Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die burgemeester van Abila

66 Hierna laat die kommandant die burgemeester binnekom, en vra hom dadelik by sy binnekoms in ons groot en pragtig ingerigte eetsaal, wat hy wens.

[2| Die burgemeester, wat `n man met baie verstand en uitgebreide ervaring was en die huis van die Judeërs tevore sowel van binne as van buite maar al te goed geken het, sê vol verbasing: “Hoë gebieder in die naam van die groot en magtige keiser in Rome, die grootste en magtigste stad ter wêreld! Omdat ek hoor dat u hier is, vanweë ferm en seker dringende ampsake, is dit tog nie meer en nie minder as my geswore heilige plig om my opwagting by u te maak en u vol diensbetoon te vra of u wel my dienste nodig het nie. En so staan ek nou ook vol verbasing hier voor u, en ek dink by voorbaat al dat u my dienste nouliks nodig sal hê; want u was in staat gewees om in die geheim die volkome geruïneerde huis van die arme Judeërs in `n ware paleis te verander, sonder om my maar daarvan selfs in kennis te stel en my hulp in te roep - daarom sal ek ook hierdie keer wel heeltemal oorbodig vir u wees. Maar sou u my tog vir iets kon gebruik, so staan ek u selfs met my lewe ten dienste!”

[3] Die kommandant sê: “Bly nou maar hier; want hierdie keer sal jy my nog in menige opsig moet dien! Maar gaan eers sit en drink `n beker van die oudste en beste wyn, wat uit oerou tye stam en goed bewaar in skoon klipvate gevind is, in `n kelder wat geheel versteek was!”

[4] Die burgemeester gaan dadelik by die kommandant sit, neem die beker en beproef die wyn eers; toe hy volledig oortuig raak van die kwaliteit daarvan, drink hy die wyn uit die beker met aansienlike slukke en sê: “Ek het tog al menige druppel beproef van die beste wyn wat ek ken; maar `n beter een as hierdie het nog nooit oor my lippe gevloei nie! O kommandant, u staan algemeen bekend as in alle opsigte `n groot man en `n held sonder weerga, wat vanweë sy dade deur baie geroem en geëer word, maar vergeef my dat ek hier `n klein opmerking maak: As dit alleen u werk is, dan is u wel meer `n God - as `n mens! Wat hierdie ou kasteel in so `n kort tyd so koninklik kon herstel sonder dat ek dit gemerk het, dit kan alleen vir gode moontlik wees, maar nooit vir mense nie, al werk julle hoe hard en het julle hoeveel insig; want selfs die beste en kundigste bouliede sou met die herstel van so `n ruïne seker meer as tien jaar volop werk gehad het!”

[5] Die kommandant sê: “Jou opmerking is heeltemal waar - dit is net nie op my van toepassing nie! Maar op wie wel?- dit sal jy weldra te hore kry en my daarna eers ten dienste staan; maar drink nou!”

[6] Hierop laat die burgemeester sy beker nog eens vul en drink hom ter ere van die wonderbaarlike, met ware goddelike krag begiftigde restourateur van hierdie ou kasteel tot op die laaste druppel leeg. Daarna sê hy: “Hoë gebieder, nou sal ek - as u dit goedvind - my daarvan wil oortuig of die hele kasteel wat vroeër baie vertrekke moes gehad het, te oordeel aan die baie groot ruïne, hulle in dieselfde goeie boukundige staat bevind as hierdie groot eetsaal, wat voorheen deur allerlei ongediertes bewoon was!”

[7] Die kommandant sê: “Dit kan ons sekerlik doen, as die Een onder ons, wat jy nog nie ken nie, dit goedvind!”

[8] Ek sê: “Ek vind dit heeltemal goed so; want die heidene, en veral die starre Stoïsyne, soos wat hierdie burgemeester één daarvan is, kan alleen maar deur groot tekens bekeer word tot die geloof in die een, enige ware God en Heer van hemel en aarde van die ewigheid, vir wie alle dinge moontlik is wat deur Sy woord alles uit Homself geskape en vorm gegee het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205