OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 190
Die eindoorwinning.
19 Januarie 2008 om 04h00
In My profetiese preke (Matt. 24 en 25) en veral in Openbaring, vind julle dinge wat op die toekoms betrekking het. In breë lyne word hier die geskiedenis van die Nuwe Bedeling getrek. So vind julle telkens in die Skrif dat dinge wat baie eeue van mekaar verwyder is, in een asem in die profesieë genoem word. Kyk in Matt. 24 lees julle byvoorbeeld die voorspelling van die verwoesting van Jerusalem en onmiddellik daarna praat Ek, Jahweh, Jahshua van dinge wat eeue later eers sou plaasvind. En tog hou hierdie dinge ook met mekaar verband. Uiteindelik sal die wêreld om dieselfde rede verwoes word en dit is omdat My volk My verwerp het. Namate die einde egter naderkom, sal die natuurverskynsels en hulle voorkoms al korter op mekaar en al erger wees. Kyk, die Skrif voorspel dat die ongeregtigheid sal vermeerder, terwyl die liefde van die meeste sal verkoel. Daar sal oorloë en gerugte van oorloë wees, terwyl nasies teen mekaar sal opstaan. Allerhande natuurrampe sal die wêreld teister: Aardbewings, hemelliggame uit hul bane geruk, hongersnode en pessiektes. Ook hierdie dinge merk julle al hoe meer op. Namate die einde naderkom, sal die mens se innerlike ook al hoe meer veranderinge ondergaan. Julle sal ‘n massamens word wat die valse godsdiens navolg. Ja, al duideliker sien julle hierdie dinge in julle tyd na vore tree en word julle as gelowiges geroep om julle voor te berei vir die tyd van vervolging. Wanneer die mens nooit meer aan My, Messias en My wederkoms dink nie, sal Ek weer kom. Sigbaar sal Ek vir almal verskyn, dan sal almal sien dat Ek die Koning van hemel en aarde is en die bevoegdheid het om alle mense te oordeel. Dit beteken dat die mense, wat werklik in My as hul God en Verlosser geglo het, en die egtheid van hulle geloof deur die doen van goeie werke bewys het, vrygespreek sal word. Sal jy gereed wees om My te ontmoet as Ek verskyn?
Kyk, Ek herhaal weer soos voorheen: Ja, Ek kom gou! Wees gereed!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205