EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 67 - (aan Wendy) 26.04.2016 om 02h50

"Stromboli" (dit is 'n vulkaan noord van eiland Sisilië wat vir die laaste twee - tot drieduisend jaar aanhoudend aktief is)

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid

Soos Stromboli aanhoudend opbruis en bekendstaan as die Ligtoring vir die omgewing, so My Liefling, My Kinders, is Ek vir julle!

27.04.2016 om 05h10

"Ek bruis van Lewe, Liefde en is Ek julle Ligtoring in die Duisternis wat nou toenemend oor julle toesak. Ek gewaar die ontwaking onder julle en Ek is verbly dat julle in die vreugde van vryheid IN MY begin loop. Soos die hekelpen se werk al hoe voller wordend is, en soos elke steek die nuwe aan die vorige vasmaak, so My Kinders, My Bruid, het Ek julle aanmekaar begin vasmaak. Elkeen kom binne My Orde, kom in plek, sodat Ek 'n bruikbare artikel het om in My Plan in werking te stel. My Bruid, My Liefling, kan julle die samehang begin agterkom?  Juig julle saam met My Engele oor die nabyheid van My koms in elkeen van julle? Ek is hier My Liefling, EK IS HIER!

Genade sal maak dat julle wie swak, selfgesentreerde keuses gemaak het in die verlede, nog tot My kan roep om redding, maar die vuur waarin julle amper staan, gaan julle begin skroei en julle gaan nog rokend in My Ryk aankom, geskroei deur julle hardnekkige vasklou aan eiewys, eiewaan, eieliefde. Daar sal min van julle wees wat dit regkry, want julle ken nie die dag en uur nie, die tyd sal julle reeds ingehaal het en julle sal onverhoeds in julle moddergat betrap word. Pasop dat julle nie daarin gekluister word nie! Roep My aan met jou hele hart, jou siel, jou verstand en al jou krag en Ek sal jou help! Roep net na My! 

Soos drenkelinge losgesny word van die toue en droes van die reeds gesinkte skip en met alles in hulle beur na lewe op die seeoppervlak, so moet julle beur na My, na Lewe! Ek is jou asemteug, nadat jou kop deur die water gebreek het, Ek is jou ELKE asemteug. My Kind, as jy nog vassit en jy voel hoe jou krag jou begin verlaat, roep met jou hele wese na My en Ek sal jou ook lossny. Kyk na waar die Lig skyn en beur met elke deeltjie van jouself op na die LIG!  Ek wag vir jou met wyd oopgestrekte arms!

Dit is voorwaar 'n Vreugdevolle, Heuglike DAG!  Dit is My Sabbatsrus!

Kom Leef in My, kom ontdek jou ware wese IN My. Kom wees BY MY!

Ek is Jou LIEFDE, My Liefling!

EK IS!"

Amein!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205