Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 200 -

JOHANNES NOOI SATAN OM VERDERE VRAE TE STEL. SATAN SE HOOGMOEDSWAAN EN ARROGANTE ANTWOORDE. JOHANNES BEVEEL SATAN OM DIE SON TE VERLAAT. SATAN SMEEK OM TOEGEEFLIKHEID.

Satan vra geen verdere vrae nie en die uitdrukking op sy gesig lyk meer verdwaas en verleë as kwaad, Johannes gaan voort:

(Johannes): "Wat daarvan Satan? Het jy geen verdere vrae nie. Nou wil ek jou graag op `n praktiese wyse onder antwoorde begrawe, maar jy is doodstil en so moet ek dus aanneem dat jy nou so te sê tot `n einde gekom het met jou wysheid en dat jou vaderlike erfenis, wat jy deur geweld verkry het, vermors is tot op die laaste muntstuk! Wat het jy daarop te sê?"

(Na `n ruk antwoord Satan snerpend): "Daar is jy heeltemal verkeerd! Wees verseker, My wysheid is nog steeds oneindig. Ek kan nog `n oneindige vraag stel, maar hoe kan jy, `n sterflike gees, ooit in staat wees om dit te beantwoord? Met die besef dat dit onmoontlik sou wees om `n bevredigende antwoord van jou te kry, verkies ek om stil te bly. `n Doudruppel kan die dors van `n muggie les, maar dit sou skaars voldoende wees vir `n sentrale son! Jy mag dalk in staat wees om min of meer te verstaan waarop ek met hierdie gelykenis sinspeel."

(Johannes): "O ja, dit gee my nie `n hoofpyn nie, maar dit vertel my selfs meer as wat jy dink. Ek sien daaruit dat wanneer jou verbeelde wysheid tot `n einde kom, jy onmiddellik gebruik maak van jou ou, bedrieglike arrogansie, net om jouself te bevredig. Maar dit sal nie meer deug nie! Meet my en dan jouself en jy sal maklik jouself oortuig met betrekking tot die omvang van die oneindigheid vir elkeen van ons. Ek dink dat `n oneindigheid wat gemeet kan word, nie baie werd is nie en dit geld ook vir jou oneindigheid asook myne. Ek kan jou verseker dat hy, wat homself as oneindig beskou, geen idee het wat oneindig werklik is nie. Of hy is `n volledige dwaas en nie in staat om dit in al sy aspekte te verstaan nie. Jy het dwaas gepraat oor `n oneindige vraag. Sal jy ooit daarmee tot `n einde kom? Nou dan, as jou oneindige vraag nooit tot `n einde sal kom nie, wanneer is die ook so oneindige antwoord veronderstel om te begin? Jy moet besef dat sulke hoogdrawende woorde van jou niks anders is as die mees absurde geklets nie. Of kan jy dit regtig nie insien nie?" 

(Satan): "Ek sien alles wanneer ek wil. Maar `n paar dinge weier ek om te sien, omdat dit my die here van die heerlikheid nie pas nie. Het jy my taal verstaan?"

(Johannes): "Natuurlik verstaan ek, want dit is `n ou en aan almal van ons, `n baie bekende taal. Ons is egter nie van plan om na die taal te luister nie, maar beveel jou nou in die Naam van die Meester om hierdie wêreld met jou sentrale stof te verlaat en terug te keer na die aarde, na die plek wat aan jou toegewys is. As jy die vrede daar sal bewaar, sal daar geen verdere lyding vir jou wees nie. As jy egter onrustig en moedswillig is, sal dit slegs jou eie skuld wees as jy `n smaak van die erns van die Meester se toorn moet kry!"

(Satan): "Liewe vriende, moenie dit aan my doen nie! Ek verafsku die aarde soos mislike aas. Laat my toe om hier te bly. Ek belowe jou om vir ewig stil soos `n klip te wees. Maar moet my nie van hier af wegstuur nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205