Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 98 ontvang op 23/03/19

“MY kneg, kneg van MY LIEFDE, skrywe neer ELKE Woord vanuit MY Vaderhart. Hierdie is die laaste Woord vanaf MY wat EK deur jou sal gee aan MY Dogter van Sion totdat EK jou weer sal opwek volgens MY Gewyde Wil vir MY Dogter aan die Suide.”

(My hart is so seer VADER!! My hart ween en huil O JAHSHUA!!!)

“MY kind, laat die trane oor jou wange rol en laat los die fonteine van seer en barmhartigheid. Maak skoon jou hart van seer en laat EK jou hart genees. Jy huil nou baie MY kind, maar EK IS DIE VERTROOSTING! Hoor MY LIEFDE, proe Haar, voel Haar, SIEN HAAR MY kind!”

“Wees meester oor jou Aarde MY kind, deur om MY toe te laat om die Storms te bedaar en laat die Oorlog in jou hart tot stilte kom deur te fokus op MY. Jou werk is nou gedoen MY Kneg, eer MY daarvoor. EK handel volgens MY Volmaaktheid en EK sal altyd by MY Dogter wees MY kind. Wees nie bevrees nie, EK IS ALTYD BY ELKEEN VAN JULLE! EK GAAN NÊRENS! EK IS JULLE LIEFDE EN VERLOSSING! Jy sukkel om te skryf MY kneg, fokus nou en vee die trane af, want EK bring jou GENESING nou. EK IS GETROU en EK bring jou nou tot in MY HEMELE, tot binne-in MY VADERHART!”

(Ek, Daniel, het baie gehuil en soveel trane gestort tydens hierdie Woorde van ons VADER. Ek het nog nooit so gehuil nie, ek het nog nooit so vol vrees gevoel vir Dogter van Sion nie! Ek het gehuil vir Haar! Ek huil JAHSHUA!)

“MY kind, fokus, luister nou wat JAHWEH van die Leërskare vir jou sê en dra MY Woorde oor aan MY Dogter:

MY Sionsbruid, jou klere is vuil en jou kroon is geroes. Jy is vol sere en kneusplekke. Jy is gestamp, gestoot, gevloek, uitgelag en vervolg deur die wêreld. Jy is vol besoedeling en daar is nog baie foute wat jy aan moet werk voor jy binne MY LAND VAN DIE VERBOND kan kom. EK het jou Opdrag gegee om vir MY die Gilgal in julle harte op te rig; julle het aan MY beloof om vir MY ‘n Huis van Aanbidding en Liefdeswerke te bou: ‘n Hawe waar Brood gebreek en Wyn geskink sal word vir die armes, verstotelinge, die eensames en die verleides – die verlore skape van die Huis van Judah en die Huis van IsraEL. Maar dit het nie voldoende gebeur volgens MY ORDE VAN WAARHEID EN LIEFDE NIE.

EK HET JULLE ELKEEN BEVEEL OM NET NA MY TE KYK, NET MY TOE TE LAAT OM JULLE TE LEI! EK HET JULLE ELKEEN BEVEEL OM NET AAN MY GEHOORSAAM TE WEES EN OM MY BO ALLES TE STEL! EK HET JULLE BEVEEL OM NET NA MY TE KYK EN OM MY ALTYD EERSTE TE RAADPLEEG!

EK herinner julle aan die Visioen wat hierdie Kneg van MY ontvang het tydens die Sewe Dae Verootmoediging toe hy ‘n groot aardbewing gevoel het en toe sien hy ‘n groot kraak regdeur MY land, Suid-Afrika, tot teen aan die boom in die middel van die Gilgal-Klipwiel. Hierdie aardbewing het tot vervulling gekom in die Geestelike in MY Dogter van Sion. Julle het verdeel, baie siele het geval, is tot ongeloof en struikeling gebring en is te na gekom deur eie-geregtigheid en liefdeloosheid. Baie van julle het MY nie gehoorsaam in LIEFDE BO ALLE LIEFDE nie en het ligtelik omgegaan met MY Voorwaardes, Opdragte en ook MY Beloftes. MY Woord sal julle Oordeel en julle weet wie julle is. Hierdie is MY laaste Oproep deur hierdie Kneg van MY dat julle tot bekering sal kom om die LIEFDE BO ALLES toe te pas in ELKE situasie en gebeurtenis. EK, die EWIGE LIEFDE, gee aan jou, MY Dogter van Sion, MY Bergprediking in Mattheus. Dit is MY Opdrag aan jou om MY Woorde daar te lees wat daar opgeskrywe staan en dit toe te pas. EK IS DIE HOOGSTE GESAG EN MAG en NIEMAND sal met MY speel nie en NIEMAND SAL MY IN DIE AANGESIG SPOEG DEUR OPSETLIKE LIEFDELOOSHEID, LEUENS EN SELFREGVERDIGING NIE!

