Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Lesingsaal van die skeppingsgeskiedenis van die mens

72 Kyk, ook in die middel van hierdie immense groot saal is daar `n enorme groot sfeer, waaromheen `n galery aangebring is. Ook hierdie saal is weer `n groot ronde saal, waarvan die ronde wand van baie aansienlike groot kapelle voorsien is. In hierdie kapelle sien ons ook nog `n groot aantal kleiner sfere, wat `n bepaalde doel dien.

2 Laat ons die galery maar net opgaan om die groot sfeer te bekyk: Daarop sal ons die skeppingsgeskiedenis van die mens sien. Ons is op die galery; let dus op, hoe `n aanwesige leraar hier, dit alles vir sy leerlinge sal uitlê.

3 Kyk, hy buig hom na die groot bol en raak hom aan. En kyk, op die plek waar hy hom aangeraak het, ontstaan onmiddellik `n sterk lig; die lig konsentreer homself, en ontwikkel hom tot `n vorm en hierdie vorm lyk soos `n mens. En kyk verder; die leraar raak die bal opnuut aan, waarna fyn stof uit die aangeraakte plek opstyg, wat die vroeëre liggestalte omhul; dit straal nou geen lig meer uit nie, want dit is al met `n aardse kleed van gelyke vorm omhul.

4 En kyk nou, die leraar buig homself nogmaals en blaas sag oor die nog lewelose gestalte, wat daardeur begin te lewe, homself op die daad vanself beweeg en die dinge om hom heen bekyk. En kyk net nog verder; die gestalte word moeg van die kyk, gaan lê en raak aan die slaap. 

5 Nou buig die leraar hom weer en raak die sy van die slapende gestalte aan. Julle sien weer `n lig vanuit die sy opstyg; die lig konsentreer homself tot `n tweede menslike gestalte wat onbeweeglik voor die nog slapende eerste gestalte staan. Maar die leraar raak weer die eerste gestalte aan en `n bietjie nat sweterige massa maak hom soos `n troebel druppel uit die eerste gestalte los, gaan oor in `n klein newel en omhul as sodanig die tweede liggestalte. Die lig verdwyn en die tweede gestalte lyk soos die eerste, maar sy lewe nog nie; daarom raak die leraar haar nogmaals aan, en kyk - sy lewe en loop opgewek heen en weer.

6 Maar nou raak die leraar ook weer die eerste gestalte aan; kyk, hy staan op en wanneer hy `n tweede gestalte ontdek, wat op `n haar na soos hy lyk, is hy duidelik baie verheug en hy voer `n soort mimiek gesprek met haar. Die leraar stel hier in `n sekere sin die Heer voor en bewerkstellig nou skynbaar met die krag, wat die deur die Heer aan hom verleen is, dieselfde as dit wat die Heer in die groot werklikheid verrig het. Hy spreek ook presies dieselfde woorde, wat die Heer gespreek het en die leerlinge voel ook die groot mag van sulke woorde.

7 Kyk nou net hoe die leraar homself aan dit eerste geskape mensepaar openbaar en hoe hy hulle onderrig.

8 Kyk, die leraar raak sy bors aan. Meteens gaan daar vanuit die aangeraakte plek `n helder straal uit na die nuwe geskape mensepaar, wat homself ook soos `n derde ligmens voor hulle plaas. En wat die leraar nou met die bekende woorde van die Heer vir die leerlinge sê, dit sê die derde mens wat gevorm is uit die straal wat uit die bors van die leraar gekom het, ook vir die eerste geskape mensepaar.

9 Dit is nie nodig om die verdere verloop van dit wat hier uitgebeeld word, nog vir julle te laat sien nie, want alles speel hom nou letterlik af soos julle dit uit die Ou en Nuwe Woord ken; slegs die oomblikke van verwekking word daarby verskans. Eers as die wese van hierdie leerlinge `n groter rypheid bereik het, sal daar `n, in `n sekere sin, `n geestelike tyd aanbreek, waarin hulle op `n hoogs opbouende manier onderrig sal word daaroor.

10 Ek maak julle egter daarop attent dat die leraars op dieselfde manier hulle leerlinge die gehele verdere leiding van die menslike geslag op die mees doelmatigste wyse uitbeeld, ten slotte die hele aardoppervlak laat bevolk en hierdie volkere op die aardoppervlak selfstandig laat handel. Hulle bou hutte en stede, tem diere vir eie gebruik, voer oorloë en vervolg mekaar presies soos dit in werklikheid die geval op aarde was. En kyk, dit gaan so verder tot by die huidige tyd.

