Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Hoe ware leerlinge van die Heer hulle moet gedra

90 Nou staan Ek ook op van My stoel, loop met `n vriendelike gesig na die heidense priesters en die burgers van hierdie stad en sê: “Luister, as julle in My Naam met die korrekte, onbaatsugtige naasteliefde My lig en ryk uitbrei onder julle broeders en susters, wat nog in diepe duisternis smag, sal julle self steeds meer verlig en sal julle lewe steeds meer volkome word, maar eers sal aan julle dinge geopenbaar word waarvan julle nou nog geen vermoede het en ook nie kan hê nie!

[2] Bly voortaan trou aan die voorneme, en laat dit nie verdring deur die bekoringe van hierdie wêreld nie; dan sal julle in My bly en Ek in julle!

[3] Probeer eers die wêreld in jouself te oorwin, dan sal dit daarna ook makliker vir julle wees om haar ook in jou broeders te oorwin! Niemand kan sy naaste iets gee wat hy nie eers self besit nie. Wie in sy broeder liefde wil wek, moet hom met liefde tegemoet kom, en wie in sy medemens deemoed wil opwek, moet met deemoed na hom toe kom. So wek sagmoedigheid weer sagmoedigheid op, geduld wek geduld, goedheid wek goedheid en barmhartigheid wek barmhartigheid.

[4] Neem almal `n voorbeeld van My! Ek is die Heer oor alles in die hemel en op aarde, in My is alle mag, heerskappy en krag, en tog is Ek van ganser harte vol liefde, deemoed, sagmoedigheid, geduld, goedheid en barmhartigheid. Julle moet almal net so wees; dan sal mense daaraan duidelik sien dat julle werklik My leerlinge is!

[5] Wees onderling vir mekaar lief soos broeders, en bewys mekaar goeie dinge! Laat niemand hom bokant `n ander verhef en die eerste wil wees nie; want Ek alleen is die Heer - julle is almal net broeders. In My ryk sal net hy die eerste wees, wat die minste is en steeds bereid is om sy broeders in al die goeie en ware te dien.

[6] In die hel aan hierdie en aan die ander kant, die ryk van die duiwels en alle boosaardige geeste, is die mees hoogmoedige, trotse, selfsugtige en heerssugtige geeste die eerste, en `n kwelling vir die laeres en kleineres; hulle is daarop uit om die ander in meerdere of mindere mate in `n bepaalde soort deemoed, gehoorsaamheid en onderdanigheid te hou; maar in My ryk is dit nie so nie, maar dit is soos wat Ek julle nou gesê het.

[7] Kyk na die grotes van hierdie wêreld, wat op hulle trone sit en oor die volkere heers! Wie mag hulle anders as net met die grootste onderdanigheid benader? As iemand dit sou waag om `n heerser met `n gebiedende houding te benader - wat sou sy lot wees?

[8] Kyk, so is die orde in die hel ook; maar onder julle, My leerlinge, moet dit nie so wees nie, maar net soos wat Ek dit vir julle getoon het!

[9] Die grotes in die wêreld laat hulle lank smeek, voordat hulle iemand `n weldaad bewys asof dit `n buitengewone barmhartigheid is; maar julle moet die bewys van `n weldaad eers deur een van julle naastes laat vra. Want julle kan wel God, die ware Heer en Vader van ewigheid, om alle goeie dinge vra, en dit sal julle ontvang; maar broeders onder mekaar moet nie om weldade laat vra nie.

[10] As `n deemoedige, arm broeder egter sy ryker broeder iets vra, moet die ryke nie weier om vir die arm te doen wat hy hom gevra het nie; want die een hardvogtigheid wek die ander op, en daarin is My ryk nie.

[11] Wat se nut sou dit vir die mens gehad het om in homself te sê en te bely: “Heer, Heer, God van hemel en aarde, ek glo sonder twyfel dat U die enige, ewige ware, alwyse en almagtige Skepper van alle materiële en geestelike wêreld is, en dat alles wat leef, dink en wil alleen vanuit U leef, dink en wil!”

[12] Ek sê julle dat dit niemand ook maar enigsins tot werklike heil van sy siel sou dien nie, maar so `n geloof sal alleen heilsaam wees vir sy siel as iemand met alle vreugde doen wat Ek hom aangeraai het om te doen; want iemand wat vriendelik en bereidwillig My wil doen, doen met die weinige wat hy kan doen, tien keer meer as diegene wat hulle lank laat smeek en hulle daarna beroem op die doen van liefde teenoor sy naaste en trots daaroor is.

[13] Doen, soos wat julle dit nou uit My mond gehoor het, dan sal dit vir julle daardeur eers werklik in julleself duidelik word dat My woorde waaragtig God se woorde is; daardeur sal julle My Gees in julleself wek, en sy sal julle in alle wysheid van die hemele binnelei, julle reinig vir die ewige lewe en tot ware kinders van God maak.

[14] En nou weet julle voorlopig genoeg om die ewige lewe van julle siel te bereik; meer hieroor sal julle - soos wat al gesê is - van hierdie herbergier en die se twee bure te hore kry, en die mees volkome eers daarna, deur My Gees van liefde in julle. - Het julle dit alles goed verstaan?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205