Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 32 ontvang op 24 September 2018

"MY kind, daar is veel te leer in My Skepping oor MY Getrouheid en Volmaakte Liefde vir julle. Soos jy nou gesit en die weë van die voëltjies dopgehou het, net so hou EK julle weë dop in My Hemele. Kyk, in hierdie vroeg oggend van nuwe lewe, hoor jy die voëltjies se gesang en vrolikheid. Hoor hoe hulle MY Glansrykheid en Getrouheid loof en prys in hulle Vryheid! Ek sorg vir hulle en Ek voed hulle. Daar is altyd voorsiening deur MY! Hulle maak nie voedsel bymekaar en bekommer nie oor voedsel vir more nie, want hulle weet, EK IS! Hulle weet!

Kyk MY kind, jy het die hen met haar kuikens dopgehou en EK het jou die Verborgenheid daarin gewys. Nou dra dit oor aan MY ander kinders van MY LIEFDE. Net soos die hen skrop met haar werkende pote, net so werk julle Trooster Moeder in die huis van julle harte! Sy skrop die boonste drek van julle wêreldse liefde en besoedeling weg en open die suiwere voedsel wat behoue gebly het daaronder. Julle wêreldse liefdes bedek en verberg MY Ewig Lewende Voedsel en Sy kom maak dit vir julle beskikbaar in Waarheid. Die leuen kom skrop Sy weg en Sy maak die Aarde skoon; Sy wys vir julle die Weë van Waarheid en verskaf aan julle MY Hemele-Brood en lewegewende Voedsel. Julle, die kuikens kom en volg julle Moeder oral waar Sy heengaan op MY WEG van LEWE; julle volg Haar in totale afhanklikheid en vrolikheid, tog so nederig en teer. Dit is hoe julle moet leer in Wysheid vanuit MY Skepping. Bekyk MY LIEFDE en sing vir MY 'n lied van dankbaarheid omdat hierdie lied julle bevry en genees! MY skape herken MY Stem en EK roep hulle na MY. Hulle gehoorsaam MY Geroep en doen dit uit vrye wil wat omvorm het tot LIEFDE.

Maar, voorwaar EK die ALMAGTIGE spreek aan hulle wat MY skape wil verlei met 'n valse stem: MY Geregtigheid en Oordeel sal nie van julle teruggehou word nie! Ja julle, binne MY volk! Julle wat julself verberg in besoedeling en in die geheim by die besoedeldes sweer; julle wat kom met gemaskerde aangesig, soos 'n wolf julle voordoen as mede-skaap in MY kraal! EK sal julle uitdrywe met MY Sweep uit MY tempel! Julle handel met omkopery en sweer verbonde met MY vyande! Die volksverraaiers, voorwaar EK sê vir julle wat MY Volk verraai: julle is net soos die Judas wat MY verraai het en die geldmag was sy meester! Julle wat kom in die gewaad van 'n broer of suster, maar julle harte loop oor soos 'n fontein van riool! EK die ELOHIM van Abraham, Isak en Jakob spreek tot julle: Julle word aangekla van HOOGVERRAAD teen MY die Ewige ALMAGTIGE! Julle wandel buite MY LIGSIRKEL VAN LIEFDE EN APARTHEID en daar sal MY Oordeel soos swael oor julle reën en julle sal die berge in vlug van skaamte! Daarom spreek EK tot julle in hierdie tyd en sê aan julle: Bekeer julle tot MY en bring julle harte na MY. Kom terug op MY WEË VAN LIEFDE sodat julle bevry kan word en tot LEWE gewek kan word.

MY skape in MY Ark, MY KLIPWIEL GELOFTEVOLK, hulle behoort aan MY in die Suide en EK sal hulle verlos van julle juk van verraad en verdrukking! Hulle loof en prys MY, hulle getuig van MY, hulle strewe na MY VOLMAAKTE LIEFDE; EK ken hulle harte omdat hulle harte MY Wiel aanraak.

MY Dogter, MY Geliefde, wees nie bevrees nie en strewe na die Volmaaktheid van MY Sewe. VOLG MY in alle gehoorsaamheid in hierdie tyd en loof MY Getrouheid en Voorsiening! Kom nie net na MY in die tye van nood en hartseer nie en verberg julle nie in tye van oorvloedige Seëninge en voorspoed nie! Julle moet te ALLE tye by MY wees en MY toelaat in julle harte sodat ONS deur "dik" en "dun" die lewe van LIEFDE aanpak wat lei na MY HEMELE en KONINKRYK van EWIGE LEWE! Dit wat EK aan Abraham beloof het MY Boerevolk, dit beloof EK nou aan julle as julle MY bo ALLES verkies en MY sal volg in LIEFDE.

MY kneg, skrywe hierdie neer vanuit MY Seën omdat hierdie 'n verborge vers is waarvan die Verborgenheid nog sal openbaar word:

Geseënd is die Aarde deur MY Bloed gekoop!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205