanskou. Sonder dat hulle besef het, het hulle by MY graf aangekom en wou net iemand vra om die groot steen voor die opening weg te rol sodat hulle kon ingaan. Maar dit was nie nodig nie, omdat die steen alreeds weg was en hulle ongestoord in die grafkamer kon inbeweeg. Hulle was nie ‘n bietjie verbaas daaroor nie en het gewonder wie hulle voorgespring het met die balseming van MY liggaam. Maar sonder om te dink, het hulle in beweeg om skielik tot stilstand te kom. My liggaam was weg! Al wat daar van My oor was, was die paar lappe wat daar gelê het en met groot skok het hulle almal buitentoe gestorm om uit te vind wat aan die gang was. Sonder om weereens te dink aan My woorde dat EK sou opstaan, het hulle begin soek na iemand wat daar besig was om te werk en wou net aan ‘n man wat daar gestaan het en vir hulle soos die tuinier gelyk het, vra of hy iets gesien het. Maria Magdalena het skielik voor MY kom staan en met ongeloof op haar gesig het sy na MY gekyk. Sy het geweet wie EK was, maar uit verbasing en skok was sy deurmekaar en vra MY toe of EK iets weet van haar Meester se liggaam wat nou weg was. Toe EK aan haar vra of sy MY dan nie herken nie, het sy eers tot haar sinne gekom en wou MY omhels en vasdruk teen haar bors. Maar omdat sy nog onreinheid in haar gehad het, is dit haar nie toegestaan nie, omdat dit haar dood sou beteken. EK was verheerlik en weer EEN met MY VADER en geen onreinheid kon naby MY standhou nie. Ek het die sonde en dood oorwin en niemand wat dit nog in hom geberg het, kon MY aanraak nie. Julle wonder seker wat die ander gedoen het toe hulle My vir die eerste keer gesien het en of hulle ook soos Maria Magdalena gereageer het. Kom EK vertel julle kortliks wat verder gebeur het. Nadat sy voor My op die grond neergeval het, het die ander vrouens ook op MY afgestorm en wou My ook vasdruk, maar het ook voor My voete geval, omdat hulle ook nog onrein was. In vreugde het hulle deurmekaar gelag en gehuil totdat daar van die omliggende mense begin vra het of hulle dronk was. Sonder om te weet wie EK was, het hulle maar net kopskuddend weggedraai en weggestap. Vandag gaan dit net so. Die wêreldmens wat niks aan My het nie, draai kopskuddend weg as een van MY kinders met groot vreugde van My getuig en dink ook maar dat hy/sy nie heeltemal “lekker” in die kop is nie. Maar sonder om te weet, draai hulle hulle rôe op die Lewe om die pad van die dood verder te stap. Verder as dit word daar nie eers weer aan My gedink nie en sonder jammerte in hulle harte vergeet hulle ook My diensknegte, om na hulle lewens vol aardse plesier terug te keer. Die vrouens was so bly om My weer te sien en wou nie van My af weggaan nie. Hulle wou ook die mans laat weet het dat Ek opgestaan het, maar was bang dat EK weer weg sou wees as hulle terugkom. EK het hulle egter beveel om hulle te roep en hulle het hulle tegemoet gehardloop en met groot gejuig het My dissipels ook daar aangekom. Sover as wat hulle gehardloop het, het hulle geroep en geskreeu dat EK opgestaan het en die nuus het vinnig versprei, sodat almal wat MY geken en liefgehad het, na die graf toe gekom het. Daar het EK hulle almal toegespreek en om te verhoed dat almal op My afstorm en My vasgryp het EK in ‘n helder lig gestaan wat so geblink het, dat almal ‘n veilige afstand gehou het. EK het hulle almal versterk en aan hulle die wonderlikste goed getoon wat hulle nie aan iemand kon oorvertel nie, omdat dit geestelik van aard is en nie ‘n gelyke op die aarde het nie. Daar is dan nie woorde om so iets aan iemand anders te beskryf nie. Julle almal sal ook getuies wees van MY wederkoms en EK sal aan julle almal ook alles toon wat EK aan MY mense getoon het en julle sal juig en bly wees en MY tegemoet hardloop en hierdie keer sal julle almal MY kan omhels omdat EK julle liggame gereinig het deur die kwaai stryd wat julle op aarde tydens die groot geloofstryd moes deurmaak en sonder smet of sonde sal julle dan almal in My arms in kan hardloop, sonder om die dood in die gesig te staar. Dit is die loon wat julle sal ontvang, omdat julle getrou aan MY gebly het, terwyl ander om julle geval het. Dink ‘n bietjie na oor die ooreenkomste wat MY kinders tydens MY kruisiging moes deurmaak en wat julle nou ook sal moet deurmaak en dit sal julle harte verbly, omdat julle dan sal insien hoedat Ek julle almal weer sal kom haal, net soos wat EK sigbaar aan MYNE verskyn het na MY opstanding. Daarom spoor EK julle almal aan om MY lief te hê en aan MY getrou te bly, omdat julle vreugde dan oorvloedig sal wees by MY weersiens met julle. Moenie moed verloor nie en glo die dinge wat EK aan julle sê, want dit gaan vir julle die Lewe gee.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205