OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 158
Liefde is die sleutel.
12 Januarie 2008 om 02h45
Daar is diegene wat dit uiters moeilik vind om te vergewe. Wanneer jy, of iemand wat jy liefhet, ly as gevolg van iemand anders se optrede, is die neiging om weersin in jou hart te huisves teenoor die persoon wat daarvoor verantwoordelik is, in plaas van volkome vergiffenis te skenk. Ware vergiffenis vereis totale reiniging. Jy kan nie voorgee om te vergewe en dan steeds ‘n grief handhaaf teenoor die betrokke persoon nie. Vergiffenis vereis dat die lei skoon gevee word en dat jy van voor af begin, sonder enige kwade gevoelens in jou hart. Dit is natuurlik nie menslik moontlik nie, maar met My, jou Elohim, word die onmoontlike wel moontlik. Die eerste stap op die pad na vergiffenis is noodwendig gebed. As jy jou of iemand na aan jou te na gekom het, moet jy vir die oortreder bid. Vra My om daardie persoon te seën en aan jou die genade te gee om dit ook te doen. Bid dat My liefde alle bitterheid sal wegneem, sodat die helende balsem van My vrede deur jou wese kan vloei. As dit eers gebeur het, sal jy vind dat die struikelblok van bitterheid verwyder is en die liefde van My, Elohim, sal jou in staat stel om vergiffenis onvoorwaardelik te skenk.
My liefde het oorwinning behaal oor die Bose in sy barbaarsste vorm. Waarom sal jy nie probeer om dieselfde liefde toe te laat om jou van jou bitterheid te genees nie?
Hy wat ander nie kan vergewe nie, breek die brug af waaroor hy self moet stap: elke mens het behoefte aan vergiffenis.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205