Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 128 ontvang op 05/12/2019

“Liefdeloosheid is die ewige dood wat die harte van MY volk omsingel. Dit is die Zulus met hulle dreigende moord en oorlog wat woed om en buite die Laer! Maar vir hulle wat hulself binne die LAER VAN LIEFDE BO ALLE LIEFDE bevind met harte van opregte, suiwere Liefde, hulle sal Vrede en Vreugde hê in die Dag van JaHWeH! Kyk, die Gelofte wat aan kom is op die Dag van Bloedrivier, sal geensins ligtelik opgeneem word deur MY, julle EWIGE LIEFDE nie. Wanneer julle beloof om vir MY ‘n Liefdeshuis op te rig, dan moet die DAAD daarby gevoeg word vanuit julle harte van Liefde en Erns! Maar, MY Boerevolk! MY Huis van Judah! O hoe lyk die Huis MY Volk? Gaan en ignoreer julle verhewe gevoel van hoogmoed en trots, en gaan inspekteer hierdie Huis! Gaan kyk na die krake in die Mure en die ongelykheid van die Fondasie. Gaan en kyk na die daklekke en die stene wat nie van Goud gemaak is nie. Gaan na die balke van die dak en inspekteer die houtbalke se verbindings. Gaan kyk na die nok van die dak. Is daar ‘n nok? Hoe lyk die vensters en hoeveel Lig dra en neem elke vertrek op? Waar is die kombuis geleë en watter voedsel word in hierdie kombuis aan die gaste en inwoners gegee? Van wat is die Voordeur van hierdie Huis gemaak? Gaan en doen introspeksie MY Volk, en gaan doen dit VOOR julle tot MY nader op die Dag van Bloedrivier! EK sal nie ‘n offer van Kain aanvaar nie! Is hierdie Huis gebou vanaf die Grondlegging van die Hoeksteen van Apartheid en Waarheid?

Kan julle nie sien en kan julle nie verstaan waarom daar spesifieke Dae van Geloftes is nie? En dink julle dat julle net op een Dag ‘n Gelofte aan MY te kom doen en dan van MY af weg te gaan op julle lewens van besoedeling en dan jou broer te vloek? Gewis nie! Want dan het jy ‘n offer van Kain aan MY voorgedra! Voorwaar EK sê vir julle MY Boerevolk: Wie nie MY LIEFHET bo alles nie en wie nie hulle naaste volksgenote LIEFHET soos EK julle LIEFHET nie en soos jy self GELIEFD wil wees nie, dit is hulle wat ‘n offer van Kain aan MY gaan bring! ‘n Gelofte is een en dieselfde as OFFER! Julle offer julle lewens vir ‘n broer en julle offer om vir MY ‘n Huis te bou? Julle offer dat julle ‘n fees sal hou op die Dag van Oorwinning om MY te eer in HART, GEES EN SIEL! Is dit dan enigiets anders as ‘n offer van julle HARTE aan MY en julle naaste?

Dit sê EK, JaHWeH, JaHLiefde van die Leërskare! Vanaf ‘n Dag van Gelofte waarop julle aan MY Beloftes gemaak het en julle ‘n Verbond met MY gesluit het... ELKE DAG DAARNA sal julle getrou wees aan die Voorskrifte van die Verbond, anders sal daar ‘n Skeibrief toegeken word aan hulle wat die wêreld bo MY gekies het. Dit sal geskied deur die Vervloekinge van Deuteronomium 28 en hulle sal in MY HUIS nie ingaan nie en sal in die Bruilofsaal uitgeken word as een wat in die VERGADERING VAN LIEFDE ingesluip het! Dit terwyl ‘n masker van Liefde aangetrek word voor die menigtes, maar die harte en innerlike is vêr van die LIEFDE, EK, DIE OORSPRONKLIKE LIEFDE-LIG-LEWE!

MY Boerevolk! Daar is ‘n Weg en Verborgenheid wat EK aan hierdie kneg aanwys in hierdie dae van benoudheid. Julle besef nie die Erns  van MY LIEFDE en julle begryp nie die Erns van hierdie tye en die komende tye nie. Net soos in die Dag van Noag, sal die meerderheid van MY volk ondergaan in hulle eie ongehoorsaamheid en hulle hard-hartigheid om gehoor te gee aan die Instruksies van MY LIEFDE!

