Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam vra na die kinders van die middernag

124 Die vaders bereik nou baie spoedig die uitgestrekte woongebied van die middernag. Volgens die tradisie word hulle deur Adam en vervolgens deur alle kinders van die hoofstam geseën, waarna almal gaan sit het vir `n kort rus.

[2] Maar toe hulle reeds byna `n halfuur daar gerus het, sien, toe begin almal hulleself hoogstens te verwonder dat daar gedurende hierdie tyd ook nie `n kind uit middernag homself vertoon het nie. En weldra roep Adam vir Henog na hom toe en vra hom na die oorsaak, seggende:

[3] "Henog, jy, wat voor ons almal se oë so deur Asmahael versterk was dat die "Verdorde aardhand" Homself wel moes buig voor die asemtog van jou woord, Sien, daar is geen kinders hier nie! Waar het hulle heengegaan?

[4] Het die ineengestorte rotswand hulle miskien begrawe en sodoende almal tesame gedood? Of sê my, indien dit vir jou moontlik is, waarheen het hulle getrek of wat sou daar alles met hulle kon gebeur het?

[5] Want sien, die omgewing sien werklik daaruit asof `n srnadelike dood net kort gelede `n algemene oesfees onder hulle gehou het!

[6] Ek sou Asmahael (die Heer) wel daarna wou vra; maar waaragtig, daartoe ontbreek my, netsoos menige ander, geheel en al die moed. Want as ek bedink wie daar agter Asmahael verskuil is en ook wat en wie ek is, dan weier my tong en my longe onmiddellik diens en is ek nouliks meer in staat om nog `n woord te uiter. Boonop sê my hart ook nog vir my: "Wat wil jy dan aan die alwetende God vra asof iets nie aan Hom bekend sou wees wat heimlik in jouself omgaan nie?! Het Hy nie van ewigheid af aan jou gedagtes vir jou georden, lank voordat Hy jou vanuit sy oneindige liefde en erbarming gevorm het tot een wese wat tot denke in staat is nie?!

[7] Sien, beste Henog, daarom kan ek dit nie doen wat ek tog so baie graag sou wou doen nie! Doen jy daarom dit wat ek nie meer kan nie! Weet jyself vanuit Asmahael iets, stel my en al die res dan daarmee gerus; maar as dit net so daar in jou hart uitsien soos in myne, wend jou dan maar dadelik tot Asmahael, - wat ons almal sekerlik allergenadig en vol erbarming uit hierdie groot verleentheid en van hierdie angs sal verlos! Amen."

[8] Nadat Henog dit van Adam verneem het, buig hy voor hom en wou self na Asmahael gaan om Hom te verwittig van dit wat Adam so na aan het hart gelê het, want die menslose omgewing het ook vir hom uitermate uitsonderlik voorgekom. Maar hy het nouliks sy eerste skrede gegee of Asmahael was hulle beide voor en staan, gereed om te spreek, reeds tussen hulle en begin die volgende woorde aan hulle te rig, seggende:

[9] "O Adam! Glo jy dan in jou hart, waarin jou baie verswakte gees woon, dat die Heer soos `n koning uit die diepte, of soos jy lyk, sodat daar dan vele wesens nodig sou wees om Hom te benader?! Sien, Ek het geen bewakers en ook geen deurwagters nodig en ook geen in volgorde gerangskikte, eersgebore hoofstamkinders, deur wie iemand eers aan My voorgestel moet word nie; ook eis ek nie dat iemand eers wel `n uur lank plat op sy gesig voor My moet lê nie, sodat hy daardeur waardig mag word om voor My, sy God en Skepper, oor te kom nie; maar al wat Ek in liefde verlang, is `n getroue, tot My gewente liefdevolle en deemoedige, deur berou gelouterde hart en met so `n hart hoef geen mens `n omweg voor My te maak nie, omdat Ek sonder meer voor hom tog nog altyd sy Allernaaste is en moet wees! En as dit nie so sou gewees het nie, wie sou dan wel in staat wees om ook maar `n flits van `n oomblik lank sy lewe te behou, omdat alle lewe immers allerlaas en ten nouste uit My voortkom en ook in ewigheid nooit êrens anders vandaan kan kom nie!

[10] Maar as jy bang is om die alwetende God iets te vra, hoe kan die Alwetende vervolgens nie daarteen opsien om julle, ter wille van julleself, soveel vrae te stel, sodat julle sal ontwaak nie?!

[11] Maar Ek dink dat ingeval van onwetendheid, die onwetende meer redes het om homself met vrae tot die Alwetende te wend, as die Alwetende tot die onwetende.

[12] Wanneer Ek julle, wat geen antwoord ken nie, dus vrae stel, dan sou dit ook nie misplaas wees as jy My vrae stel oor dit wat jy nie weet nie, maar tog baie graag sou wil weet!

[13] Sien Adam, jou probleme is baie goed aan My bekend! Jy vra na die kinders van die middernag en sou baie graag wil weet wat daar van hulle geword het; op hierdie tydstip sê Ek dit egter nie vir jou nie, maar jy moet hulle soek en laat soek. En as jy dan niemand gevind het nie, kom dan eers na My toe en vra dit van My en Ek sal jou dan na die kinders lei; want dit wat verloor is, moet eers gesoek word! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205