Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 172 -

DIE MEESTER SE RAAD AAN MARTIN. 'N GENEESMIDDEL VIR WOEDE. HOE OM SATAN TE HANTEER. MARTIN SE VOORSORGMAATREËL VOOR DIE AANVANG VAN SY PREEK. SATAN SE MATIGE BEDREIGING. MARTIN SE GERUSSTELLENDE WOORDE AAN DIE BANG SKARE. DIE MEESTER SE TROOSVOLLE WOORDE.

(Ek sê): "Reg, liewe Martin, die lied kom tot `n einde, wees gereed! Ek waarsku jou dat dinge redelik warm sal word, want ons is nie veilig teen `n besoek deur ons vyand nie. Daarom, kry jouself reg en moenie toelaat dat woede oor jou kom nie. Die woedende moet nooit met woede teengestaan word nie, maar slegs met sagte erns, dan sal jy `n klinkende oorwinning oor hom kry. Woede is altyd angstig om woede in die teenstander te wek om hom te vernietig met sy waan van superioriteit. Maar as toorn nie iets vind om aan te gryp nie, kom dit terug na homself en skeur homself aan stukke. Wees dus voorbereid vir enigiets; wees opreg en sag en die oorwinning sal joune wees."

(Martin): "O, Meester, as die vyand met wie ek reeds in my huis kontak gehad het, verskyn, smeek ek U om my meer krag te gee. Ek sou graag daardie dier `n blywende herinnering wil gee as dank vir al die goed wat hy aan my gedoen het."

(Ek sê): "Nie so nie, My liewe Martin, jy weet dat kwaad vergoed met kwaad nog nooit geseënde vrugte gedra het nie. Bevry jouself daarom van sulke gedagtes en tree op soos wat Ek jou aangeraai het en dan kan jy seker wees van oorwinning. As jy die vyand teenstaan met `n daad van vernietiging, sal hy vlug net om meer kragtig terug te keer, in die hoop om beter in staat te wees om jou kwaad aan te doen. Ek kan jou verseker dat hy maklik vernietig kan word as dit nie teen die ingestelde orde was nie. Dus moet hy op `n ander manier hanteer en gevang word en die bestaan van die hele materiële skepping moet in stand gehou word deur die behoud van hom. Dus moet die aksie wees om hom soveel as moontlik hok te slaan. Maar niemand moet ooit wens om hom heeltemal te vernietig nie. Die lied het nou geëindig, wees dus gereed. As jy My raad volg, sal jy nie gebrek aan my hulp hê nie."

(Met hierdie woorde van my, kom die musiek tot `n einde en Uron, die wyse, kom na Martin toe en sê): "Ek hoor dat jy eerste met ons gaan praat. Alles is gereed en jy kan begin. Die mense is byeen, diegene wat die boodskap moet aanstuur, is in die korrekte posisies en al die ore en oë is op jou gerig. So, as dit jou pas, of liewer die Een, kan jy begin."

(Martin): "Ja, vriend, ek sal in `n oomblik begin. Maar vertel my eers of jy al die gaste hier bymekaar goed genoeg ken om my te verseker dat daar geen totale vreemdeling onder hulle is nie. As daar geen vreemdeling teenwoordig is nie, sal ek tot jou spreek, kort en eenvoudig, maar as daar `n ongenooide gas is wat ongemerk soos `n dief of moordenaar hier ingesluip het wat die gemoedere van die skare tydens my toespraak opgewonde wil maak of verwar, wys hom uit aan my, dat ek hom hier voor my kan plaas om na julle almal te kyk." 

(Die wyse soek ywerig tussen die skare wat in `n perfekte formasie staan, maar hy kan nie enige vreemdeling sien nie en sê aan Martin): "Vriend, so ver as my oë kan sien, kan ek niemand vreemd vir my sien nie. Maar Ek sal `n teken aan die skare gee om my te laat weet of daar `n vreemdeling tussen hulle is."

