Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Oor die listigheid

107 Nou voel, na die tweegesprek tussen Kenan en Mahalaleel, waar dit tussen Jared en Henog voorafgegaan was, ook Set en Enos `n dringende behoefte om etlike woorde met mekaar te wissel; en hierdie behoefte ontwaak eers in Set en kom eers daarna by Enos op en wel deur die volgende:

[2] Set sou baie graag wou geweet het welke vermoedens Enos omtrent Asmahael gekoester het; maar Set het ook nog `n ander rede gehad om aan Enos vrae oor Asmahael te stel en hierdie rede was niks anders as `n soort angs om voor die tyd deur Enos ondervra te word nie.

[3] Want hy dag by homself as volg: "As dit daarop aankom dat my seun begin met die stel van vrae, wat moet ek hom dan as antwoord gee?

[4] Maar begin ek eerste te vra, dan moet hy immers antwoord, waarby ek dan genoeg tyd rustig en sonder sorge al die, beslis nie onbelangrike vermoedens van my seun, kan aanhoor en dit sal dan sekerlik nie by hom opkom om my daaroor met nog `n vraag lastig te val nie, - en op hierdie baie onskuldige en mees eenvoudige manier van die wêreld het ek my ontdaan van elke kans om myself te verraai; so sal ek dit dus doen. Amen."

[5] En dus vra Set nou aan Enos: "Luister, my liewe seun Enos, wanneer diegene wat voor ons uitloop, en as te ware die leiers is, met mekaar oor Asmahael spreek, waarom sou ons dit dan nie doen waarteen, vir sover ek weet, die ander geen verbod opgelê is nie?! En daarom sou ek van jou besonder graag iets oor Asmahael verneem!

[6] Wat dink jy oor hom en wel vanaf Sy eerste optrede in ons midde? Want so beskeie as wat sy eerste optrede te midde van ons was, so besonder is die uitwerking van elk van Sy woorde nou, - wat jou rustige gees sekerlik nie sou ontgaan het nie.

[7] Sien, daarom sou ek dan ook graag jou oordeel oor hom wil verneem; spreek dus! Amen."

[8] Sien, Set se listigheid was weliswaar geregverdig, omdat slegs die grote liefde tot My hom slim gemaak het, - maar listigheid is op sigself beskou iets wat nie goed is nie, omdat dit `n tweeslagtige wese is en teen die ordening van die liefde, so nie ronduit teen die liefde self ingaan. As `n tweeslagtige wese het dit egter in liggaamlike opsig, gelyktydig `n tweeledige natuur in `n mens wat deur die natuur geknip is, sodat hy deels man en deels vrou is. Maar wie kan met so `n man-vrou egte omgang hê, of welke meisie sou deur so `n vrou-man, wie se organe nie deug vir die verwekking nie, nóg vir die ontvangs, bevrug kan word?!

[9] Maar as `n dergelike mens tog ook Sy welgeskape medemens liefhet en hierdie hom wederkerig, dan is hy nie in konflik met die liefde nie; maar in die ordening van die liefde, wat alleen vrugdraend is, bevind hy Homself nie, - en Sy geestelike suster, die listigheid, ewemin. Want deur haar word niemand tot lewe bevrug nie, nóg kan sy ook maar niks vir haarself bewerk wat bevrugtend vir die lewe is nie, maar is altyd, hoewel in `n sekere sin skadeloos en onskuldig, tog maar net bedrog, waardeur die teleurgestelde tog steeds meer of minder geërger word, omdat hy dan baie spoedig aan homself en aan die sluwerik vra: "Waarom moes ek dan, al was dit vir `n goeie doel, deur lis beetgeneem word en waarom gebruik my broeder vir my beswil lis? Is die goeie dan nie goed nie, sodat dit nodig was om deur lis goed te word? Of is of was ek dan self boosaardig, sodat ek eers deur lis vir die goeie gewen moes word?"

[10] Maar as die lis oopstaan voor die boosaardige, dan moet sy tog onvermydelik self `n kwaad wees; want as sy goed was, dan het die boosheid van haar gewyk!

[11] Sien, dit was ook die manier waarop Set vir Enos benader het, omdat hy die dag baie goed wou doen, maar daardeur het hy dusdanig verstrik geraak dat, as Asmahael nie tussenbeide gekom het nie, Set vir Sy eie seun in `n baie verderflike lig sou te staan sien kom, - wat dan ook dadelik uit die baie onskuldige antwoord van Enos duidelik na vore sou kom, want hy sê:

[12] "Vader, waarom vra jy aan my, wat ek passend aan jou sou gevra het en moes vra?! Waarlik, dit het reeds lank op my tong gelê en ek kon nouliks my tong in toom gehou het en was al heeltemal bereid om jou met `n vraag oor Asmahael lastig te val; jy was my net voor.

[13] Omdat die nag ewenwel in die opsig aan my kant heers, van waaruit ek nie, netsoos jy, ook maar soos `n ster kan skyn oor dit wat Asmahael betref, waaroor jy tog volgens my kennis en gevoel in die dag of op Sy minste in die oggendskemering verkeer, kan jy my wel vanuit jou dag verlig!

[14] Jy sê dit immers self: Al die lig kom van bo. Hoe moet ek jou dan nou van onder af boontoe verlig?!

[15] Of moet ek met jou `n leë, waardeloos geklets hou oor iets wat vir my vir die grootste deel nog volkome vreemd en onverklaarbaar is?!

[16] Sien, vader, omdat dit die moeite werd is om oor Asmahael te spreek, is ek so vry om die vraag om te draai; en wees jy daarom so goed, om vir my, jou seun, wat ten opsigte van jou, arm en behoeftig is, dit mee te deel wat jy van my verwag het!

[17] Dit was tog immers van oudsher gebruiklik dat die kinders in buitengewone dinge deur die ouers onderrig was en daarom is ek nou deur `n klein vaderlike verleiding van jou kant heeltemal nie van plan om die heilige, ou orde te verbreek nie en is vol aangename verwagting van jou, liewe vader, om in die opsig die mees bevredigende opheldering in alle kinderlike dankbaarheid te ontvang.

[18] O vader, weerhou dit nie van my nie en gee vir my `n helder lig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205