Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Jerusalem, die 'God se stad'

48 Na die aandete, wat bykans `n uur geduur het, vra Cornelius aan Cyrenius: "Verhewe broer, wat dink u daarvan?! Sal ons vandag nog hier bly of sal ons maar - in verband met die uiteindelike belangrike sake wat op ons lê te wag - weggaan? Ek is geheel u dienaar en skik my na u woord."

[2] Cyrenius sê: "Eintlik moes ek al vanmôre vroeg afgereis het, omdat daar al beslis dringende sake op my lê en wag. Maar sê nou self: Wie kan, as hy weet wat hier is, daarvan afskeid neem? `n Mens sou tog moeilik `n vriendelike keiser kon verlaat as hy sou sê: 'As jy wil bly, bly dan!' Maar wat is `n keiser vergeleke met wat hier is, waar die Skepper van hemel en aarde onmiskenbaar as mens by Sy mense en Sy engele vertoef?! Bowendien het Sy engele óók verlof gekry om langer hier te bly, en van hulle kan ons nog baie leer en gewaar word. Ag wat, nou sal ek sekerlik nie weggaan nie! Nie vir die hele Romeinse keiserryk sou iemand my nou van my plek kon wegkry nie, al gebeur daar wat ookal! - Bly jy in elk geval ook! Ek gee jou volledig toestemming daarvoor; en as daar iets sou gebeur, dan sal die aarde vanweë die paar dae nog lank nie vergaan nie! Bowendien glo ek dat ons by hierdie Heer baie beter versorg sal word as in Rome!? En sou iets baie dringends nie deurgaan nie, dan is daar in die hand van die Almagtige genoeg middele om ook die dringendste oombliklik te help."

[3] Cornelius sê: "Verhewe broer! Die besluit geval my besonder en ek het geen verlange om hierdie plek te verlaat nie! Ek stel hierdie vraag slegs maar in verband met die politiek staatsregtelike orde. Maar in `n bepaalde opsig sal dit miskien tog goed wees om ons mense van die wag, wat ons by ons het, vannag heimlik in die stad te laat spioeneer om te uit te vind wat die mense van ons aanwesigheid dink, en wat hulle almal daaroor te sê het!?"

[4] Cyrenius sê: "As die Heer niks daarteen het nie, kan ons dit laat doen, maar ek dink dat ons in die eerste plek aan die Heer, en vervolgens ook aan die twee engele, `n heel betroubare geheime polisie het, en dat dit nie nodig sal wees om solank as wat ons hier is, `n ander te gebruik nie. As ons later weer geskei word van die heilige geselskap uit die hemele, dan sal ons onsself, jammerlik genoeg, weer van geheime verkenners moet laat bedien om op die hoogte te bly van die gesindheid van die mense, en dadelik voorsorgmaatreëls moet tref daaroor, waar hulle ongunstige samesweringe teen die staat mag smee. Maar as die Heer dit goed vind en as dit Sy wens is, is ek dadelik bereid om die noodsaaklikste uit te vaardig."

[5] Ek sê aan Cyrenius:"Hou maar op, want voorlopig weet Ek van alfa tot omega wat daar nou in die stad vir en teen ons gesê word. Oor die algemeen is dit verseker nie gevaarlik nie, want die volk is heeltemal te blind en te dom vir bepaalde boosaardighede. Hou dus maar op! Vanuit Násaret sal `n opstand nooit begin nie, daarvan kan julle verseker wees. Origens is My vriend Borus steeds die betroubaarste geheime polisie; letterlik niks ontgaan hom nie - wat in die stad wat nie so groot is nie, nie so moeilik is nie. Bowendien sou Ek My engele kon opdra om te spioeneer, en dan sou julle in één oomblik meer kan uitvind as wanneer julle tien jaar lank die beste spioene sou gebruik. Maar hier is sowel die een as die ander nie nodig nie - en daarom gaan ons heeltemal onbesorg slaap. Net Jaïrus sal nog `n bode na Jerusalem moet stuur en hom die berig saamgee van die afstanddoening van sy amp. Môre sal ons heeltemal ander dinge behandel."

