Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

37. Omdat die geeste van Mercurius in `n oorvloed van kennis is, is hulle in `n sekere soort van trots; daarom verbeel baie van hulle dat hulle soveel weet, dat dit amper onmoontlik is om meer te weet. Maar hulle is deur die engele van ons aarde vertel dat hulle nie juis eintlik baie weet nie, slegs maar net `n paar dinge, en dat die dinge wat hulle nie weet nie, respektiewelik oneindig is, en dat daardie dinge wat hulle nie weet nie, vergelyk met die dinge wat hulle wel weet, is soos die waters van die grootste oseaan in vergelyking met die waters van `n baie klein fonteintjie; en verder, dat die eerste stap na wysheid is om te weet, te erken, en om waar te neem dat dit wat geweet word, skaars enigiets is teenoor dit wat nog onbekend is. Om hulle te oortuig dat die saak so is, was dit toegestaan, dat `n sekere engele gees sou met hulle praat, en sal hulle in die algemeen vertel wat hulle weet, en dat daar oneindiuge dinge is wat hulle nie weet nie, en ook dat teenoor die oneindigheid kan hulle nie eens die algemene dinge weet nie. Hy praat met engele idees baie beter as wat hulle doen, en omdat hy dit ontdek het wat hulle weet, en wat hulle nie weet nie, was hulle met stomheid geslaan. Agterna het ek `n ander engel gesien wat met hulle praat, wat op `n hoogte na die regterkant verskyn het. Hy was ook van ons aarde en noem baie dinge wat hulle nie weet nie. Agterna het hy met hulle gespreek deur die verandering van staat, wat hulle sê, hulle nie verstaan nie. Dan sê hy vir hulle, met die verandering van staat, bevat dit oneindige dinge, sowel as die kleinste deeltjie van so `n verandering. Toe hulle hierdie dinge hoor, sover as wat hulle in die trots was op grond van hulle kennis, begin hulle om meer nederig te word. Hulle verootmoediging was verteenwoordig deur die afsak of sagtermaak van hulle volume; (klank) want daardie klank kom voor as `n volume aan die voorkant op `n distansie teenoor die linkerkant, op die vlak van die streek onder die naeltjie, maar die volume kom voor asof dit laer is in die middel en opgehewe aan die kante; `n wederkerige beweging was ook daarin opgemerk. Hulle was op dieselfde manier vertel wat dit aandui, dit is, wat hulle dink in hulle verootmoediging. En ek sien dat die volume geskei is, en dat hulle wat nie in verootmoediging is nie, was teruggestuur na hulle sfeer, die res bly daar waar hulle is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205