As julle nie die LIEFDE WIL doen nie, dan moet julle aanvaar wat oor julle kom as die nagevolge van liefdeloosheid en ongehoorsaamheid aan MY EWIGE WET VAN LIEFDE en VERLOSSING! Dit sê EK, EK IS WAT EK IS, EK JAHSHUA JAHWEH!

MY Kneg het ‘n baie groot oorlog in sy hart oor waarom EK nie meer deur hom sal spreek tot MY volk en ook spesifiek vir MY Dogter van Sion nie en EK het aan hom MY antwoord gegee: Dit is omdat sekeres binne MY Dogter MY Woorde misbruik vir eie gewin en selfregverdiging! Hulle gebruik MY Woord, net soos die Bybel, as wapens teen mekaar om hulle eie planne en eie wil te staaf en te bevredig! Julle weet wie julle is en MY Woord Oordeel julle! MY GEES VAN WAARHEID VERKLAAR DIT AAN JULLE! LUISTER NOU NA MY! MY LIEFDE sal nie mee BESPOT en GELASTER word nie! LIEFDE IS ‘N WERK, dit is ‘n TOESTAND van EWIGE WERKENDE RUS EN KALMTE, TESAME MET GELOOF EN VERTROUE IN MY, TESAME MET VURIGE LIEFDE VIR MY – IN DAAD, WOORD EN GEDAGTE!

Dit is MY Hiërargie vir julle VERLOSSING en dit sal NOOIT verander NIE:

LIEFDE vir MY, EERSTE; DAN LIEFDE vir julle NAASTE; en DAN eers heel laaste LIEFDE vir julleself – wat byna nul moet wees! Ja julle moet julleself versorg volgens MY Orde en ja, julle moet julleself ook liefhê en nie haat nie, omdat EK julle gemaak het vanuit MY LIEFDE. Maar julle maak julleself af asof julle julleself geskape het en so verafgod julle julle eie-liefde, eie-mag, en eie-eer! EK WAARSKU julle nou om te begin LEEF volgens MY EWIGE ORDE van LIEFDE en EK vermaan julle nou om volgens MY WET van LIEFDE te handel, altyd! En ja, MY kinders, julle is in hierdie sondige wêreld en MY teenpool is ook altyd gereed om julle tot ongehoorsaamheid te dwing en te mislei, maar wee julle wat MY GEES van LEIDING verafsku en ignoreer! En ja, hierdie GEES VAN MY BARMHARTIGHEID waarsku en lei julle ALTYD en julle kan MY NOOIT blameer vir ENIGE IETS nie! Dit is JULLE wat MY nie WIL HOOR nie! Hoeveel kere moet EK nog praat, smeek en vermaan!?”

(Ek huil JAHSHUA asseblief ek smeek U! Vergewe ons! Vergewe asseblief! Ek het ook foute groot asseblief MY MEESTER!!!!)

“MY kneg, EK IS LIEFDE en EK vergewe en vergeet altyd, maar hulle wie skuldig voor MY staan vertrap MY LIEFDE, BARMHARIGHEID en GENADE OPSETLIK! Wat moet EK doen? EK IS ALWYS en ALMAGTIG en EK WEET wat EK moet doen! MY WIL geskied altyd ten beste om MY verlore skape terug te kry by MY HUIS! MY WIL geskied ALTYD om julle siele te help en te VERLIG met Waarheid, Geloof, Krag, Wysheid en LIEFDE.

MY Dogter van Sion suiwer EK nou en alhoewel dit SEER maak, moet die wonde skoon gemaak word en die besoedeling moet uitgehaal word sodat die genesing kan plaasvind. Maar weet dit, MY DOGTER VAN SION IS MY EIENDOM en EK sal Haar weer NUUT oprig as Moeder vir MY Volk! HOOR!

Berus nou by MY Wil! MY Dogter, fokus nou op MY, MY Bruid, JY IS MY HART SE PUNT! EK het jou gekies! JY weet dit! Handel volgens MY LIEFDE en Opdragte. Leer om MY Stem in jou hart te hoor en te volg. Breek die Brood vir MY honger volk! Eer MY NAAM en EER MY LIEFDESBANIER oor jou! Spreek MY Seën uit elke dag, hou aan seën en bid! HOU AAN! EK SAL JOU MY HEMELE TOON en EK SAL JOU VERLOS en BEKRAGTIG. Onthou, “NUWE KRAG en NUWE ENERGIE...” Onthou! EK IS LIEF VIR JOU!

“My kneg, gaan nou in rus in, en fokus op MY nou. Wees kalm. Weet dat MY Beloftes is Ewig en MY LIEFDE geskied altyd! EK handel volgens MY Wil van LIEFDE en BARMHARTIGHEID, en die GEREGTIGHEID kom altyd vanuit MY LIEFDESHART. EK sal altyd spreek met MY volk, wees nie bekommerd nie.”

JAHSHUA IMMANUEL JAHWEH.”

Na hierdie laaste Woord vanaf JAHSHUA, het HY my onttrek vir ‘n rukkie volgens SY Gewyde Wil totdat HY weer tot my sou spreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205