[6] Jaïrus sê baie treurig, omdat hy die geselskap nou moet verlaat: "Heer sou dit dan nie moontlik wees om die oorkonde hier uit te vaardig nie, en dit hiervandaan met `n bode na Jerusalem te stuur nie? Die huis in Kapernaum is tog alles my eiendom, met alles wat daarin is. Landerye, akkers en weiveld mag ons priesters nie as besittings hê nie, en dus is alles van my in my huis, wat aan U welbekend is. Voorlopig het ek dus in Kapernaum niks te doen nie, en waarskynlik sal ek hierna ook niks daarmee te doen hê nie; my huis met alles wat daarin is, gee ek hierby aan my brawe skoonseun. Met `n magtiging van my sal hy daarheen kan gaan en alles met behulp van die staatsreg in besit kan neem - as `n regmatige erfgenaam na my dood, en ek en my vrou is regtig nie nodig daarby nie. Wat die vriende in Kapernaum betref, die is hier; die wat hulleself nog in Kapernaum bevind en meen dat hulle my vriende is, is egter geen afskeidsbesoek werd nie. Hulle is vriende voor jou, maar in hulle hart dra hierdie vriendskap geen gewig nie!

[7] Ek sê: "Nou bly jy dan ook maar, en Ek sal in jou plek een van My twee bodes wat hier aanwesig is, na Jerusalem stuur; hy sal so `n boodskap gouer afhandel as wanneer jy `n bode na Jerusalem sou stuur. Maar nie meer vandag nie, maar wel môre op die Sabbat!"

[8] Jaïrus sê: “Op die Sabbat sal dit in die tempel wel die minste geleë wees, want die hoëpriester en opperpriester in die tempel is met niks so streng as met die hou van die Sabbat nie!"

[9] Ek sê: "Laat dit maar! Hulle vind die hou van die Sabbat maar net so belangrik omdat daar soms noodsaaklikerwys daarvan afgewyk word en moet word, omdat elke mens tog dikwels genoodsaak is om op die Sabbat iets te doen. So kry die fariseërs dan juis die meeste kans om die oortreders van die Sabbatsrus heel growwe strafboetes op te lê.

[10] Bring hulle op `n Sabbat maar goud en silwer soveel as wat jy wil, dan sal hulle in die tempel die Sabbat ophef en vervolgens heel genoeglik jou goud en silwer aanneem. Daarom kan jy oor die Sabbat, wat die tempel aanbetref, gerus wees, My bode sal hom met die toevertroude karwei baie goed onderskei!

[11] Dink jy dan dat die fariseërs dit aangenaam sou vind as daar niemand sou wees wat vir dringende noodsaak dan ook so nou en dan die sogenaamde dag van JaHWeH sou skend? O, skreeu tog uit! Hoe meer skendings van die Sabbat, veral wat deur die rykes begaan word, des te meer lag die tempelhere in hulle mou!

[12] Daarom nogeens: Moenie meer daaroor besorg wees nie. My bode sal môre, nog wel tydens die offer, wat op elke plek waar die Sabbat gehou word, uitstekend ontvang word! Want hy sal met `n swaar goue geskenk die tempel binnegaan en so te sê deur die fariseërs met die vriendelikste gesigte en wyd geopende arms ontvang word; bowendien wag daar al tien aspirante op `n betrekking as owerste, waarvoor hulle groot somme aanbied. En daarom sal hulle, maar ook die tempeldienaars, `n vrygeraakte plek goed kan gebruik.

[13] Die Sabbat in die tempel sal tydens die bekende seremonie dadelik onderbreek word en die veiling van die amp van owerste te Kapernaum sal direk begin, en van die terugkerende bode sal jy selfs die naam van jou opvolger verneem.

[14] Kyk, so gaan dit tans in die huis van God te Jerusalem, wat ook 'die stad van God' genoem word, maar wat nou, op die keper beskou, die stad van die satan is. Omdat alle sake nou goed gereël is, sal ons nou gaan slaap, want môre sal dit vir ons `n vroeë dag wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205