Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die voorwaarde vir `n persoonlike openbaring van God

37 (Die Heer:) “Nou moet julle dit almal natuurlik net glo; maar as julle geloof deur werke lewend sal word, sal julle deur julle lewende geloof begin te aanskou, self te voel en ten diepste oortuig te raak, en dit is baie beter vir die siel van die mens, as wanneer sy iets eers as oortuigend waar aanneem, wanneer sy dit vir haarself deur haar eie soek en speur met groot moeite langs die weg van die ervaring haar eie gemaak het. 

[2] Weliswaar is so `n soekende en ywerig speurende siel sekerlik ook haar loon werd, omdat elke arbeider immers sy loon werd is, maar as `n siel die waarheid, wat sy soos gesê, verneem uit God se mond, glo en daarvolgens handel, is dit beter; want sodoende verenig sy deur die liefde My Gees met haarself, en dit kan haar in `n uur meer ligtende wysheid gee, en doen dit ook, as wat sy langs die weg van eie ondersoek in honderd jaar kan verwerf. Maar daarom sou `n vroom, gelowige siel die regte soek en speur nie aan laat slap lê nie! Want elke mens moet alles ondersoek wat hy van mense hoor en die goeie, wat ook altyd waar is, behou; maar wat maklik herkenbaar deur Myself aan die mense geopenbaar word, hoef die mens nie uitvoerig te ondersoek nie, maar dit hoef hy maar net te glo en daarvolgens te handel; dan sal hy weldra baie duidelik merk dat dit eg werk.

[3] Wie in My glo, My wil doen en My bo alles liefhet en sy naaste soos homself, na hom toe sal Ekself kom en My getrou aan hom openbaar. In die toekoms sal dit egter ten slotte so wees, dat elkeen wat waaragtig na My as die ewige waarheid verlang, deur My onderrig sal word; want Ek, wat die waarheid in die Vader is, is soos `n Seun, maar die ewige liefde in My is die Vader. Wie dus deur die liefde of die Vader aangetrek word, kom ook tot die Seun of wel tot die waarheid.

[4] Daarom is dit beter om My deur middel van die liefde te nader as deur die ondersoek van die suiwer waarheid. Want met die liefde kom onvermydelik ook die Gees van Waarheid, wat netsoos met die vuur, wat tot `n lewende vlam opgelaai is, die lig kom; as iemand egter wel `n ver lig sien en dit agterna hardloop, sal hy beslis langer werk hê voordat hy die plek van die lig kan bereik, om daar ook deur die lewende vlam van die lig tot lewe verwarm te word.

[5] Wie God werklik soek, moet Hom in sy eie hart soek, dus in die gees van die liefde, waarin al die lewe en alle waarheid verborge is, dan sal hy God en Sy ryk ook vinnig en maklik vind - langs elke ander weg egter met moeite, en in hierdie wêreld dikwels gladnie.

[6] In die Skrif staan ook dat die mens God moet aanbid. Maar hoe moet hy God aanbid, as hy ten eerste God nog nooit anders geken het as van hoorsê nie en daarby nouliks glo dat daar so `n God bestaan, en as hy ten tweede in die verste verte nie weet wat dit wil sê om God te aanbid nie! Aan daardie lippegebed, waar die hart geen deel aan het nie, kan God, wat die ewige en suiwerste liefde self is, tog geen welbehae hê nie.

[7] God aanbid wil sê: Om Hom steeds bo alles lief te hê en sy naaste soos homself. En God werklik liefhê wil sê: Heel getrou Sy gebooie te hou, ook onder mees onaangename lewensomstandighede wat God, as dit volgens Sy liefde en wysheid op die een of ander manier nodig is, oor hierdie en anderkant laat kom as versterking en lewensoefening vir sy siel, wat te sterk deur die materie aangetrek is; want alleen God ken elke siel, haar natuur en eienskappe, en weet ook die duidelikste en beste hoe die siel op die ware lewensweg gehelp kan word.

[8] God is in Homself dus die hoogste en suiwerste Gees, omdat Hy die suiwerste Liefde is, en moet daarom deur diegene wat Hom eg wil aanbid, in die Gees en in Waarheid aanbid word, en wel sonder onderbreking gedurende die hele lewe, netsoos ook alle engele dit in die hemel ewig doen!

[9] As die lippegebed `n goeie en God welgevallige manier van aanbid sou wees en God dit van die mense en engele sou verlang, dan sou Hy net so swak, ydel en onwys gewees het soos `n blinde en hoogmoedige fariseër, wat deur elkeen bo alles hoog geëer wil word en oor elkeen wil heers. Want as `n mens dag en nag met sy mond tot God sou moet bid, en wel sonder onderbreking, waar sou hy dan die tyd vir ander noodsaaklike werk vandaan kry en hoe sou hy dan homself en syne die noodsaaklike voeding vir die liggaam kan verskaf? Helaas bestaan daar onder die Judeërs nou `n groot aantal van sulke dwase, en die sal ook in die toekoms bestaan, wat God met bykans eindelose lippegebede aanbid en dink dat dit `n egte godsdiens is en dat God welbehae daarin het, in die besonder wanneer daardie gejammer van die lippe met allerlei seremonies vergesel gaan.

[10] Maar waarlik, Ek sê vir julle almal: Waar Ek op die manier deur die mense aanbid en geëer word, sal Ek dadelik My gesig afkeer en nooit aandag skenk aan so `n aanbidding en verering nie, en wel om die mense prakties te laat sien dat dergelike aanbiddings en vererings `n ware gruwel vir My is en dat Ek nooit aandag daaraan skenk nie, en al heeltemal nooit wanneer hulle deur priesters vir geld verrig word nie. Want diegene wat bid terwyl hy deur iemand daarvoor betaal word, mompel net vir die skyn so `n gebed vir hom uit, meestal sonder enige geloof, terwyl diegene vir wie daardie gebed sou moet help, self te traag is om sy knieë vir God te buig en daarom liewer `n ander vir hom laat bid.

[11] Wees dus vir God lief bo alles en julle naaste soos julleself, doen selfs goed aan diegene wat julle kwaad doen en bid op dieselfde manier ook vir julle vyande, bid eweneens vir hulle wat julle haat en vervloek en vergeld geen kwaad met kwaad nie - behalwe in die uiterste geval van nood, om daardeur miskien `n egte misdadiger van die weg van die sonde op die weg van die deugde te bring - dan sal Ek so `n egte en lewende gebed met die innigste vaderlike welgevalle aansien en werklik geeneen van julle gebede onverhoord laat nie! Maar `n suiwer lippegebed sonder hart of sonder die volste geloof sal Ek nooit aansien of hoe dan ook verhoor nie. Nou het Ek julle volgens waarheid die regte lewensweg getoon; wandel en handel aldus, dan sal julle sodoende in My wees en bly, en Ek in julle!

[12] En diegene in wie Ek is deur sy liefde vir My en van daaruit vir sy naaste, sal nie in die nag van die oordeel en die dood van die siel wandel nie, maar steeds in `n volkome helder lewensdaglig.

[13] En sê My nou, My beste seun, hoe en of jy dit begryp het. Want as jy dit goed begryp het, sal jy ook op die juiste manier daarvolgens handel en sal dit lig in jou word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205