Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 65 ontvang op 28/12/18

"MY kinders, EK IS spreek tot julle en hoor MY Woord met julle harte van bereidwilligheid om te leer. Die aardse plesiere en neigings is baie sleg vir julle siele en geestelike bestemming.

Begeer nie die aardse rykdom en plesier nie, omdat dit veroorsaak dat julle siele verstrik raak en gebonde raak met die materie, en dit veroorsaak dat julle siele op die weg van die dood gaan. Hoe meer julle meng met die dooie geldgode, hoe meer en dieper val julle in die duister sfere van MY teenpool en sy trawante. Hy wil hê dat julle siele moet sterwe deur sy koninkryk en skatte vir julle aan te bied. Maar hierdie skatte bevat gif vanuit die Nagashim wat die lig van julle wese wil uitdoof. Hy wil julle slawe maak deur julle luiaards te maak en wil julle sintuie belemmer deur sy slinkse metodes deur middel van besoedelde voedsel, water, tegnologie, musiek en vermaak. Wees versigtig, MY kinders, om nie binne sy vangnette te trap nie.

Net soos wat EK MY dissipels en knegte beveel het om vissers van mense te wees, net so het MY teenpool ook visnette met gifhoeke aan wat julle wil vang en sleep na die slagtande van die seedraak. Die buit wat MY teenpool gebruik is baie verlokkende en smaaklike appels, maar aan die binnekant vrot die appels met die gif van besoedeling en dood.

Die materie vergaan en hou nie vir ewig nie. Daarom het EK julle vermaan om eerder skatte in die Hemele te vergader deur liefdeswerke en geestelike dade van naastehulp te doen. Julle moet fokus op die Gees, omdat EK GEES IS! In die GEES is die LEWE verborge en net deur hierdie Weg van LIEFDESGEES te betree sal julle die LEWE vind in MY JAHSHUA omdat EK die LEWE SELF IS.

Begin LEWE in liefdesharmonie met MY en gee alles oor aan MY Wil van Volmaaktheid. Wees gefokus om julleself te verbeter as mense, as geskapenes. Julle het in sondes verval en net met opregte berouvolle harte kan EK julle vergewe. Maar daarna moet julle ywerig werk om nie weer terug te val in die sondige verslaafmiddels van MY teenpool nie. Wees waaksaam en bid! Bid met Liefdeshart woorde en nie met die lippe nie. Want die Meetsnoer is die maatstaf wat die hart se Liefde en opregtheid meet en nie julle aardse besittings en welstand nie.

Wees daders van Barmhartigheid en help julle broers en susters om op die Weg van die Lewe te kom, want in LEWE is LIG en volkome VRYHEID in MY, die MEESTER VAN LEWE."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205