EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 72 - 09 + 10.05.2016 (aan Wendy)

09.05.2016 om 06h00

"Skryf My Geliefde, My Bruid

Die musiek wat jy vir My maak in jou hart, in jou gees, styg op voor My. Jul gebede harmonieer daarmee en is dit onverwoordbaar soet! Die bande wat ons saambind, word selfs hegter en julle leer My ken op maniere en vlakke wat tot nou toe nog onbekend was.

10.05.2016 om 02h00

Laat My Vreugde julle deurspoel, My Liefling, want EK IS. Ek is nou hier en die daaropvolgende gebeure neem nou snel toe. Soos die gedruis van duisende vlerke van voëls wat gelyktydig opstyg, so is die gedruis van My Geliefde wie ontwaak! Staan op, Geliefde! Kom staan hier langs My!

EK IS, het Ek nie lankal reeds aan julle verkondig dat die tyd vinnig op julle sal afkom nie? Net vyf van die tien maagde sal na die Bruilof kan ingaan. Die bestaande bestel is besig om oor te skuif na die NUWE. Luister na My Stem, My Liefling. Julle sal My Kinders moet onderrig. 

Soos die stukkende takelwerk van 'n boot losgesny word in die herstel daarvan, so My Liefling, sny Ek dit van julle los wat julle hier gebonde gehou het, aan julle verlede vol stukkende en onvervulde verlange en gebeurtenisse. Aan julle, My Bruid, gee Ek nie weer dieselfde vorm van aandrywing nie, nee! Ek gee julle die nodige opgradering sodat julle nie meer op die winde verlaat is nie. Ek gee julle My KRAG en julle sal nooit weer in tye verval van geen beweging, van ronddobber in die grote oseaan nie. Ek neem jou ou skip wat kundig gemaak is vir die doel om op die waters te kan seil en julle veilig te vervoer, en maak van julle 'n tuig wat moeiteloos deur die lug sal kan beweeg en sweef. Water sal geen effek meer op julle hê nie en julle alle Krag hê om jul take te kan verrig.

Dit is goed dat julle so nougeset gewerk het aan dit wat Ek julle gegee het om te doen. Geen werk vir My was en is verniet nie, want Ek volbring alles wat julle vir My gedoen het. Julle sal die uiteinde daarvan sien en saam met My jubel daarin! 

Wees sterk en vol moed, My Geliefde, julle sal vinnig die uitwerking van My Teenwoordigheid in julle sien.

Ek is Lief vir Jou!

EK IS"

Amein!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205