Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

`n Nuwe plek. `n Pragtige gebou op `n heuwel

19 Ek sou julle eintlik moet vra hoe hierdie nuwe plek julle geval. Maar omdat ek nou met julle op julle eie grond wandel, kan ek dit in feite nie goed doen nie, want wanneer `n vreemdeling by `n huiseienaar kom, kan hy hom tog ook nie vra hoe sy eiendom hom geval nie. Maar die huiseienaar kan wel die vraag aan die vreemdeling stel. Tog kan julle nog nie hierdie vraag aan my stel nie, omdat julle self nog grotendeels vreemdelinge in julle eie eiendom is. Daarom moet ek dan tog maar die volgorde omkeer en julle die vraag voorlê wat julle eintlik aan my sou moet stel.

2 Dit sou enersyds wel goed wees, maar andersyds sien ek nog `n ander probleem en dit betref die nog baie gebrekkige geestelike aanskouing in julleself, waardeur julle nog nie in staat is om 'n behoorlike antwoord op my vraag te gee nie. Wat is daaraan te doen? Ons sal weldra `n middeweg vind waarop ons dit eens sal word, en dit beteken dat ons die vraag heeltemal sal weglaat en dadelik tot `n beskoulike uiteensetting oorgaan.

3 Kyk nou, hierdie nuwe plek is werklik nog aansienlik mooier as die eerste. Op `n taamlike hoë heuwel staan `n buitengewone pragtige gebou. Die wande bestaan uit suiwer deursigtige goud, die pilaargange voor die wande bestaan uit diamante en robyn-pilare en die dak van die besondere groot gebou vorm `n keiserskroon wat met groot, allerfynste edelstene beset is.

4 Vanaf die voet van die berg lei `n breë trap tot by die eerste pilaargang omhoog, waarvan die trappies uit ondeursigtige goud vervaardig is. Die balustrades (borswerings) aan weerskante van die trappies bestaan enkel en alleen uit piramides, wat van top na top deur rooi-goue kettings met mekaar verbind is.

5 In die middel van elke piramide is `n wit, ronde sonsteen aangebring wat werklik onbeskryflik mooi glans; en tussen elke twee piramides staan `n pragtige volgroeide populier agter die ketting, waarvan die blare skitter soos met goud omrande groen allerfynste fluweel strokies, en die een boom is net so groot soos die ander.

6 Tegelykertyd sien ek ook dat oor die breë trap heen, bowendien nog drie ongeveer een klafter breë fluweel bande loop; twee is daar groen en die middelste is baie mooi rooi van kleur en hulle is so geleë dat hulle met die trappe, behoorlik vas aansluitend, traps­gewys as`t ware `n eenheid vorm.

7 Hierdie trap loop nie in een stuk deur nie, maar soos wat ek sien, het hy na elke dertig tree `n baie ruim tussenplato, waar bowendien nog `n pragtige triomfboog oorheen aangebring is. Die triomfboog bestaan, soos wat ek sien, oor die hele breedte van die trap telkens uit dertig diamantpilare wat aan die bokant verbind is deur boë van besonder sterk vanuit homself stralende sonstene.

8 Maar verby die boë is eers `n galery aangebring waarop dit heerlik moet wees om op te wandel, en ek sien dat so 'n galery afwisselend van suiwer robyne en smaragde gebou is. Werklik, dit sou ek tog `n egte sonkeiserlike prag wil noem!

9 En kyk nou nog net daar: Die volkome ronde berg, wat op `n taamlike lae, maar van bo-af soos afgekapte piramide lyk, word aan die voet omgewe deur `n pragtige, ongeveer honderd klafter breë grag. Die hele grag is kunstig aangelê en heeltemal met die fynste wit marmer geplavei, terwyl beide die oewers met goue balustrades (borswerings) afgewerk is. Die weë langs beide balustrades is glimmend geplavei met jaspis en langs die weg staan aan die kant van die grag, die pragtigste vrugtebome.

10 Hier, waar die trap by die berg omhoog gaan, is `n buitenge­wone skitterende brug van rooi marmer gemaak. Die kunssinnig versierde leuning is van wit goud en die versierings is met baie kosbare edelstene geset. Maar die allermooiste is die spits toelopende obeliske wat almal vanuit die middel van die grag so 'n dertig klafter uit die water oprys. Die obeliske is van topaas en daar spuit `n nog eens hoë waterstraal uit omhoog, wat dan weer soos in tallose stralende pêrels in die grag terugval. En kyk net hoe die water deur allerlei blinkende vissies bevolk word; werklik, dit is pragtig om te sien!

11 Maar ons sal ons nou via die trap na bo begewe en ons pragtige gebou op die berg ietwat nader in oënskou neem. Die loop op hierdie trap gaan werklik baie maklik en lig. Kyk nou weer net: Ons het reeds die eerste rusplek bereik.

12 Kyk net na die vloer: Sy ondergrond is blou en dit is met witglansende sterre ingelê, terwyl die buitengewone gepastheid, alles wat mens hom maar kan voorstel, oortref.

