Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Sewende verdieping. Absolute wysheid, deursigtig en ondeurdringbaar soos `n diamant

42 Kyk, ons klim na bo gaan beter as wat julle gedink het. Soos julle sien, is ons dan al ook op die sewende verdieping, of die agtste galery. Hoe vind julle hierdie ruimte?

2 Julle sê: Liewe vriend, dit lyk wel baie lugtig hier. Die versierde pilare lyk asof hulle van die fynste deursigtige glas gemaak is, die vloer waarop ons staan is ook van `n blou-wit ligte materie, wat buitengewoon sterk glansend en glad is. Die balustrades (borswerings) wat hierdie galery van versierde pilaar tot versierde pilaar omgewe, is ook van `n baie deursigtige materie vervaardig, sodat `n mens, wanneer mens daardeur heenkyk, alles byna ewe helder bly sien. Wanneer ons omhoog kyk na die plafon, dan sien ons dat dit ook van dieselfde lig-blouagtige materiaal vervaardig is, wat ook taamlik deursigtige blyk te wees, want mens kan op sommige plekke baie maklik in die negende galery kyk.

3 Ja, my liewe vriende en broeders, dit is alles baie reg. Julle sou baie graag wil weet of hierdie baie deursigtige materie wel van dieselfde stewigheid is as die minder deursigtige van die laere verdiepings. Ek sê vir julle: Daarvan kan julle volkome verseker wees, want hoe deursigtiger `n materie in harde toestand is hier, des te vaster is haar afsonderlike dele ook. 

4 Julle sê: bou-tegnies gesien sou mens tog eerder die sterker materiaal in die basis plaas, want dit moet tog die hele las van die gebou dra en mens sou die minder stewige, en dus minder deursigtige beter kan gebruik vir die boonste dele, waar die gebou steeds ligter word.

5 Julle oordeel volgens julle maatstawwe korrek, en vir die bouwyse op julle aarde sou dit ook baie beter wees; maar `n ander wêreld, `n ander inrigting en dus ook `n ander bouwyse. Julle weet egter ook dat harde voorwerpe bros is en maklik kan spring, terwyl die minder harde tog nog altyd `n groot stewigheid het, maar daarby baie buigsamer, minder breekbaar en sodoende beter bestand is teen `n groot druk as die baie harde voorwerpe. Bedink net wat harder sou wees, `n bal van massiewe glas of `n bal van massiewe koper? Om in die koper te sny of te kras het mens werklik nie die sterkste gereedskap nodig nie; met `n gewone broodmes kan julle daar sonder moeite baie deeltjies vanaf sny of skawe. Om die glaskeël te beskadig, het julle al `n besonder harde voorwerp nodig, soos fyn kwartskristal, baie harde, fyn staal of diamant. Neem nou net die twee balle, plaas op elke bal `n gewig van duisend sentenaar en gee elke bal `n volkome harde ondergrond. Die glas bal sal tot wit poeier verpletter word, maar die koper word nie eens heeltemal platgedruk nie.

6 Uit die voorbeeld kan julle voldoende aflei waarom, by die gebou, die harder materiale aan die bokant gebruik word. Aan die onderkant sou hulle hoogs waarskynlik die lot van die glasbal onder die gewig van die duisend sentenaar ondergaan het, maar hier is hulle volkome daarteen gevrywaar en vir die dra van die nog op hulle rustende las is hulle stewig en sterk genoeg en ons het daarby vanweë ons gewig heeltemal niks te vrees nie.

7 Dat alles hier harder, brosser en deursigtiger word, is van groot betekenis, maar daaroor kan mens ewemin veel meer sê as oor die harde materie, waarvan mens selfs met die sterkste gereedskap nooit te groot stukke sou kan afkry nie. Die diamant by julle op aarde is seker die hardste en tewens die mees deursigtige materiaal, maar hulle wat dit slyp of in julle vaktaal gesê "graveer", kan julle presies vertel wat daarvoor nodig is om ook maar atoomklein deeltjies daarvan af te haal.

