EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 14 - 29.12.2015 om 05h50

(aan Wendy)

My Liefling, My Omringde Stad met vlieënde Baniere!

Juig, o Jerusalem, Ek kom na Jou! Om by Jou in te gaan en by jou woning te maak. Juig, o Jerusalem, want Jou Losser is in aantog! Hoor, My Dogter van Sion, hoe die skare My aantog reeds van vêr uitroep! My getuienisse reeds lankal toeberei vir Die Deurdagte Dag!

Laat julle Lied na My opstyg, laat julle jubelsang My stap verhaas, want groot is My Opgewondenheid, My Liefde wat borrel en bruis vanuit My Hart vir julle! Hoe kan julle nog soos die vyf slapende maagde met vol lampies slaap?

Neem 'n prentjie van 'n bos en kyk aandagtig na die bome. Kan jy vanuit die prentjie die aantal en soorte bome eien? Kan jy sê watter en aantal diere daar leef en gedy?

My Kinders, moet nooit onder die waan kom waar julle in jul kennis roem en opgepof dink dat julle alles deurgrond het nie. My Skepping is ondeurgrondelik en dit is onmoontlik om eers 'n fraksie daarvan aan julle te begin verduidelik, so min kapasiteit het die mens om dit te verwerk. EK IS die SKEPPER! EK IS Oral en Altyd!

Word stil voor My en luister. . . Luister diep, want dan sal julle miskien kan begin om die toon van My Skepping, hierdie Aarde te hoor. Moenie meer soos kletterende ketels op 'n ysterherd op haar leef nie. Sy leef, sy dien MY en wag reikhalsend na haar Meester. EK IS

Kom maak die bamboesstokke bymekaar en weef vir julle mandjies, versier dit en maak dit vol feestelike kosse. Maak julle reg vir die nuwe feesgety wat in die eons vorentoe herdenk en onthou gaan word! Julle LEEF in Die Dae!

Kan mens die dag van onheil vergelyk met Die Dag van Verlossing? Nee! Kyk uit, kyk op, want julle Losser staan voor die Deur! My teenpool wil hê julle harte moet bevange in vrees gaan lê, maar sal julle hom die reg daartoe gee? Sal julle harte in die moeras vasval, instede van om soos pronkduiwe in die lug te tuimel van vreugde?

EK Kom, My Kindertjies! EK IS met jou, My Bruid!

HALELU-YAH!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205