Daar is hulle wat voorgee om MY LIEFDES-INSTRUKSIES na te volg en MY LIEFDE te preek, maar hulle hartsdade is boos en teen MY LIEFDE gerig. Daar is hulle wat sê: “Ek is lief vir jou.”, maar hulle harte word oorheers deur louwarmheid met die koue wat aankom vanuit benede. Daar is hulle wat van MY LIEFDE getuig en die mensdom toespreek, maar hulle verskuilde najaag vir dertig sikkels silver sal lei na brandarm armoede van gees en siel. Hulle sal op die droë woestyn van Esegiël gaan lê in die gewaad van doodsbeendere. Hulle sal die Verterende LIEFDES-SON se Hitte van Liefde moet verdra en koester, terwyl hulle smag na Waters en Reëns. Maar in die Dae van Waters en Reëns het hulle MY vergeet en wou nie die Reëns wat Lewe gee, gehad het nie. Na die Reëns breek die LIEFDES-SON se Strale van Sewe deur en verkwik en versterk die Aarde en straal alle lewe met MY LIEFDE. Dit dien tot groei en opwaartse neiging van MY Verlossingsplan. Maar vir hulle wat nie die LIEFDES-SON se bestralende LIEFDE wou opneem en vêrder uitstraal deur die prisma van hulle harte nie, sal in die woestyn as gevangenis opeindig met ‘n Verterende Liefdesvuur! Eers wanneer julle die LIEFDES-SON se Strale van Sewe aangeneem het, wat EK, DIE LIEFDE BO ALLE LIEFDE, IS, dan sal EK MY Waters en Reëns stuur om die LEWE by die LIEFDE te voeg sodat die senings en vlees oor julle doodsbeendere kan groei. Maar met LIEFDE en LEWE sal julle steeds in die woestyn naderhand vergaan omdat julle nie soek na MEER nie. “Waarna moet ons soek JAHSHUA?”, vra julle nou. Dit is die laaste een wat julle moet soek: en dit is die Poort van Wind, wat MY LIG-GEES is, wat julle sal Bekragtig en die gehoorsaamheid aan LIEFDE in julle sal aanwakker in Waarheid. Dit is die Band wat die LIEFDE en die WAARHEID sal verenig in die BEKRAGTIGING. Dit is die Derde Poort: PAARDEKRAAL! Alle Ruiters van MY op Perde sal versamel word en moet verenig in MY Kraal! Kom na MY Kraal en julle sal MY dan daar ontmoet en EK sal op ‘n esel sit en nie op perd. Paardekraal is die Poort van Nederige Vereniging van MY kinders, MY Volk! Dit is die Vereniging in MY, DIE LIEFDE! Dit is die Herbevestiging van Filadelfia van Broederlike en Susterlike LIEFDE: NAASTELIEFDE! Dit is die weggooi van haat, twis, onvergewensgesindheid en leuens. Dit is die afsterwe van die gees van skinder en afguns! Dit is die haat om verkeerdelik teenoor jou broer te handel met leuens en eie-liefde! Dit is die VERENIGING VAN GEDAGTE, WOORD EN DAAD – IN GELOOF, HOOP EN LIEFDE, en BO ALLES, DIE LIEFDE: LIEFDE BO ALLE LIEFDE. Daarom het EK gesê, soek die Geestelike en bedink wat die Gees vir julle wil sê of wys. Bedink nie materiële en wêreldse dinge nie, bedink die Geestelike en die Lewegewende. Kyk dieper MY volk en loop nie agter die vleeslike aan nie.

MY Dogter van Sion Gemeente, Suid van die riviere van Kus! Hoor MY, jul MAKER en OPRIGTER. Aan MY Kneg het EK die Twee Pole van GILGAL gewys, na EK hom gelei het na Amos 4 en 5 en MY Profeet van Ouds, Hosea. My kneg het deur erge geestelike smarte en onsekerhede gegaan. Hy het in hart voor MY gesmeek en gevra vir antwoorde rakende Gilgal. EK het aan hom die volgende gewys:

Daar is Twee Stede van Gilgal in die Geestelike Sfere. Daar is een wat EK al aan julle openbaar het: Die Stad van Gilgal, die Lewende Draaiende Fontein. Dit is die Stad na bowe, die Stad van Gilgal waar Abel sy offerandes, MY aanbidders sal kom en offerandes aan MY sal bring, suid van die riviere van Kus. Dit is die Stad waar opregte LIEFDESOFFERS volbring word tot MY en die naaste, boers en susters. Maar, toe wys EK aan MY kneg, deur sy struwelinge na antwoorde en gebede tot MY, die Stad na benede, benede die Stad van Gilgal na Bowe. Hierdie Stad se naam is, Stad van Gilgal. Dit is hierdie Stad waar die offer van Kain volbring word met naasteliefdehaat en onopregtheid voor MY en hulle naastes. Dit is waar harte geoffer word, maar nie vir harte van vlees deurtrek met MY Gees nie. Hoegenaamd nie! Dit is harte wat dubbele weë het. Dit is harte wat Huise wil bou op die sand van liefdeloosheid en verskuilde broeder haat. Dit is hulle wat nie olie in hul lampies het nie. Dan gaan EK nog verder en sê dat daar is ook nog diegene wat baie olie in hulle lampies het, maar wat nie die Vonk en Vlam van LIEFDE genader het om hulle lampie aan die brand te steek ter LIGBESTRALING en HITTEBESTRALING van MY LIEFDE tot hulle naaste nie!

Daarom MY Dogter van Sion, let op hierdie Woorde van MY, JAHSHUA, EK IS WAT EK IS, EK IS LIEFDE... JAHLIEFDE!

