Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die korrekte soek van God

97 (Die Heer:) “Jy sê ook dat jy self aan geen enkele godheid meer waarde heg nie, omdat jy al solank na `n ware godheid gesoek het en, ondanks jou ywerige soeke, het een jou nog nooit uit die verte genader nie.

[2] Nou het jy vir jouself natuurlik wel vir `n lank tyd `n egte godheid gesoek, en jy het daar nog geeneen te siene gekry nie; maar jy moet ook bedink dat jy die ware godheid maar baie eensydig en egoïsties gesoek het. Jy wil alleen self seker daarvan wees dat daar `n ware godheid bestaan, as `n groot lewensvriend vir jou, en dat die siel van die mens na die liggaamlike dood ewig voortleef; maar die volk moes in sy ou domheid en volkome blindheid versmag en aan julle priesters offer soos tevore!

[3] By die een, enige ware God geniet `n priester egter nie die minste voorkeur bokant selfs die mees onbeduidende lykende mens uit die volk nie. By God bestaan daar geen rangorde vir die mense nie; by Hom staan keiser en bedelaar op dieselfde trap. Slegs hulle geniet by God die voorkeur, wat Hom volgens volle waarheid herken, Hom bo alles liefhet en sy medemens soos homself, en die gebooie van God, soos wat dit deur Moses gegee was, in ag neem, in alles deemoedig is en van niemand iets onregverdig verlang wat in stryd is met die orde en die wil van God nie; nóg met geweld nóg met lis, want al sulke dade is in die oë van God `n gruwel.

[4] Maar julle priesters het die volk altyd baie grof behandel en bedrieg, en dus sal jy nou goed insien waarom die een en enige ware Godheid Hom ondanks al julle soeke nie deur julle wil laat vind nie; want die Godheid sien maar al te duidelik dat julle die volk, louter uit wêreldse oogmerke, tog in die ou duisternis wou laat, soos wat dit ook by baie priesters van Egipte die geval was.

[5] Hulle het goed geweet waaraan hulle met die een, enige ware God toe was, maar die gewone volk moes glo wat hulle hulle voorgehou het om te glo; en omdat die priesters so gehandel het, het God hulle ook met blindheid geslaan - en in die blindheid bevind julle jul nog en sal julle jul nog `n lang tyd bevind, as julle jul nie van die wêreld afkeer en met die korrekte en in alle opsigte volkome waaragtige beweegredes God, Sy geestelike ryk en die suiwer geregtigheid daarvan soek nie.

[6] Wie God met alle liefde, sagmoedigheid, deemoed, geduld en volkome selfverloëning soek, vind Hom, wat die hoogste lewensgoed is, en wie God nie op die manier soek en vind nie, het van Hom ook geen buitengewone hulp te verwag nie.

[7] God sorg in Sy onmeetlike liefde weliswaar vir alle mense, soos wat Hy volgens Sy ewige, onveranderbare orde ook vir alle skepsels in die eindelose groot geheel sorg; maar op `n spesiale en buitengewone manier sorg Hy alleen vir hulle wat Hom werklik herken het, doen wat Sy wil aan hulle geopenbaar het en Hom so waaragtig in al hulle handelinge bo alles liefhet.

[8] Jy het die een, enige ware God werklik vir `n lang tyd met groot ywer gesoek; maar vra jouself nou eers af of jy God ooit gesoek het op die manier wat Ek dit nou aan jou getoon het.

[9] Ek sê vir jou: Nie diegene wat sê: “Heer, Heer, waar is U? As ek as U skepsel U soek en vanuit die duistere diepte van my lewensnag tot U roep, waarom laat U Uself nie vind nie, en waarom antwoord U my nie en sê: “Hier is Ek!?- sal God die Heer nie vind en by Hom kom nie, maar alleen diegene wat God soek op die manier wat Ek jou nou getoon het.

[10] Kyk, jy het Moses en die profete gelees en dit wat God van die mense wil hê, duidelik uitgespreek gesien in die welbekende tien gebooie; en die gebooie beval jou so goed, dat jy baie dikwels vir jouself sê: “Waarlik, wyser wette, wat geskikter is om vir die ware geluk en welsyn van alle mense te sorg, bestaan daar in die hele wêreld nie, en mens kan gevolglik aanneem dat hulle werklik van `n goddelike wese afkomstig is!”

[11] Maar as jy so by jouself kon spreek - waarom is dit dat dit nie één keer in jou opgekom om die wette by jouself in dade om te sit nie? As jy dit sou gedoen het, sou jy God ook al gevind het; maar jy vind allerlei wêreldse redes om die wette weliswaar te bewonder, maar nie in dade om te sit nie.

[12] Laat egter van nou af aan die wette by jou tot dade word, vergoed iedereen soveel moontlik wat jy hulle aan kwaad berokken het en vat voorlopig die vaste wil daartoe op, dan sal jy vinnig en maklik Die Een vind wat jy so lank tevergeefs gesoek het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205