EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 83 - 07.06.2016 om 10h04 (aan Wendy)

"Skryf my Lief-Kind, My Bruid

Daar is min wat julle nog weghou van My. Julle werk pligsgetrou aan elke punt wat Ek aan julle uitwys en julle lig skyn al hoe helderder. Dit is My Hart se wens om almal na My te trek, aan My Bors te kan vasdruk, maar dit is julle eie wil wat julle van My weerhou. Moet nie verward wees oor die duidelike lyne wat Ek voor julle laat uitloop nie. Daar is My Wil en daar is julle eie wil wat aan My Teenpool onderworpe is, omdat julle in sy voetspore volg. Daar is niks anders nie. Kies My Weg en kom in My Orde, kom buig die knie voor My en neem My Liefde aan en word omvorm tot LIEFDE. Keer terug na My, My kind en kom tot die saligheid van My Wil. Julle sal nooit ongelukkig voel nie, want Ek ken julle deur en deur! Ek het julle dan elkeen gevorm vanuit My Hart, My LIEFDE. Ek weet waar en hoe julle die hoogste geluk sal smaak, dit waaraan julle nog nooit eens kon dink nie, - nie in julle wildste drome nie. Julle sal in en tot My diens wees op die plek waar julle daardie geluk, daardie saligheid bereik. EK IS en sal elke Kind van My deurdrenk van en met alles wat EK IS. Julle SAL My Wil, slegs My Wil doen, My Woorde spreek, My Dade doen en in die doen daarvan, sal julle verdiep en versterk word wat My sal vergroot en verhef. Jul Liefde, My Kinders sal dit doen, nie dat Ek dit nodig het nie. Soos wat julle 'n patriarg in liefde dien en in die aandag en eer wat julle aan hom gee, vanweë sy aangestelde posisie, hom dan verhef en vergroot in die oë van hulle wie die verband en verbond sien. So sal julle die toonbeeld wees in die hemele, My Kinders! Julle het nog geen idee van hoe en waar Ek julle gaan gebruik in My Ryk nie, - My Wil uitbou en uitbrei totdat almal deur My geskape weer in My Huis is. Dan, dan My Liefling, My Kinders, begin ons die volgende fase! Daarvan sal Ek julle nog vertel wanneer die Tyd daarvoor ryp is. Intussen is daar jul broers en suster wie nog verlore is en tog in die volheid van My Tyd in My Huis sal inkom. Kry My Visie, My Geduld as jul maatstaaf en beweeg saam met My. Hou My fyn dop en sien die tekens van My Beweging, julle noem die antisipering. Ek noem dit fyn ingesteldheid van jul geestelike oë en ore. (Soos die blare deur die wind beweeg word, maar nie deur ons gesien kan word nie. Mag ons, My Meester, die Wind begin sien.)

Julle gaan al meer gawes ontvang, My Liefling. Dit wat julle as norm aanvaar het, gaan vervaag en Ek gaan aan julle 'n nuwe prentjie begin ontvou, die nuwe realiteit. Julle is Vlees van My Vlees en Bloed van My Bloed. Ek is reeds so naby aan elk van julle, My Asem versteur jul hare. Voorwaar sê Ek vir julle, julle sal verstom wees wanneer julle eindelik leer hoe naby Ek al vir 'n hele ruk by julle is, - so naby. Julle oë kan My nog net nie sien nie. (Nou verstaan ek die woorde beter, "Walk by Faith and not by sight"!  Dankie, My Meester!). Ek gaan nog baie vir julle oopsluit, sodat julle ’n heeltemal nuwe uitkyk, uitsig sa hê oor My Skepping, wanneer jy met My verenig sal dit dan Ons wees wat vorentoe beweeg op 'n Weg wat julle nog nie kan verstaan nie, alhoewel Ek al glimpse daarvan aan julle gegee het. Julle sal My mees innerlike gedagtes ken; My Weë wat tot nog toe vir julle verborge was, sal vir Jou, My Bruid heiligskennis wees, dit wat tussen Man en Vrou gedeel word.

Moenie moed opgee met julself nie, My Liefling. Julle is amper daar, jul deursettingsvermoë sal julle oor die laaste dele dra op maniere wat julle nog nie ken nie. Bly gefokus op My en buig jou wil voor My Wil.

Ek en Jy, my geliefde Bruid, sal kommunikeer selfs wanneer julle besig sal wees om Ons kinders te versorg, laste dra vir ons kinders en hulle veilig te hou totdat Ek julle almal na My toe gebring het, na My bereide plek aan die einde van hierdie fase van My Plan. Julle sal opgewondenheid en deemoed saam ervaar, omdat julle die brug tussen My en My kinders sal wees. Van My sal Ek julle vul met Krag en Lig, Liefde en Lewe wat julle as geute oor My kinders sal uitstort, altyd vol, altyd dienend, altyd minsaam, altyd LIEFDE.

My Liefling hoe graag wil Ek julle aan My Bors vasdruk, die tyd is nou, kyk uit vir dit wat Ek aan julle gesê het wat as merkers sal dien. Wees steeds sorgvuldig in die doen van elke taak wat voor julle kom. Julle sien nog nie hoe elke stukkie inmekaar pas nie. Wees Getrou, wees Betroubaar!

Ek is LIEF vir julle, My Glinsterwit geklede Bruid! So Lief!

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205