Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 152 -

DIE DRIE MOOI MEISIES VRA DIE MEESTER HOEKOM HY EN SY METGESELLE NIE NA HUL HUIS GEKOM HET NIE. DIE MEESTER SE VERSTANDIGE ANTWOORD.

(Toe die drie sonmeisies ons bereik, nog geklee in dieselfde klere wat hulle voor Martin aangetrek het, het hulle My onmiddellik aangespreek en gesê): "0, mees Verhewene, hoe lank sal jy en jou geselskap ons laat wag, voor julle ons waardig ag om in een van ons huise in te kom, wat behoorlik voorberei is om julle te ontvang? Te danke aan ons wyse manne en die geeste van ons groot wêreld, sowel as die geeste van die baie ander wêrelde wat ons by verskeie geleenthede besoek en ook van die engele van die Allerhoogste Gees, weet ons dat ons, die inwoners van hierdie wêreld, nie net van groot fisiese skoonheid is nie, maar ook moreel so suiwer dat selfs die suiwerste engele nie kan fout vind met ons nie. Dat hulle ons altyd waardig vind vir `n besoek en ons geselskap geniet in alle reinheid en ons vertel oor al die wonders wat in die oneindige koninkryk van die Allerhoogste Gees te vinde is, Wie julle God en Vader noem en nuwes wat meer pragtig en ondenkbaar elke oomblik geskep word. As al die engele en geeste so `n opinie van ons het en glad nie terughoudend is nie, kan ons nie verstaan wat jy fout vind met ons dat jy so min van ons hou nie. Ons vra nooit die ander geeste om na ons te kom nie, maar hulle hou daarvan om te kom, omdat hulle altyd in ons vind wat hulle groot plesier gee. Maar vir jou het ons gesmeek om na ons te kom op die suiwerste wyse van die wysheid van ons grootste wysgere, maar dit lyk nie of dit veel effek op jou gehad het nie. Ag, vertel ons, mees Verhewene, wat is die ware rede hiervoor en hoekom het julle nie na ons huise gekom waar duisende julle verwag nie?"

(Ek sê): "Dit is nie moreel julle skuld nie. Ek weet die beste hoe julle is. Ek ken julle fisiese voorkoms, julle suiwer sedes en julle woonplekke. Maar ons is so vry soos julle is en doen wat ons wil. Niemand het die reg om ons te vra om rekening van ons aksies te gee nie en vir ons te sê: ‘Hoekom doen julle dit of dat? En met al julle wysheid moes julle besef dat ons nie aangetrek kan word deur die wysheid alleen nie, maar slegs deur die goeie, lewende liefde. Ons sal die begeerte van julle harte volg wanneer ons werklik bemin word, maar julle sogenaamde groot wysheid sal nooit maak dat ons `n enkele tree gee nie. Ek weet baie goed dat julle, julle wyse woorde gebruik het om julle ware liefde vir My weg te steek. Ek is nie `n vriend van sulke skyn nie, maar waardeer net volledige eerlikheid van die hart. Dus, as julle wil hê dat Ek en my vriende na julle huise moet kom, moet julle nie buite voorgee om anders te wees as wat julle binne is nie, want Ek sien deur al die mees geheime vesels van julle lewe. En wat Ek sien, sien al myne ook en talle ander wat heeltemal myne is vir ewig, net soos hulle hier."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205