Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die weggewerpte hoeksteen - waarvan die tyd nou gekom het - en oor die einde van die valse profete

26 Nou het die tyd van die hoeksteen ook gekom wat die bouliede, veral die van Babel, weggewerp het. Wie hulle nou teen hierdie steen stamp, sal hom te pletter loop, en diegene op wie die bousteen val, sal vermorsel word, soos wat dit nou binnekort en baie binnekort by almal sal gebeur wat die hoeksteen eenkant sit en die hoer van Babel wil aanhang. O, hoe sal hulle nie binnekort kerm en weeklaag nie; maar die verwerpte hoeksteen sal hulle geen hulp bring nie!

[2] Vir `n lang tyd het Ek met die grootste geduld die spel van die varke aangesien, soos wat tydens My aardse lewe die varkoppassers in Gadara hulle varke aangesien het; maar daar was twee erg besetenes in die ou basaltgroewe - want Gadara was `n ou mynstad.

[3] Soos wie lyk die twee besetenes, wat met kettings en toue in die groot, ou groewe vasgehou was, wat, toe Ek kom om hulle kettings en toue stukkend te breek, na My toe loop en vir My sê: “Wat het ons met U te doen, vóórdat ons tyd gekom het?” Kyk, die twee lyk soos die veragtelike, ou gees van wêreldse winsbejag, waarin `n legioen ander bose geeste sit!

[4] Maar omdat die geeste goed gesien het dat dit My erns was, vra hulle My om hulle toe te staan om in die varke in te vaar, en die twee word vry en loof My, hoewel die Gadareners My daarna gevra het om hulle te verlaat, omdat hulle te bang vir My was. En so sal in die toekoms ook die egte gees van die wêreld en sy bedrywigheid My loof, omdat hy deur die mag van My lig bevry is van die legioen van sy bose, selfsugtige geeste, wat weliswaar in hulle varke ingevaar het, maar daarmee ook in die see ten gronde gaan.

[5] Tot die varke behoort alle ultramontaanse* dienare van die hoer van Babel, deur hulle oneerlike, hebsugtige en heerssugtige strewes, waarvan hulle maar al te openlik en hardop blyke gee deur hulle konkordate (pouslike verdrae) en missies, pouslike volmagte en banvloeke. En al sedert die tyd dat die hoer van Babel oor die volkere en hulle konings heers, vaar die legioene bose geeste in die bogenoemde varke, wat hulle vervolgens in die see begin te stort; en in hierdie tyd ook die meeste, vandaar dat hulle ondergang seker is. *(Voorstander van die opperheerskappy van die Pous in die bestuur van die Rooms-Katolieke Kerk).

[6] Die see is hulle hardnekkigheid om in die ou duisternis te volhard en die lig, wat Ek nou in alle takke van die wetenskap en tegniek vanuit die hemele aan alle mense laat toestroom, in alle rigtings te vervolg en te vervloek.

[7] Kyk, dit is die see waarin die varke gedryf word deur die geeste wat al vir `n lank tyd in hulle gevaar het, en waarin hulle hulle sekere ondergang sal vind!

[8] Hulle het `n kuil gegrawe vir My oerlig uit die hemele om dit daarin te verberg vir die oë van die mense en om vir hulle hulle wêreldse voordeel in duisternis te hou; maar Ek het die lig vrygemaak, en nou stort hulle self in die graf in wat deur hulle gegrawe is, waarin My hemelse oerlig moes verstik en ten gronde gegaan het.

[9] Aangesien dit nou vir iedereen se oë kenbaar geword het wat sal gebeur, is dit sinloos om te vra wanneer dit sal gebeur.

[10] Dit is maklik om in te sien dat so-iets nie in één oomblik kan gebeur nie, ewemin soos die nag baie plotseling voor die volle dag kan wyk; maar alles in hierdie wêreld moet sy tyd hê, en geen mens, hoe groot sy talente en kapasiteite ookal is, kan in één dag `n geleerde of `n kunstenaar word nie, en geen enkele vrug van `n boom word plotseling ryp en eetbaar nie. Maar as die bome in die naderende voorjaar vol sap raak en die knoppe sterk begin te swel, dan is dit tog `n sekere teken dat die warm voorjaar en die seënryke somer baie naby gekom het; enkele periodes van ligte ryp daar tussendeur gee geen noemenswaardige deurslag meer nie.

