Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

 - Hoofstuk 106 -

MARTIN IN ‘N DILEMMA OOR CHANCHAH SE VERDERE VRAE.

(Chanchah): "O, liefste vriend, ek het jou baie lief, maar kan jou nie baie meer vrae vra sedert ek besluit het om jou nie te pla met vrae wat miskien nie goed genoeg geweeg is nie. Maar jy moet my vergewe vir `n opmerking wat ek wil maak. Ek kan uit jou woorde en die uitdrukking op jou gesig sien dat elke keer as ek begin te praat oor jou hemelse vriend en broer saam met jou, jy baie verleë word. Wat kan die rede vir die verleentheid wees? Kan jy jaloers wees omdat my hart voorkeur aan hom gee bo jou? Of gee jy net voor dat jy sy ware vriend en broer is? Is jou hart heimlik gegrief dat hierdie sover naamlose, glorieryke een jou so ver in volmaaktheid van die gees oortref? Of neem jy dalk aanstoot aan sy manlike goddelike skoonheid, sy oë, sy mond, sy hele verhewe karakter, wat joue oortref, alhoewel jy groter heerlikheid uitbeeld? Kyk, liewe vriend, hierdie vrae is van die grootste belang vir my en ek verlang na antwoorde soos wat `n dwaler in `n brandende woestyn `n bietjie water begeer. Daarom, indien jy enige liefde vir my in jou hart het, gee my eerlike antwoorde op hierdie vrae, as jy weier om dit te doen, sal Chanchah wegdraai van jou en jou nooit meer enige vrae vra nie!"

Biskop Martin, hoewel hy nie weet wat om te sê nie, gee voor asof hy eers haar vrae oordink, om in staat te wees om die regte antwoorde te gee. Maar innerlik wag hy angstig vir My om `n goeie antwoord in sy hart te plaas. Maar vir die mees wyse redes, hou Ek hom in afwagting. Dus het hy Chanchah vir `n hele ruk laat wag en sy word geleidelik heel verontwaardig. Sy begin hom ondersoekend van kop tot toon met haar groot oë te meet, wat Martin al hoe meer verwar en heel onmagtig maak om die regte antwoord te kry. Chanchah gee Martin `n bietjie meer tyd om te dink, omdat sy skynbaar wyse uitdrukking maak dat sy bly hoop vir `n paar antwoorde. Maar wanneer niks gebeur nie, verloor sy haar geduld en sê:

(Chanchah): "Beste vriend en broer, ek sien nou dat jy nie kan nie, of nie sal nie, of waarskynlik my nie `n antwoord mag gee nie. As jy nie kan antwoord nie, mag jy verskoon word, want niemand mag meer gevra word as wat hy kan gee nie. Jy sal dalk verstaan wat ek bedoel, op voorwaarde dat jy genoeg verstand daarvoor het! As jy nie mag antwoord nie, mag jy ook verskoon word. Want dan sou dit duidelik wees dat daar iemand hier is wat die gesag het om te bepaal wat jy mag sê of nie sê nie. In daardie geval sou dit baie dwaas van my wees om te volhard om `n antwoord te kry, want ek, as `n Sjinees, weet maar al te goed dat die wette gerespekteer moet word. As jy my egter nie `n antwoord wil gee nie, hoewel jy toegelaat is om dit te doen, dan is jy net `n jaloerse en goddelose man. Dan sal jou blink klere wees soos die sagte pels van `n gemsbok wat `n bose hiëna binnekant wegsteek. In daardie geval is daar geen verskoning vir jou nie en jy sou my uiterste veragting verdien. Aangesien jy nie my vorige belangrike vrae beantwoord het nie, vra ek jou uit die diepte van my hart, antwoord ten minste een of die ander van die drie punte, sodat ek, as `n nuweling tot hierdie wêreld en jou huis, kan weet hoe om my te gedra. Maar praat die waarheid en antwoord sonder versuim!" Dit is `n baie groter verleentheid vir Martin as wat die vorige vrae was. As hy sou sê, "Ek kan nie," sal hy lieg. As hy sê: "Ek wil nie," sou dit ook nie waar wees nie en behalwe daarvoor, sou hy die minagting van sy geliefde Chanchah verdien. En as hy moet sê, “ek mag nie," sou hy sonder twyfel gevra word wie hom nie toelaat om te praat nie en waarom. Beide hierdie vrae sal hy moet antwoord, tensy hy in skaamte moet vlug. Op hierdie punt keer Ek van die ander groep af terug na Chanchah en neem die beantwoording van die bogenoemde drie vrae oor en dus ook die regverdiging van die uiters skaam en vertrouende Martin. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205