Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Lameg word Koning

30 En kyk nou verder! - Toe Lameg in die woud aan die hoof van Tatahar se bende hierdie daad aan sy broers begaan het, keer hy welmoedig terug na Hanoch en laat aan al die volkere, Hanoch en eweneens in die tien stede en die omstreke sê en bekendmaak wat die roekelose broers Johred en sy kwekeling Haïl oorgekom het; daaroor was Hanoch met die tien stede en al die volkere uit die omgewing baie verbysterd. Toe kom die skranderstes byeen en ook die wat meer verstandig is uit die stede en uit die orige volk, drieduisend in getal, sonder hulle vroue en kinders, wat tuis gebly het.

[2] En so begewe die klein leër hom dan as manne na Hanoch en voeg hulle self by Lameg, waaruit één die woord voer en sê: "Waar is die woud dan waar so-iets gebeur het met die jong koning en sy wyse broer Johred? Laat ons die plek van die afskuwelike misdaad ondersoek om sodoende nog enige treurige reste te vind of miskien tog nog ander spore, wat ons kan oortuig van die waarheid, van hierdie boodskap. Daar kan ons dan die groot ongeluk opreg betreur en daarna die hiënas opsoek, want hulle sal beslis nog bloed aan hulle snoete hê, en hulle dan soortgelyk wurg en dood met ons knuppels en steenslingers, (slingervel) ter versoening van hulle skuld aan wat Johred en Haïl oorgekom het.

[3] "Ja", sê Lameg, "Julle het die regte beslissing geneem; ek as julle huidige regmatige koning (eintlik "kan ek" of die verouderde "kan ig") sal te midde van julle dieselfde doen en my eerste dienaar Tatahar sal ons gids wees tesame met sy goed bewapende geselskap!"

[4] En sien, die vinnige, gepaste besluit van Lameg geval die volk volkome en die mense sê: "Sien, kyk en luister! Huhuho rah (dit beteken: daar is nog een regverdige koning!); ook is hy verstandig, laat hy ons koning wees!"

[5] En daarop staan almal op en gaan, gelei deur Lameg na die tier- en hiënawoud en vind daar ook spoedig die nog met bloed bevlekte gruwelike plek en hulle treur en ween daar en raap die verstrooide reste van die klere byeen uit bedroefde eerbied.

[6] En toe hulle daar hulle ydele roudiens verrig en die waardelose relikwieë (oorblyfsels) van Johred en Haïl versamel het, verlaat hulle die gruwelike plek en trek vol bitter wrok in groepe van honderd man, elk op `n klein afstand van dertig uitgestrekte hande van mekaar, die woud in om die snode hiënas te soek. En sien, ook nie één enkele dier wou homself laat sien nie, laat staan nog `n hiëna. Toe sê hulle: "Die lafhartige diere het beslis na die berge gevlug! - Hou moed! Hoewel geen sterfling sedert Kain dit ook maar gewaag het om `n voet op `n berg te sit nie, sal ons dit nou vir die eerste keer deurbreek; want ons het `n goeie rede hiervoor en geen God is in staat om hierdie stap af te keur nie, omdat ons `n regverdige saak teen hierdie snode, vraatsugtige diere het. Daarom nog eens: Hou moed, - ook al sou ons met almal ten gronde gaan!

[7] En sien, Lameg antwoord daarop: "Julle stem is volgens my wil en vir julle `n gebod. Gaan daarom en doen wat julle jul voorgeneem het; ek sal hier aan die hoof van Tatahar se groep op julle wag en `n waaksame oog hou op die een of ander dier van alle diere, wat aan julle harde slae ontkom het."

[8] Daarmee was die drieduisend tevrede en hulle loop huiwerig met aarselende skrede en durf nouliks om te kyk van duiseligheid by die aanblik van die hoogte wat hulle beklim en die diepte wat hulle agter hulle gelaat het. En sien, drie dae lank soek hulle na die hiënas, maar geen enkele een wil homself toon nie; toe kry hulle genoeg daarvan en slaan met hulle knuppels teen `n meer as twaalf klafters* hoë, baie steil rotswand, wat hulle voortgang verhinder het en hulle vervloek die woude en die berge, omdat hulle skuiling verskaf aan allerlei monsters, en hulle roep die struike, rotse en rotswande ter verantwoording en spuug op die aarde oor die skande van die bloed wat sy drink en vervloek haar tot in die grond en vervloek die son, omdat hy so `n gruweldaad verlig het en ook alle sterre en die maan wat so `n ongehoorde lafhartige daad kon aansien. En een van hulle was die grootste en die sterkste en heet Meduhed (dit beteken "die sterkste"). Hy keer homself om en rig enkele kort, maar baie passende woorde tot die woedende menigte en sê: *(l klafter= l,90m)

