OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Gee die eerste tree
05/12/07 om 21h00
Julle wat in Christus verlos is en na sy beeld vernuwe word, kan geen plesier hê in kleinlike foutvinderigheid nie. Ja die wêreldling is bly om iets slegs van ander te hoor en dit voort te fluister. Die verlore jy, plaas graag allerlei vraagtekens agter ander se goeie naam, en praat graag oor hulle, maar nie met hulle nie. Die balk in jou eie oog is vir jou nie belangrik nie. Geestelike hoogmoed vertroebel altyd Christelike onderskeidingsvermoë. Sondige kleinlikheid is ‘n slypsteen wat die tong venyniger slyp.
Jou verhouding met Christus heilig jou verhouding met jou naaste en jouself. Soos jouself, mag jy nie jou naaste onderskat of oorskat nie, nie onteer of kwes nie. Die splinter moet nie befluister word nie, maar uitgehaal word, want met tere liefdeshande word aan ‘n oog gewerk. Foute in ander se lewe kan deur My genade herstel word en hiertoe roep Ek ook vir jou. En jy mag die balk in jou oog nooit vergeet nie.
Ja, jy mag nie ‘n oog verag omdat daar ‘n splinter in is nie. Die sonde kan vergewe en verwyder en oorwin word en elke kind van My moet die sonde haat en die sondaar liefhê en help om onkruid oral te bestry, om splinters van sonde uit gekweste oë uit te haal. Jy werk nie aan ‘n oog met ‘n draadtang nie. Doelgerigte sensitiwiteit is ook nodig wanneer met foute van jou naaste gewerk word. Daarom moet jy bid om nie onhandig of hardhandig met ander se tekortkominge te handel nie.
Te veel kinders van My word geleef. Julle reageer op hoe ander is en doen. Julle lewe word deur ander bepaal, in plaas van om inisiatief te behou. Julle is op aarde soos Christus, om te dien, om die wêreld beter te maak. Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen. Inisiatief lê nooit by ander nie, maar by jou vir wie Ek so goed is.
Die kinders van My, julle Vader, mag nie op die breë weg, waarop so baie met genot leef, loop nie. Jy moet seker wees waarheen jou voetstappe lei. Waar gaan jou pad eindig: Is jy op die pad na die Vaderhuis met sy vele wonings?
Die goeie vrugte wat jou lewe toon, moet die egtheid van jou bekering bewys. Ek vra praktiese godsdiens. My wil moet gedoen word. Luister en doen Die Bybel en sy Boodskap moet in en deur ons ideale, gesindheid, woorde en werke gesien word. In vreugde en rou word My kinders van angs, magteloosheid en ligsinnigheid bewaar. Die reën en die wind kan aanstorm, maar die fondament is op die rots.
Om vir My en die wêreld tot nut te wees, moet jy van jou verlossing seker wees. Jy moet geroep en gered wees deur Christus wat nie net na die wêreld gekom het nie, maar ook in jou lewe is. Ja, Ek onthef niemand daarvan om ‘n dissipel vir Christus te wees nie. ‘n Kind van My is ‘n getuie vir My wat weet om jou nie hieroor te skaam nie,
Ek roep jou om die voortou te neem. Julle wag te veel op ‘n gunstige geleentheid en so gaan die genadetyd verby. Wie roem in die onuitspreeklike wonder dat Ek jou eerste liefgehad het, wie voller word van wederliefde, toon die vindingrykheid en die sensitiwiteit van die nuwe lewe om ‘n aangename geur te wees onder alle mense.
Julle kan kies. Ja, voor Adam en Eva was ook ‘n verreikende keuse. Maar Israel kies verkeerd. So bly die lewe `n keuse. Vir of teen eerbaarheid, eerlikheid, Bybel lees, heiliging, goeie menseverhoudinge en vrede.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205