Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die las van die sonde in die hiernamaals. Vergelding of vergewing?

B.D.3909.-.20 Oktober 1946

Elke sonde wat u teen u naaste begaan, word by u laste gevoeg en gevolglik sondig u ook teen Myself, Wie die gebod van die liefde vir u gegee het. En u sal die las van u sondes swaar te dra hê in die hiernamaals, as u dit nie reeds hier op die aarde uitgedien het nie. Glo daarom nie dat u daar sonder straf sal afkom as u gesondig het teen u naaste nie. Glo nie dat daar geen regverdige Regter is nie, omdat Hy Homself nie onmiddellik vertoon nie. Glo nie dat u daarom vry is van alle skuld nie, omdat die mense u dieselfde aangedoen het en My gebod van die liefde geminag het.

U stomp wel u gewete af, maar die grootte van u skuld verminder u nie daardeur nie - want u verstand bly aktief - en weet goed om die regte van die verkeerde te onderskei. En u wil word nie gedwing om u te laat dink en handel nie. Daarom dra u self die verantwoording daarvoor, en u belas uself onbeskryflik as u sonde op sonde stapel. As u u naaste skade aandoen, hom in die noute bring en hom op die ergste manier liefdeloos behandel, in plaas van om hom te ondersteun in sy nood, hom te help en hom dus onselfsugtige liefde te betoon, wat alleen welgevallig is voor My oë.

Glo in `n regverdige God, Wie u tot verantwoording roep vir al u dade en bid tot Hom vir vergewing van u skuld. Bid tot Hom om versterking van die goeie te wil, vir krag vir die doen van dade van liefde. Bring die wil op om goed te wees en u sal gehelp word. U sal uself uit die moeras van die sonde kan red, u sal reeds op aarde vergewing ontvang en barmhartigheid vind in My oë. Skat Hom egter nie gering WIE u die lewe gegee het nie. Betwis Sy regverdigheid nie en erken u sonde. Handel nie teen die gebod van die liefde nie, wat Ekself vir u gegee het vir u sieleheil. Ontferm u oor die swakkes en siekes en u sal self erbarming vind by My. Lenig hulle nood, en Ek sal steeds met My hulp gereedstaan wanneer u uself in nood bevind. Want soos u u medemens behandel, so sal Ek u ook behandel op die dag van die oordeel, wat kort voor die deur staan.

U begeef uself in die mag van Satan wat u siele nou na sy wil bewerk, wat u na benede trek in die verderf en van wie u as loon vir u gewilligheid, slegs `n tydelike verbetering in u aardse lewensom­standighede bespeur. Maar wat sal dit u siel baat? Laat die maat van u sonde nie oorloop nie, want eendag sal die berou vreeslik wees.

Sondig nie, sodat die maat van u sonde nie nog voller word nie, sodat die las van die sonde u nie terneerdruk en u geen barmhartigheid meer vind op die dag van die oordeel nie. Want Ek ken elke onreg, vir My Oog bly niks verborge nie. Vir elke gedagte en elke daad moet u self verantwoord, en wee diegene wat deur My vonnis getref word, wat self My regverdigheid sal bemerk wanneer sy sonde openbaar word. Sy vergelding sal swaar wees, maar by sy skuld aangepas word. Want Ek is `n regverdige Regter, ofskoon My geduld en barmhartigheid onuitputlik is. Maar aan u werke is grense gestel, en as u dit oortree het, het ook die uur van die gerig geslaan, wat geregtigheid sal eis vir alle sonde soos dit verkondig is in woord en geskrif.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205