Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 45 -

DIE WÊRELD VAN MYRON, DIE GEHEIM VAN DIE AGTSTE KABINET. DIE GEESTELIKE AS EERSTE OORSAAK EN DRAER VAN ALLE SKEPPINGS.

(Die Meester): "Kyk, ons is daar! Die deur is oop en daardeur kan jy `n nuwe, groot hemelse wêreld, gebaai in `n bleek groen lig, sien. Ook hier kan jy hoë geboue en berge van verskillende hoogtes sien wat `n blou rook uitblaas. Hierdie rokende berge stem ooreen met die vele vuurspuwende berge van hierdie planeet, waarvan hierdie planeet, die verste van die son, met die naam van Myron [Neptunus], die wonderlike, die grootste getal van het. Agter hierdie planeet kan jy tien kleiner ‘wêrelde’ sien - sy satelliete, wat van `n heel ander aard is as die hoofplaneet. Op Myron sien jy elke oomblik iets nuuts: bome sweef in die lug en baie ander dinge wat jy nog nooit voorheen gesien het nie. Selfs die rook uit die berge neem `n verskeidenheid van ongewone vorms aan. Die volmaakte gevormde mense is meestal goed geklee sodat jy nie meer te sien kry as hulle gesigte nie. Hierdie mense is baie lief vir musiek en poësie en soos geeste, ooreenkomstig, beïnvloed hulle julle, my kinders, deur die ontvanklik maak van jou hart, verstand en siel, vir die kunste. Hulle woon in die ontvanklike menslike organe en pas hulle aan om reg te verstaan en vir die ontvangs van musiek en poësie en stel die mens in vir harmonie en die opheffing van sy verbeelding en die vermoë vir entoesiasme. Al die wonderlike en die sogenaamde romantiese emosies word in `n ooreenstemmende sin aangespreek deur hierdie planeet.

Nou ken jy die aard van hierdie planeet en waarvoor dit goed is. Natuurlik moet jy nie dink aan die ware planeet nie, alhoewel sy aard dieselfde is, maar net van sy ooreenkomstige beeld beliggaam in jou gees. Dit het bestaan voor alle uiterlike, materiële skeppings, wat gevorm is in ooreenstemming met wat reeds teenwoordig was in elke volmaakte gees. Want die gees het bestaan lank voor die wêreld geskep is, wat uit die gees gekom het en nie andersom nie. Daarom is die planeet binne-in jou heelwat ouer as die wesenlike een. As dit afwesig was van die gees van slegs een enkele mens, kon dit nooit materieel gevorm gewees het nie.

Hieruit kan jy aflei dat as jy leer om jouself ten volle te ken, jy ook alles buite jou sal leer ken, want niks kan bestaan buite julle wat nog nie reeds teenwoordig is binne-in julle nie. En in die hele oneindigheid kan daar niks wees wat nie binne-in My was in perfekte helderheid van ewigheid af nie. Net soos ek die oerbron en ondersteuner van alle wesens is, net so is My kinders in My die basiese bestanddeel van alles wat ewig die oneindigheid vul. Die oneindige in My is ook teenwoordig in jou deur My, want My kinders is die hoogtepunt van My ewige idees en groot planne. Nou weet jy alles wat jy moet weet oor hierdie deur. Daarom, volg My na die negende deur, waar jy verdere wonders van My Liefde en Wysheid sal sien. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205