Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 82 ontvang op 31/01/19

“MY Dogter, vind Rus in MY. Wees stil in jou hart en in MY Naam, beveel die storm waters van benede om te wyk en kalm te raak. Wees VERLOS en VRY in GEES en LEWE deur MY BARMHARTIGHEID. Bly getrou aan MY en leer vanaf MY WYSHEID en word gevul met lering vanuit MY WAARHEID. Jou Huis wat jy vir MY opgerig het, moet nou gevul word. Jou Huis moet nou bewoon word en as Herberg en Woning dien vir MY kinders en volgelinge. Maar onthou dat hierdie Huis in stand gehou moet word deur werksame LIEFDE elke dag. Daar is ‘n Nuwe Tyd en Dag vir jou MY Bruid, MY Geloftevolk, julle wat getrou gebly het aan die ENIGSTE EK IS WAT EK IS!

Daar kom ‘n groot omvorming volgens MY WIL en julle moet altyd julle wil ondergeskik hou aan MYNE, maar doen dit met GELOOF en OORGAWE met die wete dat EK altyd die beste weet vir julle oorwinning en groei tot LIG. Sewe Dae het julle vir MY gearbei en geveg. Sewe Dae sal julle nou in MY Rus en Stilte verkeer terwyl julle opgelei sal word met die metodes en rigtingwysers van die LEWE en hoe om staande te bly en hoe om die huwelike weer te suiwer en op te rig volgens MY ORDE. Hou aan seën elke dag en blaas steeds op julle ramshorings vanuit julle harte van gebede. Want die Wierookbak sal voor MY Aangesig gebring word en die reuk sal getoets word. LIEFDE moet julle toepas en Wysheid moet julle bespeur in alle denke en handelinge van nou af, MY Eerste Dag van Stilte. EK wil julle in MY Ewige Sabbat inlei en daarom sal EK julle nooit verlaat nie. Wees gehoorsaam aan MY en volg net MY!

MY Geloftevolk, bly binne MY LAER van APARTHEID en LIEFDE, as EEN! Dit is MY voorwaarde vir beskerming en verlossing. Want hierdie LAER is al van Ouds af ingestel: MY WET VAN LIEFDE WAT EK OP DIE TWEE FONDAMENTE GEGRAVEER HET OP DIE BERG! Hierdie WET is aan julle gegee deur die Boodskapper van LIEFDE en nog altyd was EK IS WAT EK IS, EK, die LIEFDE SELF! MY Knegte en Boodskappers, lei MY kindertjies nou op en gaan leer die mans en vroue, die vaders en die moeders. Nou berei EK julle voor om vir MY ‘n Nuwe Generasie van LIEFDE te wek in MY NAAM VAN LIEFDE!

Wees VRUGBAAR en VERMEERDER MY Adam, MY Boerevolk van Apartheid; en HEERS oor die Skepping. Vrees nie vir die wilde diere van die veld nie en wees nie bang vir die planne van die dwase teen julle nie, want hulle sal deur hulle eie planne val en struikel! Julle het nou julle taak. Gaan en vul ONS HUIS en wees gehoorsaam en liefdevol; en behaag julle MAN!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205