Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog se woorde aan Methusalag en Lameg

113 Toe beide die woorde van Asmahael gehoor het, begin hulle hulleself geweldig te verwonder. En nadat Asmahael Homself `n weinig van hulle verwyder het, sê Lameg aan Methusalag:

[2] "Vader, wat dink jy van die kort toespraak van hierdie jongeling? Volgens wat dit vir my voorkom, skyn hy heimlik baie oor homself te dink; dat dit so is, word voldoende getoon wanneer hy sê: "Waar ek is, is dit goed!" Waarom sê hy nie: "Waar Adam en die kinders van God is, is dit goed om te wees nie?"

[3] Sien, dit en nog baie meer is vir my volslae onverklaarbaar! Sê my daarom tog net, as jy kan en wil, hoe dit alles vir jou voorkom en waarvoor jy hierdie jongman beskou en wat jy van hom dink! Amen."

[4] Toe kom Henog nader en rig homself tot hulle as volg: "Luister, my kinders en begryp dit goed: As ek hier `n klip in my hand neem en dit vashou en daar kom iemand na my toe wat my vra: "Vriend, wat hou jy daar in jou hand?", dan laat ek hom sien dat dit `n klip is en as hy my vervolgens vra: "Wat doen jy met die klip?", sal ek hom dan nie as antwoord gee: "Wat vra jy my nou? As ek `n klip opraap en vashou, hoe kan dit jou dan tot `n steen des aanstoot word?!

[5] Waarom bekommer jy jouself oor dinge waarvan jy geen las het nie?! As dit wat ek dra, my geval, dan het jy tog niks om angstige vrae oor te stel nie?!"

[6] Kan iemand egter `n harde klip in Sy hand tot stof pulweriseer? Dit sal iedereen tog seker vir goed wil nalaat!

[7] Is dit nie verstandiger om die klip in Sy hand te dra, as om op die weg daaroorheen te val en homself te beseer nie?! Wie is hy nogtans wat Sy eie lewe sou wil ontvlug?!

[8] As hy ewenwel die lewe het, waarom maak hy dan asof hy dit nooit ontvang het nie en handel in alle dinge soos `n blinde?!

[9] Wat weet die mens?! Is dit wat hy weet dan nie uit God nie?! Waarom dink hy dan vervolgens asof hy wou dink naas God as iemand wat genoeg het aan homself en geen raad van God nodig het nie?! Omdat hy dan met raai begin, raai hy net so lank deur, totdat hy homself ten gronde geraai het!

[10] So vra en raai julle ook! Maar wanneer ek vir jou sou sê: "Ek, Henog, is julle vader!", - wat dink jy dan van hierdie uitspraak?

[11] Sou jy my kan verwyt dat ek, omdat ek dit teen julle oor myself beken, baie selfingenome is?! Is ek dan nie dit wat my mond oor my bekend maak nie?!

[12] Wat sal daar wel gebeur as blindes begin te oordeel?! Wie oordag al niks sien nie, hoe kan hy wil hê dat die nag vir hom tot `n lig sal word?

[13] As julle nie eers in staat is om die woorde van Asmahael te begryp nie, hoe onseker sal julle oordeel oor Asmahael Self dan nie wees nie?!

[14] Indien ek jou sou vra: "Wat is die groei van `n roos en wat is die roos self?!" dan sou julle verstom!

[15] Hoe kan julle julleself dan afvra wat daar met Asmahael aan die gang is? Ek sê vir julle: Wag tot more en alles sal vir julle duidelik word. Klamp julle nou vas aan Asmahael en let met besondere groot aandag op al Sy woorde! Amen. Begryp dit en neem dit in julle op! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205