Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

134. Op hierdie oomblik word my oë oopgemaak, sodat ek ietwat binne in daardie aarde kan sien, en daar verskyn baie weivelde en woude met blaarryke bome, en ook wollerige skape. Ek het agtena van die inwoners gesien wat van die laer klas is, geklee in klere baie soos die landbewoners in Europa. Daar was ook `n man met sy meisie gesien. Sy kom met `n baie aansienlike liggaamsbou voor en is baie bekoorlik, en so-ook die man. Maar, waaroor ek wonder, hy het `n vertonerige stappie, met `n ietwat hoogmoedige trant, terwyl die vrou, in teenstelling, met `n nederige stappie stap. Dit was deur die engele gesê dat dit die gewoonte is op daardie aarde, en dat die man wat so is, gelief word, maar hulle is in elk geval goed. Dit was ook gesê dat hulle nie toegelaat word om baie vrouens te hê nie, omdat dit teenstrydig is met hulle wette. Die vrou wat ek gesien het, het voor haar bors `n breë gewaad, waarmee sy haarself mee kan beskut, terwyl dit so gemaak is dat sy haar arms kan insteek en dit rondom haar kan vou. Die laer gedeelte kan opgetrek word, en as dit opgetrek is en toegepas word op die liggaam, kom dit voor soos `n bokleed wat die bors bedek, soos dié wat deur vrouens op ons aarde gebruik word. Maar dieselfde kleed dien ook vir die man, wat gesien was dat hy dit van die vrou neem en op sy rug aantrek, wat die onderste gedeelte losmaak en dit ontvou tot by sy voete, soos `n toga, en so geklee, beweeg hy rond. Wat ek op daardie aarde gesien het, was nie gesien met die oë van my liggaam nie, maar met die oê van my gees, en die gees kan dinge sien wat op die aardes is, wanneer dit toegestaan word deur die Meester.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205