Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die belastinggaarder word deur die Heer aange­neem, maar die sersant afgewys. Paulus se sendingwerk in die huis “In die goeie Herder”

201 Ek sê: “O ja, dit doen ons baie graag! Jy moet ook nie nalaat om slegs jou aandeel by te dra nie. Bly dus by ons en let op alles wat ons sal sê en doen, en doen na jou goeddunke, dan sal jy spoedig duidelikheid kry!”

[2] Nou tree die sersant na vore en vra: “Vriend, mag ek ook bly? Want ook ek het van gedagte verander.” Ek sê vir hom: “Jy is dan `n vos en jy ag jouself tot baie in staat, maar nie elkeen wat kom en sê: “Vriend, ook ek wil by jou bly” sal aangeneem word nie! Wie by My wil bly moet suiwerder van hart wees as jy. Jy het tog nooit in Christus geglo nie, hoe wil jy Hom dan nou volg, wie jy as `n geslepe Jesuïet beskou? Ons sal mekaar nog wel eendag weer sien, maar nou sou dit, gesien jou insig, nog te vroeg wees. Gaan daarom maar weer terug na jou pos. Gee eers die keiser wat syne is en sien dan hoe jy God sal gee wat Syne is! Jy was uitgenooi en het dit nie die moeite werd gevind om die uitnodiging aan te neem nie. Daarom sal hulle van die strate en pleine na My toe kom, en `n maaltyd saam met My hou in die plek van hulle wat vooraf uitgenooi was.”  

[3] Die sersant sê: “Van hierdie taal word `n eerlike mens tog sonder meer onpaslik, en dus: Adieu!” Nou gaan die sersant mompelend na sy pos terug. 

[4] Die belastinggaarder egter sê: “Dit het ek nie van hierdie man gedink nie! Dit is wel moeiliker om Christus te aanvaar as die almagtige God, omdat mens hom onder die begrip God iets te oneindig groots en heilig verhewe voorstel, terwyl Christus tog net volkome mens was, soos elke ander mens, slegs met dié verskil, dat Hy nog meer vervul was van God se Gees as Moses, Samuel, Elia en die ander profete. Maar om Christus heeltemal te verwerp, Hom nie eers die waardigheid van `n wyse toe te ken nie, dit is ietwat te bar!”

[5] Ek sê: “Goed, maar wat dink jy dan van Christus?” Die belastinggaarder sê: “O, ek beskou Hom as die hoogste goddelike wese, solank daar geen groter, beter en volmaakter God te vinde is nie. Met `n God, wat as oneindige groot wese nooit deur `n geskape, eindige wese aanskou kan word nie, is ek werklik nie geholpe nie. Met Christus is ek wel tevrede, maar een of ander oneindige groot Vader-God of `n nog minder te begrypte heilige gees, kan wat my betref, wees wat hy wil, hy sal my nooit hinder nie. Ek hou my slegs aan Christus, al die ander sal Hy dan wel doen!”

[6] Ek sê: “Goed so! Hou jy maar so stewig moontlik aan Hom vas! Al die ander sal dan vanself in orde kom. Maar nou kom Petrus uit die huis, ons sal net hoor wat se resultate hy bereik het.” Petrus sê: “Heer, dit lyk maar sleg! Sonder `n oordeel sal daar weinig te bereik wees, want daar heers `n verstoktheid, `n blindheid en `n dwaling, soos wat amper selfs in Sodom en Gomorra te vinde sou gewees het. As hulle my kon aanval, dan het die gespuis my werklik in stukke geskeur! Heer, hierdie siekes het wel `n baie spesiale soort dokter nodig en `n ewe spesiale soort medisyne!

[7] Ek sê: “Goed, dan laat ons hulle maar met rus! Ons sal ons aan niemand opdring nie, en daarom gaan ons maar verder!” Robert sê; “Wenen, o Wenen, ook jy het diegene wat na jou toe gestuur word, geoordeel! Die Heer vergewe jou dit. Ek sal nooit wraak op jou neem nie, maar omdat jy die Heer wil vergeet, sal jy geweldig geteister word. Jy wil die Heer nie aanvaar as Hy jou wil genees nie, daarom sal daar `n groot droefnis, groot nood en skande oor jou kom! Dan sal jy roep: Heer, help my! Maar die Heer sal weggaan en die hulp sal te laat kom vir jou!” Ek sê: “Ja, jy sal gelyk hê. Ek wil hier op hierdie weg nie vooruitsien nie, maar alles neem soos ons dit sal aantref. Sou ons egter allerweë op die manier ontvang word, dan, Robert, sal jy volkome gelyk hê!”

[8] Ons gaan nou verder en kom spoedig by `n huis waar op die buitemuur `n “Goeie Herder” geskilder is. Helena sê: “Heer, die huis heet: “In die goeie Herder”! Onder so `n uithangbord woon miskien ietwat beter geeste!” Ek sê: “Ek wil nie vooruitsien nie, gaan maar na binne en ondersoek dit!” Die belastinggaarder sê: “Na my wete het die huis nog nooit iets besonders geherberg nie. Ek dink dat dit nog slegter daaraan toe sal gaan as in die vorige.” Robert sê: “Ons kan dit altyd probeer; wat kan ons oorkom?”

[9] Johannes sê: “As julle wil, sal ek die huis binnegaan.” Paulus sê: “Broeder in die Heer, met heidene weet ek hoe om die mees doeltreffendste met hulle om te gaan. Laat my daarom hier `n poging waag, want jy, geliefde broeder, is veels te sagmoedig teenoor sulke wesens en jy sou daar ook weinig bereik. Ek is ietwat barser en ernstiger en eis, waar jy gewoonlik versoek. As ek niks uitrig nie, dan sal julle, jy en Petrus, ook niks uitrig nie.” Johannes sê: “Beste broeder, ek gun jou graag hierdie taak in die huis van Robert, maar ek dink, dat jou treë ook hier tevergeefs sal wees, want waar die liefde ontbreek, kan die erns met leë hande vertrek!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205