OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 137
Die lig in die duisternis.
06 Januarie 2008 om 10h53
Vir baie jare reeds lyk dit nou al of die wêreld in ‘n toestand van chaos verkeer. Die mensdom het, benewens dosyne mindere konfrontasie tussen nasies en mense in die afgelope eeu, reeds twee wêreldoorloë beleef. Wetteloosheid en geweld het in die jongste tyd hand oor hand toegeneem. Lewenskoste bly steeds aan die styg en mense leef ‘n vreesbevange, onsekere lewe. Ja, julle vra: “Wat is dan die antwoord op hierdie toestand?”
Daar kan maar net een antwoord wees en dit is om jou vertroue en geloof onverskrokke op My, Jahshua Messias, te plaas. Ek het ‘n donker, vyandiggesinde wêreld oorwin en vrees met liefde vervang. Ek het hoop herstel waar toestande hopeloos gelyk het. Aan julle wat in My glo, het Ek die seën van My vrede gegee wat alle verstand te bowe gaan.
Dit is jou antwoord op die duister verwarring en vrees van julle tyd. Glo in My en My beloftes; plaas jou vertroue onvoorwaardelik op My en Ek sal jou uit die duisternis uitlei tot in die lig van My onpeilbare liefde vir jou. As jy dit doen, sal jy nie meer oor die toekoms bekommerd wees nie, want jy sal deurgaans deur My vrede beskerm word.
Kyk, Ek skenk volmaakte vrede aan My kinders in hierdie donker wêreld. Julle liefdevolle Meester.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205