[9] "Wat is dit met julle oor hierdie onsin? Sien, julle breek en versplinter julle knuppels op hierdie dooie, harde, onoorwinlike rotswand en maak die terugweg glibberig met julle gekwyl! As ons nou sou terugkeer en daar sou hiënas, tiers, leeus, bere of groot slange ons weg versper, hoe dink julle om julle dan te verdedig! Die ou God het hier aan ons `n onoorwinbare grens aan ons blinde, vrugtelose wraak gestel; hoe maklik kan Hy nie nog `n baie vreesliker een op die terugweg opstel nie! Dink daarby, dat die slegte stryd teen die Oue, omdat Hy selfs struike en stene lewendig sou kan maak as Hy te min diere sou hê om ons almal te verslaan en te dood vanweë ons dwaasheid en ons ongehoorsaamheid. Ons het die berge betree, ondanks die streng gebod van die wysste en regverdigste manne, Kain, Hanoch en Farak. En wie weet, woon daar bo hierdie wand hoëre wesens, waaroor onder die volk nog steeds vae gerugte die ronde doen; want hierdie berge is nie verniet hier nie! En al sou slegs een van die wesens ons in die oog kry, wat sou ons powere aantal voorstel ten opsigte van één so `n reus van God?! Laat ons daarom in alle beskeidenheid omdraai noudat dit nog dag is, sodat ons nie ten gronde gaan onder die vervloeking van die nag nie, wat van oudsher reeds `n groot vyand van ons was - soos die dag `n plaag, wat egter nie so nou verbonde is met sulke groot gevare as die nag nie. Laat ons daarom hierdie weloorweë raad opvolg. Amen."

[10] En sien, toe hierdie toespraak hulle tot besinning gebring en hulle weer moed geskep het en hulleself op die terugweg wou begewe; kry Meduhed `n groot man in die oog, wat op `n vooruitstekende punt van die wand staan; en hierdie man, `n seun van Adam en plaasvervanger van Abel, was Set, wat later van My deur middel van die engel Abel, sy broer, die opdrag gekry het om met Adam en Eva na die beloofde land te trek en in die berge te gaan woon met die uitsig op die ver verwyderde vroeëre paradys, waaroor Ek later nog iets uitvoeriger sal sê.

[11] En sien, hierdie Set spreek hulle met die kragtigste stem aan, omdat hy een van diegene was wat nog steeds die taal van alle skepsele gepraat het en sê: "Ruwe en God heeltemal vergete bende kinders van Kain, die broer moordenaar! Welke geregtelike straf van God, die Vader van my en van die nog lewende Adam, asook van al sy kinders wat op die hoogtes lewe, het julle hierheen, in die sterk arms van julle ondergang gevoer? O julle slang gebroedsel, hoe sien julle daar uit?! O, julle voer die hiënas, vertel my, wat wil julle hier op hierdie heilige plek hê! - Wat soek julle op hierdie, vir julle so streng verbode plek? - Wyk van hier en val almal tesame in die gapende afgrond van die gestelde straf van julle oortreding, naamlik die doodbringende kuil waaraan julle nie sal ontkom nie, tensy hierdie rotswande hom vir ewig sal begrawe!

[12] En sien, toe val Meduhed op sy knieë neer en roep luid om erbarming en barmhartigheid. Set ewenwel, wat namens My spreek en sodoende ook des te meer vervul was van My liefde, laat homself spoedig vermurwe deur Meduhed se klaende stem en sê:

[13] "Meduhed, slegs jy mag na my opkyk, na die groot nabyheid van God, omdat jy jou broeders afhou van groot, moedswillige boosheid voor die alsiende oog van God; daarom sal slegs jy weet waar en wie hierdie vraatsugtige hiëna is: Sien, hierdie duisendvoudige hiëna het benede gebly aan die slangtongspits van die bende van Tatahar en heet Lameg!

[14] Maar laat niemand van julle dit waag om hom aan te raak nie! Sewe-en-sewentig maal weë oor die een wat homself aan hom sou vergryp, - omdat so iemand vooruit sou loop op God se tyd, wat egter die allerverskriklikste sou wees, omdat so iemand die band van die goddelike liefde sou verbreek en daardeur die breë, onmeetlike gordel van die skerpste oordeel van die Godheid sou ontketen, waardeur hyself groot vuurkolomme oor die hele aarde sou uitstort en so die hele wêreld deur vuur vernietig. En staan nou op met julle bende en trek in vrede na julle huis en let nie op Hanoch nie, maar op julleself en op God, die een getroue Redder van diegene wat altyd na Hom opsien, - sowel in vreugde asook in nood! Amen."

[15] En sien, toe word Set `n liggloed; hulle skrik daarvoor en vlug weg voor sy aangesig oor heinings en stegies en bereik die vlakte voor sonsondergang en teen middernag ook hulle huise, wat tien uur deurgaans van die berge verwyderd was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205