[11] Wat die profeet Esegiël in die 14e hoofstuk voorspel oor die bestraffing van Israel en Jerusalem, geld nou vir die hele valse profetedom: Wat sal en uitgeroei moet word.

[12] Waaruit die valse profetedom bestaan en wie die Fariseërs van die huidige tyd is, dit hoef vir geen enkel, enigsins helder denkende mens nader aangedui te word nie; want iedereen ken die ou vyande van die lig, van die waarheid en die liefde uit My.

[13] As Ek Self vir die apostels gesê het dat hulle niemand mag oordeel, verdoem of vervloek nie, sodat dieselfde, van My uitgaande, hulle nie sou oorkom nie - wie het hulle die reg verleen om hulle, wat deur My Gees die suiwer waarheid gesoek het en nog soek, te veroordeel, te verdoem en hulle die mees verskriklike en afskuwelike banvloeke op te lê?! Daarom sal hulle self in die kuil gewerp word, wat hulle vir baie miljoene mense gegrawe het, en daarin sal hulle bose werke eweneens onverbiddelik en sonder enige erbarming geoordeel word en sal hulle hulle beloning ontvang.

[14] Kyk na alle wêrelddele, dan sal julle ontdek hoe gehaat die valse profetedom van die hoer van Babel by byna alle enigsins beter volke op aarde geword het, en hoe hulle sendelinge ontvang en gerespekteer word! Sekerlik nie op die manier soos wat jy in die hoer van Babel se diensbare bedrieglike blaaie lees nie, maar baie anders. Slegs by baie ruwe en wilde volke kan hulle hulleself nog `n kort tyd handhaaf. Maar wanneer hulle daar - maar al te gou - hulle hebsugtige en heersugtige neiginge, of die wolf onder hulle met skaapsklere homself merkbaar en maklik herkenbaar laat sien, is die sukses van hulle sending ook verby, en moet hulle vinnig spore maak as hulle heelhuids daarvandaan wil wegkom.

[15] Hoe dikwels was hulle al nie na Sjina en Japan nie, waar baie goud, silwer en ander skatte is, en hulle het hulle brutaalste sendelinge gestuur! Solank hulle hulle skaapsklere nie afgelê het nie, was hulle geduldig, en hulle het baie na hulle toe getrek, ter wille van die voorgewende leer van die hemelse vrede; maar toe hulle eenmaal - soos wat mense gewoonlik sê - warm loop en hulle skaapsklere ongemaklik aan hulle begin te sit en hulle begin dink dat hulle nou in hulle ware, innerlike gedaante hulle gang kon gaan, word hulle ook onmiddellik herken in alle dinge wat hulle eintlik wou doen, en die mense gryp hulle en gee hulle hul welverdiende loon.

[16] As die mense in Babel berig ontvang oor hulle verdiende, bose lot, verklaar die mense hulle met baie staatsie gewyd (heilig), hoewel Ek Self gesê en geleer het dat slegs God gewyd (heilig) is. Maar vir sulke heiliges kan Ek maar net sê: “Ek ken julle nie en het julle nooit geken nie; gaan dus uit My oë en soek julle heil en beloning by hulle in wie se naam julle dit gepredik en gehandel het! Want in My Naam het julle nooit gepreek en nog minder gehandel nie; want sedert julle kinderjare het julle teenoor niemand `n daad van ware naasteliefde verrig, soos wat Ek dit geleer het nie, omdat julle nog nooit in My die geloof gehad het nie, maar net My Naam tot julle wêreldse voordeel misbruik het, en daarom het julle van My ook geen loon en geen barmhartigheid te verwagte nie. Gaan nou dus maar na hulle wat julle gedien het en verlang jul beloning van hulle!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205