OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 124
Ek weet en Ek verstaan
03 Januarie 2008 om 12h15
Omdat Ek jou swakhede verstaan, beteken dit nie dat Ek jou sondes goedkeur nie. Ek, wat in alle opsigte net soos julle versoek is, het jou geroep tot ‘n lewe van oorwinning deur die krag van My inwonende Heilige Gees. Ongelukkig beroof die dinge, wat julle gerieflikheidshalwe “swakhede” noem en werklik maar net sonde is, julle geestelike lewe van jou groei en krag. Dit skep ‘n struikelblok tussen julle en My.
Sover dit My aangaan, is daar nie iets soos geringe sondes nie, want alle sondes skei jou van My, julle Meester. Sodra daar ‘n verswakking in julle verhouding met My is, sal julle altyd nietige verskonings vind om julle afvalligheid te verdedig. Ek, julle Messias, praat nooit sonde goed nie. Ek verstaan julle swakheid en broosheid, bied vergiffenis aan en reinig, red en gee aan julle geestelike krag om oorwinnend te lewe.
Ek kyk by julle sondes verby en sien wat julle kan word deur die krag van My Heilige Gees. Ek sien julle nie as worstelende, mislukte en onvolmaakte wesens nie, maar as kanale van My genade wat My wil doen op die terrein waarin Ek julle in die lewe geplaas het. Omdat Ek weet hoe julle is, weet Ek van julle potensiaal en Ek begeer om julle te lei tot die volmaaktheid wat Ek vir julle beskik het.
Sonde is nie pynlik omdat dit verbied word nie. Dit word verbied omdat dit pynlik is.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205