OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 173
Vir die dae wanneer alles verkeerd loop.
15 Januarie 2008 om 23h50
Wanneer die een kleurlose dag met ‘n sleurgang die volgende met eentonige reëlmaat opvolg en dit vir jou lyk of jou lewe geen sin of doel het nie, ontwikkel ‘n mens maklik die gesindheid dat niks eintlik in die lewe die moeite werd is nie en dat alles vir jou maar net verkeerd loop. As dit jou ongelukkige ondervinding is, bewys dit dat jy besig is om jou greep op die lewe te verloor of reeds verloor het. Die lewe moet doel en betekenis hê as jy sinvol wil lewe. Ja, jy vra, hoe is dit moontlik om so ‘n negatiewe gesindheid te ontwikkel? Moontlik verrig jy nou al jare lank dieselfde werk en sover jy kan sien, sal jy dit nog vir baie jare doen. Wat, mag jy met reg vra, is die nut om te dink dat sake sal verander? Jy voel asof jy in ‘n doodloopstraat is waaruit jy nooit sal kan ontsnap nie.
Een van die feite van Christelike wedergeboorte is dat dit jou gesindheid verander. Waar jy vroeër sonder hoop of verwagting gelewe het, plant Ek, Messias, nuwe hoop in jou hart en laat Ek alle terneergedruktheid en wanhoop verdwyn. Wanneer jy in My waarlik begin lewe, kyk jy met nuwe oë van begrip en liefde na die lewe en jou medemens. Hierdie konsep van lewe wat Ek oordra, gee aan die lewe sin en betekenis, sodat jy nooit hoef te vra nie: “Is dit die moeite werd om te lewe?“ Wanneer My kragtige gedagtes jou denke vul en die Heilige Gees se krag jou gees deurweek, besef jy die ryke kwaliteit van jou geloof en sal jy nooit weer die sin van die lewe bevraagteken nie.
Moenie vrees dat jou lewe tot ‘n einde sal kom nie, maar eerder dat dit saam met My sal begin. Wees lief vir My, julle Vader en Meester in die hemel.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205