13 Laat ons verder gaan: Kyk, daar is die tweede rusplek. Dit het `n groen ondergrond wat blyk om uit één stuk gepolyste smarag te bestaan, en vanuit sy oppervlak skitter baie mooi gerangskikte roosrooi sterre.

14 Laat ons maar weer verder gaan: Daar sien julle die derde rusplek. Die vloer is rooi soos karmyn, maar glansend soos robyn, en op sy oppervlak glinster weer baie mooi anders gerangskikte liggroen sterre. Ons gaan nog verder: Daar is al die vierde rusplek. Kyk net hierdie vloer; hy is violet soos ametis en in sy oppervlak skitter die allermooiste geordende ligblou sterre. 

15 Laat ons weer verder gaan; daar is al die vyfde rusplek. Kyk net hierdie vloer; hy is geel soos topaas en vanaf sy oppervlak glinster karmynrooi sterre. Maar ons gaan weer verder: Kyk, ons is al by die sesde rusplek. Die vloer is donkergroen en die sterre wat vanaf sy oppervlak straal, glinster in baie kleure soos geslypte diamante.

16 Ons gaan gewoon weer verder; daar is al die sewende rusplek. Bekyk net hierdie vloer; hy is donkerrooi soos die fluweel van `n keisersmantel, en donker-oranje-geel sterre glinster byna onverdraaglik fel vanaf die oppervlak en gee die rooi deursigtige vloer `n baie eienaardige en geheimsinnige beligting. - Nee, ek moet sê, ek het eerder alles verwag, as so 'n prag in julle. Daar is nog baie meer van sodanige rusplekke bokant ons; daar sou nog wel so 'n drie-en-twintig kan wees.

17 Maar laat ons nou in één stoot deurloop, want ek het al byna moeg geword van die kyk na die groot prag. Ons het nou `n vinnige tog gemaak en staan onder die eerste booggalery, wat deur suiwer diamantpilare gedra word.

18 Kyk net na die vloer tussen die pilare. Dit vorm `n helder stralende reënboog en elke kleurstrook is met kristalhelder glinsterende sterre geset. Waarlik, `n meer as hemelse prag!

19 En kyk daar, buite hierdie booggalery, meer na die gebou toe, verhef `n trap wat uit dertig trappe bestaan, homself rondom die berg. Hierdie trappe is van suiwer smarag en wederom met helderrooi stralende sterre ingelê. En kyk, bokant hierdie dertig rondom lopende trappe is weer `n tweede booggalery, gedra deur pilare van die allerkosbaarste, skitterende sonstene. Die boog op die pilare is van suiwer robyne en die balustrade (borswering) langs die robynboog van groen goud. En kyk net na die vloer; dit is hemelsblou, soos uit hiasint van dieselfde kleur saamgestel, en is ingedeel in sewe rye met agtereenvolgens deurlopende rooi en groen glinsterende sterre.

20 Ons is nou by hierdie bo-galery verby. En kyk, rondom die berg is daar opnuut `n lopende trap, weer van dertig trappies. Daarlangs kom mens op die groot plato van die berg, waarop die eintlike pragtige woonhuis gebou is. Die trappies is ook van hiasintkleurige stene gemaak en ook weer heeltemal met rooi en groen stralende sterre versier. 

21 Nou is ons eers op die eintlike hoofplato; maar kyk tog net wat `n prag! Die plato, so vlak en glansend soos die oppervlak van `n geslypte diamant, is asuurblou en met wondermooie rye van veelkleurig glinsterende sterre geset. Dit het van hierdie rand tot by die hoofgebou `n deursnee van bykans honderd klafter. Waarlik, hierdie prag kan mens byna onuitspreeklik noem!

22 Maar kyk nou tog net na die hoofgebou! Dit is `n ronde gebou wat uit drie verdiepings bestaan, waarby elke verdieping `n hoogte van dertig klafter het. Die mure bestaan enkel en alleen uit teen mekaar geplaaste pilare. Elke verdieping straal in `n ander kleur en dit onderskei hom aan die buitekant van mekaar deur die heerlikste galerye.

23 En kyk, binne die pilare-ry is eers `n vlak muur van die allerkos­baarste wit, liggewende sonstene gebou; wat `n prag, wat `n prag! Die buitenste pilaarmuur bestaan op die eerste verdieping uit smarag, op die tweede verdieping uit suiwer robyne en op die derde verdieping uit suiwer hiasint. Hoe pragtig breek die magtige lig van die vlak binnemuur deur hierdie pilare-rye van die buitemuur! Dit lyk wel of mens al die ontelbare kleurskakering in die mees helderste glans waarneem. Werklik, daar is al te veel prag op één plek saamgebing.

24 Die gebou het so gesien `n omtrek van so 'n seweduisend klafter en ons blik het voldoende ruimte om `n goeie oorsig te kry; maar by hierdie allerpragtigste, heerlike aanblik word mens tog werklik moeg van saligheid. Daarom sal ons vir ons hoofdoel ook dadelik die gebou binnegaan en sien hoe dit daar lyk.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205