(Martin): "Reg, doen dit, ek sal `n rukkie langer wag." Die wyse stuur onmiddellik `n vraag in die verte en kry die volgende antwoord van alle rigtings:

(Die skare): "Nee, nee, nee! Daar is geen vreemdeling onder ons nie! Maar die oppervlak van die groot see naby ons is aansienlik versteur en dein geweldig. Dit lyk skrikwekkend en die meeste van ons is bang dat ons dalk sal moet vlug voordat die verhewe gaste die heilige boodskap aan ons gebring het. Terwyl ons praat Uron, kan ons die middelpunt van `n tornado sien vorm nie ver van ons af nie. As dit kom, sal dit waarskynlik die water tot oor jou grootste wonings stoot. O, smeek Hom, die Almagtige, Wie gesê word, sigbaar teenwoordig is in jou huis, om hierdie dreigende gevaar af te weer en ons van ondergang te red!" Die wyse, redelik verbouereerd, lig Martin hiervan in en vra hom om by die Meester te pleit om hierdie gevaar af te weer.

(Martin): "Vriend, vertel onmiddellik aan almal om niks te vrees nie, want hulle sal heeltemal veilig wees. Hierdie manifestasie word veroorsaak deur die magtelose bose gees wat eens die vermetelheid gehad het om as `n vals engel van lig te verskyn en nuwe goddelike wette te gee. Maar hierdie wette was sy eie en met hulle hulp, het hy probeer om die mense heeltemal bedorwe te maak. Nou het ons gekom om hierdie onheilig plan vir eens en vir altyd te dwarsboom en almal van julle te red deur die mag en krag van Hom Wie hier in ons midde is as die ewige, mees heilige Vader van Sy kinders. Vertel hulle dit sonder versuim!" Uron doen dit, maar na `n kort tydjie, ontvang hy hierdie antwoord:

(Die skare): "Lof en aanbidding aan die Hoogste Goddelike Gees! Dit is baie bemoedigend. Maar die water styg nog steeds en dit sal ons binne tien slae van die pendulum van die groot tydhouer bereik. Smeek die Meester om dit af te weer of anders is dit hoog tyd vir ons om te vlug!" Uron gee gou hierdie boodskap aan Martin, wat sê:

(Martin):"Sê vir hulle dadelik om nie bevrees te wees nie, ondanks die manifestasie. Hulle moet nie vlug nie, selfs as die water oor hulle voete gaan, want die Meester sal die teenstander toelaat om so ver te gaan, dan sal Hy hom gryp met die grootste hardheid van Sy oordeel en hom swaar straf voor hulle oë." Hierdie boodskap word oorgedra deur die wyse en hy ontvang toe die volgende antwoord:

(Die skare): "Ons vertrou op die woord van die mees Heilige en sal toelaat dat die water ons voete raak. En dan sal ons juig en die Goddelike Gees loof vir so `n ongekende verlening van genade aan ons. Maar die water styg steeds met groot spoed en die resultaat sal verwoestend wees, tensy die mag van God dit beheer." Die wyse vertel Martin hierdie antwoord en hy sê, met groot verontrusting:

(Martin): "Luister, vriend, dit is `n miserabele reptiel wat geen respek vir God, sy ewige Meester het nie, want hy weet dat die Meester baie goed is, ja, te grensloos goed! Maar hoewel alles van die Meester van `n oneindige aard is, sal Satan hierdie keer homself misreken, want die Meester se oneindige geduld sal tot `n einde kom en Hy sal weet hoe om die oudste, mees goddelose kwaaddoener in toom te hou."

(Ek sê): "Moenie dat dit inmeng met jou taak nie, Martin. Ek sal die roerder hanteer. Maar begin jy nou met jou preek sodat ons ten laaste ons doel kan bereik. Laat Satan homself geniet. Ek kan jou verseker, dat dit nie te lank sal neem om jou heeltemal gerus te stel nie, Ek kan jou vertel dat die vyand die keer `n groot fout gemaak het sover dit My geduld aangaan."

(Martin): "O, Meester, U beste en heiligste van Vaders, my arme hart is verlig van `n baie swaar las. Al my liefde en diepste geheime aanbidding is U s’n vir ewig!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205