Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die drie dokumente

125 Toe roep Ek almal van die volk byeen, wat deels bestaan uit die geneesde mense en deels uit taamlik baie inwoners vanuit die stad, wat op hierdie dag voor die sabbat af gehad het.

[2] Nadat die volk almal ingekom het en die saal byna vol was, sê Ek aan die volk: "Hoor toe en luister goed! (Matthéüs. 15:10) Wat by die mond ingaan, verontreinig die mens nie, maar wat die mond verlaat, verontreinig die mens. (Matthéüs. 15:11) Om met ongewasde hande brood te eet, verontreinig geen mens nie. Dit sê Ek vir julle almal en daarmee hef Ek vir ewig die mensgemaakte bepaling op!" - Toe begin die hele volk te juig en om My te prys.

[3] Maar toe kom die leerlinge na My toe en sê: "Het U opgemerk hoe vreeslik die fariseërs hulle vererg het toe hulle hoor dat U dit gesê het?" (Matthéüs. 15:12)

[4] Ek antwoord die leerlinge met `n harde stem: "Alle plante wat My hemelse Vader nie geplant het nie, word uitgeroei. (Matthéüs. 15:13) Laat hulle gaan! Hulle is blinde leiers van blindes. Maar as `n blinde `n blinde lei, val beide sekerlik in `n sloot! (Matthéüs. 15:14) Hulle kan hulle vererg soveel as wat hulle maar wil, want hul vader is `n ander een as ons s`n. Ons Vader is bo - en hulle s`n is benede!"

[5] Toe die fariseërs dit hoor, word hulle geel, groen en vuurrooi van toorn en woede, en die owerste sê, weliswaar met bewende stem: "Ons het genoeg gehoor! Hy het teen God en ons gelaster! Nou weet ons met wie ons te doen het, en wie hierdie Jesus vanuit Násaret is! Laat ons daarom hier weggaan en aan die hoëpriester presies vertel wat se mens hierdie Násarener is!"

[6] Die hoofman sê: "Mense soos julle kan wel `n stad inkom as hulle dit self wil, maar die weggaan is na gelang van die wil van die maghebbers oor die stad! Julle kan wel vinnig sê: 'Laat ons weggaan!', maar dan kom die maghebber julle tegemoet en sê: 'Julle bly!" - Die laaste woorde word met donderende stem toegebulder.

[7] Vir die laaste woorde: 'Julle bly!' skrik die fariseërs dan ook sodanig dat hulle almal doodsbleek word, hulle begin te bewe en kan geen woord meer uiter nie.

[8] Toe die hoofman sien dat sy toespraak `n ontsettende indruk op hulle gemaak het, sê hy verder: "Vóór ek julle laat vertrek, sal ons nog baie met mekaar te bespreek hê en eerstens sal julle nog in die teenwoordigheid van die volk `n paar kontrakte en `n getuienis met julle handskrif moet onderteken. Maar sowel die kontrakte as die getuienis is sake van lewe en dood! Verstaan dit goed! Want as ek deur my skerp oplettende spioene te wete sou kom dat julle ook maar één punt van die kontrakte nie gehou het nie, dan is julle dieselfde dag nog dood, ook al sou julle julleself agter duisend tempels verberg!"

[9] Toe laat die hoofman dadelik deur sy dienaars skryfgerei naderbring en skryf die volgende: 'Kontrak nr. 1: Diegene wat dit waag om oor Jesus van Násaret ook maar één beledigende woord te sê, hetsy onderling of teenoor `n vreemde, wat onmiddellik ontdek sal word, val onder die oordeel en kry die doodstraf! - Kontrak nr. 2: Diegene wat hulle oor alles wat hulle hier ervaar het, in Jerusalem en in die tempel ook maar één woord laat val en Jesus die Heer `n slegte getuienis gee, hetsy in die tempel of in `n ander huis, val onder die pynlike oordeel en vervolgens kry hy die mees folterende doodstraf! En laat niemand hom sus met: 'Dit sal tog helaas nie uitkom nie!' Soos reeds gesê, op dieselfde oomblik dat julle ook maar één woord sal vertel waaroor julle volgens die twee kontrakte moet swyg, sal my spioene dit te wete kom en daar sal met julle gebeur wat in hierdie kontrakte beloof is!"

[10] Toe skryf die hoofman die getuienis, wat lui: 'Ons beken hieronder almal, met ons handtekening as bewys van waarheid pro memoria aeterna (ter ewige herinnering), dat ons die bekende roof van die keiserlike belasting en skatte uit die Pontus en uit Klein-Asië begin het, en deur `n baie skandelike lis die brengers daarvan ontneem het, maar by die vervoer na Jerusalem in Kis deur Jesus van Násaret ontmasker is, dan nie mondelings nie, dan tog deur sy invloed. Ons sou weliswaar deur regter Festus gesamentlik ter dood veroordeel gewees het - maar Jesus van Násaret het vir ons opgekom en ons het ongedeerd daarvan afgekom! - Vir hierdie waarheid staan ons met ons lewe in!'

[11] Toe die hoofman hierdie drie stukke geskryf het, lees hy hulle heel rustig aan die fariseërs en skrifgeleerdes voor. Na elke reël word hul gesigte langer en langer, en toe hy die getuienis voorlees, hef hulle hul hande ten hemele en roep: "Wat, moet ons dit onderteken?!"

[12] Die hoofman sê: "Ja, dit is die suiwer waarheid! Wil julle dit egter nie doen nie, dan staan daar reeds geregsdienaars, voorsien van roede, gésels en skerp byle!" - Toe kyk die fariseërs om en ontdek die skrikaanjaende manne. Daarop vra hulle ook dadelik sonder teenspraak vir skryfgerei. Die hoofman wys hulle nog daarop om dit in hulle ware name te onderteken, omdat `n valse naam elkeen die dood sou bring. Vervolgens onderteken hulle met hul ware name, en diegene uit die volk wat kon skryf, moes as getuies teken

[13] Toe die drie dokumente aldus in orde was, sê die hoofman: "Nou het ek wat ek al so lank en so graag van julle wou hê, en julle weet nou wat ek het. Waarop julle moet let, weet julle ook en dus is ons klaar. Nou mag julle maar gaan waarheen julle wil! Tot aan die grens kry julle `n gratis geleide!"

[14] Hierdie fariseërs en skrifgeleerdes pak daarop ook dadelik alles bymekaar en binne `n halfuur het hulle Genésaret al verlaat, baie stil, sonder woord of geluid.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205