Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die omstandighede in die gesin van Hiponias, die vader van die drie diewe

21 Nojed sê: “O wyse Vriend, dit lyk wel baie naby die waarheid te kom, en so sal dit ook wel wees; want daar staan immers geskryf dat God se raadsbesluite onnaspeurbaar en Sy leiding en weë ondeurgrondelik is. Maar waarom moes ons moeder, wat tog altyd streng volgens die wette van die tempel gehandel en geleef het, en ook ons vier volkome onskuldige susters, so geheel en al deur JaHWeH verlaat word? As die leer van die tempel `n volkome vernielde en met voete vertrapte leer is, wat kon ons moeder en ons arm onskuldige susters daaraan gedoen het? Soos ons as `n vasstaande feit gehoor het, het ons moeder spoedig na haar intrede in daardie mooi tehuis van God, gesterf - waarskynlik aan vergiftiging - en manne het ons susters onmiddellik verkrag, en wie weet wat daar verder nog met hulle gebeur het. Kon die goeie en baie wyse God van die Judeërs dan ook `n welgevalle daaraan gehad het, aangesien Hy dit toegelaat het? As U ons ook daaroor kan gerusstel, sal ons ook vas gelowige Judeërs bly!” 

[2] Ek sê: “O, niks is makliker as dit nie - luister dus! Julle vader, wat Hiponias heet - netsoos die oudste van julle - was `n Judeër, wat tot die Judeërdom bekeer was volgens die suiwerder leer van die Samaritane. Hy kon nie vat kry aan die sinlose seremonies en allerlei ander bedrieëry van die tempel nie. Maar daarby het hy dit steeds moeilik gehad met sy vrou, wat netsoos julle susters, netso geword het soos sy, naamlik egte tempeldwase. Julle eerlike vader het dus van verdriet doodgegaan en God nog op sy sterfbed gebid of Hy nie sy vrou en sy dogters nog tydens die aardse lewe wil laat weet dat hulle nie Sy weë nie, maar die weë van die vors der leuens en mag van die dood bewandel. En God het die gebed van julle vader verhoor, wat Hom steeds geheel en al trou toegedaan was in die waarheid.  

[3] En welke middel sou daar geskikter en beter gewees het vir die vyf vroue, wat hulle heil geheel en al van die tempel verwag het, as om hulle daardie so hoogstaande heil van die tempel te laat proe? Weliswaar het die aardse lewe van julle moeder, wat die grootste tempeldwaas was, in die tempel geëindig, maar daarby het sy geheel en al teruggekeer tot die ware geloof van haar man, wat sy soveel verdriet besorg het, en sy het geleer om die doen en late van die tempel uit die grond van haar hart te verag. En julle susters het die “engele van God” wat hulle bedien het, baie gou uit eie ervaring en onder baie trane heelwat nader leer ken en het baie vinnig `n groot afsku van hulle gekry. As gevolg van `n hoër beskikking en toelating van God bevind hulle hulle nou heeltemal gesond en vervul van die regte geloof en vertroue in die enig ware God van die Judeërs in Essea, in die huis van die herbergier van die groot herberg by die plein, waar julle hulle per geleentheid kan ontmoet en spreek. Maar vandag is dit nog maar net die vierde dag, dat hulle deur twee ortodokse fariseërs met nog verskeie ander ter genesing daarheen gebring is. Alle verdere besonderhede sal julle te gelegener tyd uit hulle eie monde kan hoor.

[4] En kan julle nou nog steeds beweer dat die God van die Judeërs, `n versinde, sinlose fabel is, noudat julle dit almal weet?”

[5] Nojed sê: “Vriend, jy is `n Profeet; ons glo Jou, en ons glo nou ook weer in die God van Abraham, Isak en Jakob! Want as Jy geen profeet was, vervul met die Gees van JaHWeH nie, dan sou Jy nie so presies ons name en nog minder ons mees geheime lewensomstandighede kon geweet het nie. Daarom is nou opnuut alle eer aan die enig ware God van die Judeërs, wat ons deur Sy sorg so wonderbaarlik tot ware mense gemaak het! In welke land het Jy profeet geword? Is jy ook `n Samaritaan?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205