8 Kyk, so is dit ook gesteld met die steeds suiwerder wordende wysheid; `n brok wysheid is moeiliker te verteer en te ontleed as `n hele wêreld van liefde. Mens sou kan sê: So 'n wysheid­saambindende faktor lyk soos `n pakkie met vlooie wat, as die pakkie geopen word, baie haastig wegspring, en mens moet wel baie behendig wees om van die duisende vlooie ook maar enkeles daarvan te kan vang. Daarom is daar, soos ook gesê oor die harde en deursigtige eienskap van die materiaal van hierdie sewende verdieping of agste galery, nie soveel meer te vertel nie.

9 Soveel is wel duidelik, dat die voorwerpe, bekyk in die lig van die wysheid, dit wil sê van die absolute wysheid, steeds deursigtiger, maar ook steeds ondeurdringbaarder word. Hoe hoër hulle styg, des te deursigtiger en harder word hulle, en wel sodanig dat mens ten slotte op die harde materie staan en gaan, maar haar van suiwer deursigtigheid nie meer sien. Dit is ook die geval met die absolute wysheid; `n mens het wel grond waarop `n mens homself bevind, maar dit is dan ook al wat mens daaroor kan sê. Wil julle haar van naderby ondersoek en wel met julle oë, dan sal julle so 'n voorwerp, hoe langer julle dit bekyk, steeds meer uit die oog verloor en selfs daar, waar julle op die eerste oogopslag dink om iets te sien, niks meer waarneem nie.

10 Is dit nie eenders met die absolute wysheid gesteld nie? Ja, dit kan julle al uit so `n menige ervaring weet. As dit vir julle nog nie heeltemal duidelik is hoe die absolute wysheid hom tot die boumateriaal van die groot woonhuis gedra nie, dan sal ek julle as voorbeeld so 'n klein brokkie wysheid aanreik; julle kan daaraan knaag en skawe soveel julle wil, maar dit sal julle nie baat nie. Luister dus:

11 Sewe sirkels is in mekaar verstrengel; die sirkels deurdring mekaar, die deurdronge sirkels word verteer en die verteerde verhef hom in die, wat nie verteer is, en die sewe sirkels het geen maat en geen middelpunt nie. Dit is sewe sonder einde; `n getal wat die sirkel van die sewe deurdring en die sewe die een!

12 Kyk, dit is so 'n brokkie absolute wysheid! Ek het julle daarmee met weinig woorde so ontsaglik baie gesê, dat julle dit met gewone, vir julle verstand toeganklike begrippe in alle ewigheid nie sou kon verklaar nie. As julle die wysheidsin lees, sal dit vir julle in die begin voorkom asof julle daaruit tot een of ander, miskien nie volledige, maar dan tog gedeeltelike oplossing sou moet kom. Probeer daar maar eens aan te skawe en te vyl en rig die mikroskoop van julle verstand op hierdie materie. Hoe meer julle julleself daarin sal verdiep, des te lugtiger sal die materie word en des te minder is daar in haar te sien en syself sal geleidelik aan uit julle verstan­delike gesigsveld verdwyn.

13 Ek dink dat julle hieraan wel genoeg sal hê om tot die insig te kom, dat vir `n nog gebonde gees, nie veel te maak is met die absolute wysheid nie. Daarom bly ons maar mooi by die kos wat die goeie heilige Vader vir ons berei en geseën het; te gelegener tyd, as julle gees egter meer ongebonde word, sal julle ook in staat wees om meer van die absolute kos af te knibbel as nou. Omdat `n wyse egter aan weinig genoeg het, sal ook ons aan die weinige brokkies wat daar op die wysheidsgalerye te sien sal wees, meer as voldoende hê. - Ons het hier egter nog die sierstuk van die versierde pilaar voor ons. Bekyk dit maar, en dan sal ons wel sien                     hoeveel daar vanaf te kry is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205