Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

`n Evangelie van die offer

170 Na hierdie woorde staan Henog onmiddellik op met `n innige liefde en diepe dank vervulde hart en vra die Hoë Abedam:

[2] "Heer en ons aller meeste liefdevolle Vader, U wat heilig, uitermate heilig is, is dit U heilige Wil dat ons ook hier tydens hierdie Sabbat op die hoogte U `n soortgelyke offer sou mag aanbied, in dieselfde vorm as waarin ons dit vir U gister in die laagland aangebied het? Of moet dit om U te behaag op die manier van Abel, Set en Enos bly? O Abba, deel my U heilige Wil mee!"

[3] Abedam antwoord Henog ewenwel: "Henog, hoe kan jy My so iets vra, terwyl jy tog self baie goed weet waaruit die enigste offer, wat My welgevallig is, bestaan!

[4] Deur My allereers die offer van `n berouvolle, boetvaardige, met liefde vervulde hart in jou binneste aan te bied, word immers ook daardeur elke offer gewy, of dit nou op die manier van Abel, Set of Enos gebeur of in die vorm is soos gister in die laagland!

[5] Maar Ek sien in al julle harte `n leë plek! Hierdie plek het julle gewy aan die offer aan God, maar julle sien vanweë die leegte nie in wie julle eintlik `n offer aanbied en waarom julle dit bring nie! Begryp daarom dit: Die Vader wil geen ander offer as alleen dit van die hart hê nie. Maar die Vader is ook die enigste, ewige, bomate heilige, magtige God; aan Hom alleen kom die offer toe, netsoos die suiwer liefde aan die Vader toekom.

[6] Die offer verteer, vernietig en dood elke gawe in die vuur wat op die altaar brand. Sien, dit is `n getuienis van die mens voor God, dié wat te kenne gee dat hy God leer ken het, of duidelik of alleen as `n duister vermoede in sy hart, hoe God is en hoe Hy ooreenkomstig die offer handel!

[7] Maar wie alleen die offer belangrik vind en nie gebonde deur die liefde tot die Vader sou wees nie, die sou ten slotte deur die met God ooreengekome offer, self aangegryp word, dit sou hom verteer, vernietig en doodmaak, omdat hy homself vooraf nie bevogtig het met die lewende water nie, wat die suiwer liefde tot die Vader is!

[8] Ek sê vir julle: Wie in sy hart aan die Vader offer, het ook vir God `n welgevallige offer gebring. Maar wie alleen op die altaar vir God `n offer bring en daarmee glo om die Vader te behaag, maak `n groot fout; want waarlik, die Vader het geen welbehae in die brandoffer nie, maar alleen in die lewende offer van die hart!

[9] Of moet die lewende Vader, uit wie alle lewe stam, wel `n welbehae hê in `n dooie brandoffer of in `n offer wat elke gawe verteer, vernietig en ten slotte heeltemal doodmaak?

[10] Ja, wanneer - netsoos reeds opgemerk is - vooraf `n lewende offer van liefde in die hart gebring word tot die Vader, dan sal ook die brandoffer aangesien word, waarmee die mens te kenne gee wat hy in sy hart gevind het, naamlik dat die Vader gewyd, gewyd, gewyd is en die Almagtige God van ewigheid af is. Sonder die voor-, midde- en na-offer is elke brandoffer `n gruwel vir My.

[11] Kyk net terug na Kain en Abel! Kain offer sonder liefde, maar Abel met liefde. Wie se offer styg op en wie se offer word teruggeslaan na die aarde?!

[12] Omdat Kain se offer `n gruwel was voor die Vader, wat was daardeur die gevolg van `n dergelike offerande? - Die offer gryp Kain self aan en dit maak van hom `n broedermoordenaar!

[13] So sal eendag die enkele, blinde offer nog baie aangryp, omdat hulle dan net so handel soos Kain en hulle sal daardeur tallose broers geestelik en liggaamlik ombring.

[14] Maar as jy al `n offer wil bring, bring My dan `n gepaste offer, netsoos ek julle al voldoende beskryf het!

[15] Netsoos dit gister in die laagte uitgevoer was, sal dit ook vandag uitgevoer word; maar julle moet die offer nie meer in die aand aansteek nie, maar op die voormiddag, sodat die kinders wat ver weg bly, tot teen die aand nog voldoende tyd het om na hulle woonplekke terug te keer.

[16] By die offering moet dan ook voortaan nie alle klein kindertjies saamgeneem word nie, maar dit is genoeg as daar van elke woning twee mans en `n vrou verskyn. Maar dit sal vir niemand tot `n plig van lewensbelang gemaak word dat hy by die offering moet verskyn nie; want die offer sal niemand gewyd maak nie, dit doen slegs die liefde tot die Vader!

[17] Wie deur die liefde tot die Vader gebring word, deur hom word die offer gewyd en daardeur sal sy gees verhef word. Maar wie nie deur die liefde nie, maar volgens die een of ander wet, soos deur `n gebiedende tugmeester, daarheen gedryf word, sodat hy daardeur `n hart vol weersin sal hê, deur hom sal die offer ontheilig word en dit sal hom vernietig en sy hart sal uitdroog. En wat hy My dan sal aanbied, sal net soos sy uitgedroogde hart, - `n werk wees sonder lewe, `n dooie gawe.

[18] Netsoos dit nou uitgespreek is, sal dit bly!

[19] En nou, geliefde Henog, kan jy wel begin met jou werk; die res gaan ook na buite en berig aan die vele wat uit alle streke kom en verlangend na die offer uitsien, hoe dit met die offer gesteld is, - maar swyg oor My, hoe Ek wesenlik aanwesig is!

[20] Alleen julle, Jared, Abedam en jy ook Adam, volg My na Jared se woning toe totdat dit tyd is vir die offerande; Set se kinders moet ons saam met Eva volg!

[21] En laat nou alles ordelik geskied in en deur die enige liefde! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205