EK het hierdie Woorde van MY, wat MY kneg al vir dae in sy hart bewaar, tot op hierdie Dag verborge gehou:

“EK wil die Dogter van Sion, genees!”

Wees gehoorsaam aan MY LIEFDE en straal MY LIEFDE uit na ELKE broer en suster wat saamloop en ook aan diegene wat nie meer saamloop nie; hulle wat oortree het en hulle wat nie oortree het nie; hulle wat leuens vertel het en hulle wat nie leuens vertel het nie – want EK SKRYF IN DIE SAND EN MY GEES VAN BARMHARTIGHEID KOM MET DIE WIND EN WAAI DIE SAND WEER PLAT EN DIE SONDES VERDWYN. DIT IS EK, EK IS WAT EK IS! Het julle opgemerk? Het julle gesien en verstaan waarom EK hierdie Woorde NOU spreek voor julle Geloftedoening aan MY by Paardekraal? EK spreek hierdie Woorde van MY weer en gaan en lees hulle in die binneste kamer van julle wese en siele:

EK skryf in die sand en MY Gees van Barmhartigheid kom met die Wind en waai die sand weer plat en die sondes verdwyn!

DIT IS PAARDEKRAAL! Die Derde Poort van Wind en GEES wat Henog gesien het in die Suide, MY Boerevolk! Dit is Nederigheid, dit is Liefde vir naaste, die is die regmaak van oortredinge, dit is die versoening van broers en susters, dit is die selfverloënde liefdesoffers aan MY en MY kinders! Dit is die STAD VAN GILGAL NA BOWE! Dit is waar EliJaH en EliShua te vinde is, waar EliJaH in die Warrelwind van die Suide is! Dit is die LAER VAN GILGAL-LIEFDE!

MY kneg, jou werke is vir nou volbring. EK IS JAHLIEFDE! Ek genees, EK voorsien en EK IS Barmhartig. EK WIL GENEES, daarom moet julle WIL GENEES. Geloof sonder Werke is dood en netso is die Liefde sonder Liefdeswerke, dood. Laat daar Lig wees, en daar was Lig...

Wees geseënd in die Aarde deur MY Bloed gekoop,

Wees genees in die Aarde deur MY Bloed gekoop.

EK IS LIEFDE... EN LIEFDE, IS EK!

Volg MY, JAHWEHSHUA, EK IS WAT EK IS, VOLG MY, DIE LIEFDE!

Wees lief vir MY en jul naaste, dan gehoorsaam julle MY Wet.

EK IS.”

Net na JAHSHUA met my gespreek het, het ek in die gees vir oom Siener gesien en ek was weer daar waar ek vantevore was waar ek Melgisedek gesien het. Oom Siener het na my toe gekom en hoe nader hy gekom het, hoe meer kon ek in sy oë kyk. In sy oë het ek toe gesien, baie gebeure wat afspeel soos hy sy visioene lank gelede neer laat skrywe het. Ek het baie verwoesting oor die hele aarde gesien en gesien hoe volke en konings mekaar vernietig. Ek het oorloë gesien en die windrigtings se handelinge gewaar. Ek het die spioenasie gesien in elke stukkie tegnologie in ons huise. Siener wys vir my die wapens binne-in die satelliete wat die aarde omwentel. Ek sien berge in die see val en ander berge opkom. Ek sien die see word droog en die aarde smag na water en gesondheid. Ek sien dat oom Siener weet dat groot verwoesting kom en dat selfs die engele voorberei. Ek sien in oom Siener se oë ‘n tweede bloedrivier en hoedat die Orde van Melgisedek daar opgerig en in herinnering gebring sal word. Ek sien hoe ‘n volk opstaan, dapper en vol hoop, sienende siende en horende hoor hulle en luister hulle na hulle VADER wat Hemele en Aarde gemaak het.

Siener kom toe tot by my en plaas sy linkerhand op my hart en omhels my met sy regterhand en sê in my oor dat ek hierdie Woorde wat sy MAJESTEIT tot my gespreek het, drie keer moet uitstuur na sy volk, na sy broers en susters. Siener sê toe vir my dat die volk moet nederig raak en dat kennis nie die Weg is tot Lewe nie, maar enkel en alleen die gehoorsaamheid aan die LIEFDE. Die Kennis en Verborgenhede is Barmhartigheid en is VADER wat ons trek om HOM te leer ken, maar die Fondament moet nie nagelaat word nie, en dit is, NAASTELIEFDE, LIEFDE BO ALLE LIEFDE!

(Einde van Woord en ervaring.)

Wees geseënd, my geliefdes en mag JAHSHUA ons suiwer bevind vanaf hierdie dag en die dae wat kom.

Mag ons Liefde as Banier, omhoog hou en mag die Vlag van Liefde weer wapper!

Mag die Vier Kleure IN EEN weer Wapper.

Vrede en Saligheid vanaf ons Verlosser, JAHSHUA!

Daniel Grobbelaar


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205