11 Die besondere oomblikke in die groot wêreldgeskiedenis, soos eers die skepping van die mens, dan die sondvloed ten tye van Noag, die verbond met Abraham, Isak en Jakob, vervolgens die besondere leiding van die volk van Israel onder Moses en sy opvolgers, as die geskiedenis onder Dawid en Salomo, die geboorte van die Heer en vanaf die tydstip aan, van die belang­rikste oomblikke met betrekking tot die uitbreiding van Sy leer, vorm die belangrikste gedeeltes van dié onderrig.

12 Wanneer so `n gedeelte voltooi is, dan word die leerlinge na die klein sfere in die kapelle gebring, en daar moet hulle vir hulle leraars op `n selfwerksame, kreatiewe wyse herhaal wat die leraars hulle op die groot sfeer laat sien het. Daardeur word die hele onderrig op sigself lewendig en die leerlinge ken dan die gebeur­tenisse op aarde van a tot z, presies so lewendig, asof hulle self aktiewe getuies op die werklike aarde van dit alles sou gewees het.

13 As die leerlinge hulle die belangrike deel van hulle leervak eie gemaak het, dan eers word hulle weer na die groot sfeer gebring, waarna die leraars hulle dan tegelykertyd die geestelike aarde en haar ontwikkeling vanuit die mensegeslag laat sien.

14 Hulle laat hulle die sfere sien en hoe dit steeds suiwerder en ligter bokant die eintlike materiële aarde vorm en hoe korrek hierdie sfere `n landskaplike vorm aanneem, sodra die gees van `n gestor­we mens in een of ander sfeer opstyg en daaruit dit wat vir hom aantreklik is, in besit neem.

15 Maar tegelykertyd toon die leraars die leerlinge die onder­aardse, steeds duisterder wordende sfere, en hoe die siele van slegte gestorwe mense afdaal in sulke duister sfere. Waar hulle ook maar iets, wat vir hulle aantreklik is, in besit neem, verdring verskeie ander geeste hulle ook baie spoedig daar, wat druk op mekaar begin uit te oefen, waardeur hulle boos word en ook in woede ontbrand; en as dit gebeur het, sien die leerlinge hoe sulke duister siele dan dienooreenkomstig in die mees verskillende, afskuwelike gestaltes oorgaan en in hierdie vorm na steeds dieper en nog duisterder sfere afsak.

16 By hierdie geleentheid word ook aan die leerlinge uitgelê wat `n sonde is en hoe `n vrye wese wat op aarde lewe lewe kan sondig.

17 Wanneer die leerlinge dit alles goed begryp het, dan word hulle vanuit hierdie saal na `n ander groter tuin gelei, waar al hoëre onderwysinstellinge is. Dat die leerlinge in hierdie eerste tuin natuurlik nie aaneen deur leer nie, maar tussendeur baie goed geprogrammeerde speeltye het, spreek vanself. Want ook die gees het `n rusperiode nodig om sterk te bly op gesette tye, dit wat die Heer reeds by die eerste skeppingsgeskiedenis aangetoon het, deur na die bekende ses skeppings werkdae die sewende dag as rusdag in te stel.

18 En ten tye van Christus het die Heer Self laat sien wat Hy na gedane arbeid, net soos elke ander mens gerus het. Dus moet ook die geeste hier hulle rusperiodes hê, waarin hulle weer kragte vir die nuwe lesse kan opdoen. Daarom is daar ook, veral tydens die oorgang van die een leertuin na die ander, `n beduidende rusperiode. Tydens hierdie rusperiode mag die leerlinge, as hulle dit graag wil, met hulle leraars selfs besoekies by hulle familie op die werklike aarde aflê. Maar dit gebeur meestal slegs as hulle verwante aardbewoners in `n diep slaap versink het, terwyl hulle in `n wakker toestand maar hoogs selde iets daarvan merk, en dit gladnie as hulle meer aards as geestelik ingestel is nie. 

19 Sommige leerlinge, wat al baie oor die Heer weet, koester die wens om Hom te sien. So `n wens word egter maar selde vervul, en wel omdat hulle as geeste nog te swak is om die nabyheid van die ewige, almagtige gees van God te kan verdra. Die liefste wat hulle egter in hulle vrye tyd sou wil doen is om Maria, hulle algemene geestelike hoofleidster en moeder, `n besoekie bring. Maria besoek hierdie groot leerskole baie dikwels, egter nie altyd sigbaar vir die klein geeste nie, maar wel vir die leraars.  

20 Julle vra of alle gestorwe kinders vanaf hulle geboorte tot en met hulle twaalfde jaar, hierdie skole moet deurloop. Ja verseker, maar nie in een en dieselfde tuin nie, want vir elke leeftyd is daar `n eie begintuin; maar wat die tweede tuin betref, daarin kom hulle wel almal bymekaar. - Hoe en wat die byna tallose baie kindergeeste daar leer en in watter toestand hulle oorgaan, sal die vervolg julle toon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205