Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 2 en visioen ontvang op 23 Julie 2018

"Hierdie was 'n harde dag vir jou MY kind, maar onthou MY Verlossingsplan: Jy sal alles verloor, behalwe jou en MY. EK het jou gewys, skryf dit neer en laat hulle sien! Hulle wat getrou is aan MY Opdrag om hulle harte van klip te offer vir MY."

 

Ek was heeltemal in die gees weggevat en het die volgende gesien:

Daar is 'n wiel van twaalf "en kyk", rondom die wiel is dit laataand. "Bo-op die wiel is daar stene wat die gekluisterdes behou.", sê 'n Stem. Die stene het vermenigvuldig en raak tot bo aan die vrugte van die Boom. Die Boom is die as van die wiel. "Die wiel het eens stilgestaan en vasgesit in die kloof waar die draak woon.", sê 'n Stem. Ek sien toe 'n Ligglans deur die stene begin skyn vanuit die middel van die Boom en sien toe hoe die stene wat reg rondom die Boom gestapel is, begin smelt en die Lig het al sterker geword dat ek my oë moes toemaak. Tot die aand rondom die wiel het gewyk en ek het die lieflikste reuk opgemerk.

"Voorwaar MY kind EK IS spreek! Wend nie jou oe af van MY Glansrykheid en hou jou nie blind vir MY Liefdeswaarheid Bruid nie!"

 

Ek maak my oë toe moeilik oop en sien:

Die stene het heeltemal weggesmelt en ek sien toe 'n baie jong vrou, blosend van glimlag en sy dra die pragtigste sneeuwit rok. Terwyl sy met haar linkerhand vashou aan die Boom, loopdans en sing sy om die Wiel terwyl die Wiel draai - haar regterhand uitgestrek tot in die oneindigheid. Sy het die pragtigste hemelblou oë gehad. Ek sien toe, rondom die wiel waar dit eens aand was, duisende ontelbare kindertjies wat opkyk met skitterende oë. Ek kyk toe ook op en sien toe Iemand op die Troon sit en musiek maak met 'n reënboog. My hart het begin pyn van oorweldiging en ek val toe neer op my knee. Ek voel toe 'n hand op my skouer met 'n Stem wat vir my se: "MY kneg, MY seun, dit is wat EK bedoel het toe EK gesê het: EK MAAK ALLES NUUT!" Dit is genoeg vir nou, maar bring hierdie Brood na MY Dogter wat getrou gebly het aan MY Liefde."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205