Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 185 -

DIE WYSE SE GOEIE ANTWOORD.

(Die wyse): "O Meester, wat U van ons vra is onbeskryflik lig, sag en vriendelik. Ons het nie tyd nodig om dit te oordink nie, maar kan dit onmiddellik met dankbare harte aanvaar. O, U mees heilige weldoener, sal ons ooit in staat wees om U genoeg te dank vir u onbeperkte goedheid en genade, vir U ondenkbare liefde om ons so `n baie eenvoudige weg te wys waardeur ons, U skepsele, die hoogste hemelse eer kan bereik om U vrye kinders te word en ons word selfs genooi om daaroor na te dink!

O Meester, Vader, U ewige, Heilige Gees, as ek `n duisend lewens gehad het en hulle moes afstaan ten einde die laagste graad van U seunskap te bereik, sou ek hulle waarlik met blydskap afstaan, selfs al is die verlies van elke lewe vir my `n groot marteling en pyn. En daar word van my verwag om dit te oordink of ek en hierdie mense, so `n groot gawe van U genade sal aanvaar al dan nie! Mees Heilige Vader, ek sal nie "ja" of "nee" met my mond sê nie, maar kyk genadiglik in ons harte en sien die onwaardige "ja" wat geskryf is, `n duisend keer meer vurig as die onheilspellende swelling van die see wat binnekort ryp sal wees om te bars! O Meester, o Vader, ons sal voldoen aan alles wat U van ons vra met meer akkuraatheid as dit waarmee die klein wêrelde om ons groot aarde wentel, nou geheilig deur U vir ewig!

Ons bid tot U allerheiligste, vaderlike hart om ons nie vir goed te verlaat nie, maar van nou af sigbaar na ons te kom wanneer dit U pas. Ons liefde vir U brand nou erg en ons harte sal diep bedroef wees as ons U nooit weer sal sien nie, mees heilige Vader, ook nie U vaderlike stem hoor wat sulke stigtende woorde soos hierdie spreek wat ons ontstelde harte skielik tot so `n mate besiel, dat ons geen woorde kan vind om U waarlik goddelike genade te beskryf nie. Daarom o Meester, laat U vaderlike hart ons gebed verhoor. U allerheiligste wil word vir ewig geloof!"

(Ek sê): "My kinders, waarvoor julle vra, is alreeds lank gelede in ag geneem. Die Skepper bly onsigbaar en onpeilbaar vir Sy skepsels, want hulle is onder dwang in die Skepper se krag en kan nooit voor hom standhou nie, Hom sien, of Sy stem hoor nie. Maar dit is iets heel anders met die kinders wie Ek, as die Skepper en nou ook die Vader, deur my woord en leer bevry het. Met dien verstande dat hulle harte in die orde van My leer is, kan hulle My sien en met My praat wanneer hulle wil. As dit nie die geval is nie en hulle harte is geneig tot sinneloosheid, as materiële dinge en nietige wêreldse sorge hulle vul, deaktiveer my woord en leer, dan kan Ek natuurlik nie meer gesien of gehoor word nie. In so `n geval het die voornemende kind van My guns, liefde en genade, weer onder dwang die klere van `n geskape wese aangetrek, wat vry is om dit te doen.

Daarom, laat elkeen van julle van nou af in my onderrig bly! Hou julle harte in julle oorspronklike morele suiwerheid sodat my vaderlike liefde in hulle kan woon en daar `n nuwe lewe skep wat `n werklike vrye en onafhanklike een is. Dan sal julle nooit hoef te kla nie: "Meester, Vader, waar is U? Waarom kan ons U nie sien nie of nie U vaderlike stem hoor nie?" Voorwaar, Ek sê vir julle: Almal wat in ooreenstemming met my onderrig aktief is, is ook hulle wat My werklik liefhet en as gevolg daarvan sal Ek altyd onder hulle wees, hetsy sigbaar of hoorbaar, hulle onderrig en opvoed om My kinders te word.

Maar bring nou vir ons soveel eet- en drinkgoed as wat julle kan, want ons almal wil ons honger stil. Julle sal sien dat Ek eet en drink soos almal van julle, julle seën en ook al die broers en susters wat saam met ons is. Gaan dus en doen soos Ek julle beveel!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205