Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die voortleef van die siel na die dood

B.D. 7343.-.21 April 1959

Een ding is seker, dat u leef, ook al is u liggaam gedoem om te sterwe. Maar dit hang maar net van uself af in welke toestand u leef na u liggaamlike dood. Of u lewe geluksalig is, wat dan ook `n egte lewe genoem kan word, of dat u sonder lig is en magteloos is - wat gelyk staan met die dood, terwyl u tog die besef van u bestaan behou en daarom smartlike pyn moet ly. Maar dit sal nooit gebeur dat u heeltemal vergaan nie, dat u niks meer van uself weet nie en dat u bestaan uitgevee is. En omdat u nou eenmaal bly bestaan, moet u besorg wees daaroor om aan uself `n toestand van geluk te verskaf, solank u as mens op hierdie aarde vertoef.

Want u lot later in die ryk hierna is `n aangeleentheid van u eie wil. U het dit in eie hand, na gelang van u lewenswandel wat u op hierdie aarde gelei het. Was dit `n lewe in onbaatsugtige naasteliefde, dan kan u ook seker daarvan wees dat u `n geluksalige lot kan verwag. Het u egter maar net geleef vir u eie "ek" en het dit u aan liefde tot die naaste ontbreek en dus ook tot God, dan kan u ook met sekerheid `n smartlike toestand verwag. Want dan word u arm en ongelukkig beskou, omdat dit u aan lig, krag en vryheid ontbreek, wat u dan as `n onuitspreeklike kwelling sal ondergaan.

Dat u mense op aarde so weinig geloof heg aan `n voortlewe, het ook sy invloed op u lewenswandel. U handel onverantwoordelik teenoor u siel, omdat u nie glo dat sy bly bestaan wanneer u liggaam sterf nie. En u glo nie dat die siel u eintlike "ek" is en dat sy alles net so ervaar as in die aardse lewe nie. Dat sy na geluk en lig verlang en dat dit haar bitter berou wanneer sy net `n glimp lig aan insig verwerf het, waardeur sy haar eintlike aardse opdrag insien en terugskouend die bitterste verwyte vir haarself maak, omdat sy dit nie vervul het nie; terwyl die siele wat die ligsfere mag ingaan, lof en dank sing, en nou vol van krag in vryheid werksaam kan wees tot hulle eie geluk­saligheid.

`n Vergaan is daar dus nie. Maar in welke gesteldheid die siel haar bestaan ervaar, beslis u mense op hierdie aarde self. Want hierdie tyd is aan u gegee, sodat u die toestand van u siel, wat nog baie gebrek­kig was in die begin van u menswording, kan verbeter. En daarom moet die arbeid aan die siel van die mens dit wees, - om aan haarself `n waar en onverganklike lewe te besorg, sodat sy eenmaal die ryk van lig in vryheid kan ingaan, waar sy nou, na gelang van haar staat van rypheid, kan werk, wat wel in verskillende grade moontlik is, maar altyd dan eers lewend genoem kan word, wanneer die siel eenmaal die ryk van die lig mag betree. 

Die siel kan egter ook aan die einde van haar aardse lewe net so gebrekkig wees as in die begin. Ja, sy kon selfs nog meer verduister geword het en dan is haar toestand nes die van die dood. Dan het sy haar lewe op aarde misbruik, sy het nie die barmhartigheid van haar beliggaming benut nie en tog sal sy nie vergaan nie. En dit is `n baie treurige en beklaenswaardige toestand, en tog deur eie skuld, want slegs die wil van die mens is beslissend vir die lot van die siel - en hierdie wil is vry.

As die mense tog maar wil glo dat daar `n voortlewe na die dood is, dan sou hulle meer bewus gewees het van die verantwoordelikheid van hulle lewe op aarde en sal hulle hulleself inspan om uit die diepste diepte op te styg. Maar ook tot glo kan geen mens gedwing word nie, dog word elkeen gehelp om tot geloof te kom.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205