Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Engeleliefde

45 Na hierdie heerlike gebeurtenis kom Cyrenius weer na My toe en sê: "Heer, ek het baie dinge met beide engele bespreek, maar uit alles wat hulle aan my gesê het, het ek niks meer geleer as wat ek deur al U goedheid en barmhartigheid geleer het nie. Dit het dus niks nuuts opgelewer nie! Maar waaraan ek my in elk geval baie verwonder het, is dat die twee onbeskryflike mooi jongmanne in `n sekere sin alles so ongeërg aansien! Wat hulle sê, getuig van diepe wysheid, en die klank van hul stem is mooier as die verruklikste harmonie van die eolusharp*. Hulle gelaatstrekke is steeds soos die suiwerste môrerooi, hul asem gegeur soos rose, jasmyn en amber, hul hare lyk nes suiwer goud, en hul albasterwit hande is so rond en vertoon so `n buitengewone tere simmetrie, dat ek daarvoor op aarde werklik niks vergelykbaar kan vind nie. Hul bors is volkome soos die van `n ontluikende maagd, soos wat ek slegs eenmaal gesien het in `n streek aan die Pontus en hul voete is ewe mooi en het heerlike, weelderige verhoudings; kortom, mens sou rasend word uit pure liefde vir beide hierdie wesens! Maar by al hierdie glorieryke, onbeskryflik voortreflike eienskappe, wat slegs liefde, en duisendvoudig meer liefde uitstraal, waarmee hulle selfs die hardste klip so sag soos was sou kon maak, is hulle tog so koud en ongeïnteresseerd soos `n marmerbeeld in die hartjie van die winter! En dit maak my ook byna so koud soos wat hy is.

[*eolusharp, Harp v.d. windgod Eolus, 2. Snaarinstrument wat geluide maak wanneer die wind dit laat tril. HAT]

[2] Hulle het beslis niks afstootliks nie, nie in hulle woorde, en nie in hulle gebare nie, maar niks tref hulle nie en niks bring hulle uit hul stoïsynse onbeweeglikheid ten spyte van alles wat bestaan en gebeur nie. Hulle praat weliswaar baie wys oor U, maar wat hulle sê, lyk vir my soos die voorlees van `n brief in `n taal wat `n mens nie kan verstaan nie.

[3] Sê my tog hoe dit nou by die twee suiwer hemelse wesens moontlik is! Is dit gebruiklik by die suiwer geeste in U hemele?"

[4] Ek sê: "Sekerlik nie! Maar beide gedra hulle hier slegs maar so omdat hulle hulle so móét gedra. Hulle wil is egter volkome vry en hulle harte gloei so van liefde dat hulle jou in `n oogwink sou kon verteer as beide hul liefde ten volle vrye teuels sou gee!

[5] Die aardse mens kan wel die grootste wysheid van die engele verdra, maar hul liefde kan hy slegs verdra as hy in sy hart op één vlak staan met hul liefde.

[6] Dat dit so is, kan jy op `n heel eenvoudige wyse verklaar, naamlik by die heel natuurlike verband tussen aardse vuur en die lig daarvan. Die lig wat die vlam afgee kan jy wel verdra, maar kan jy daarom ook die vlam self, wat die lig afstraal, verdra?

[7] Die son gee aan die wêreld beslis die sterkste lig, en tog kan jy dit nog heel aangenaam verdra! Sou daar met die toename van die lig die warmte ook toeneem, kan jy die lig natuurlik moeiliker verdra. Maar sou jy ook soos `n engel, wat `n liggaam hoog bo jou begrip het, van lig gloeiende, sonlig kon bestaan? Ek sê vir jou: Hierdie sonlig sal die aarde met alles wat daarop is in `n oogwink vernietig, soos wanneer `n druppel water op witgloeiende metaal val!

[8] Wie in die lig en die vuur wil bestaan, moet eers self uit sulke vuur en lig bestaan! Wel, daarom moet beide engele hul liefde vir jou onder beheer hou, omdat hulle te sterk liefde jou sou vernietig! - Verstaan jy dit?"

[9] Cyrenius sê: "Ek verstaan dit, maar egter nog nie heeltemal soos baie ander dinge nie! Want hoe `n te sterk liefde my sou kon dood, is vir my nog nie so baie duidelik nie!"

[10] Ek sê: "Goed, laat ons dit dan vir jou so duidelik maak as wat moontlik is; dus luister: Jy het ook `n seun en `n baie liefdevolle dogter. Van hierdie twee kinders hou jy ongelooflik baie, dit is selfs so dat jou hart, van pure liefde, nouliks kan beoordeel hoe sterk sy beide kinders liefhet, omdat die kinders van hul kant ook ongelooflik baie van jou hou. Maar stel jou nou voor dat beide kinders gesterf het, en vra jou af of jou hart die verdriet oor so `n verlies sou kon verdra! Kyk, jy kry sommer nou al klam hande, noudat Ek maar slegs die moontlikheid aandui! Hoe sou dit met jou gaan as dit werklik so sou wees? Ek sê vir jou, omdat Ek jou hart ken, sal jy daardie verdriet nie drie uur lank uithou nie, dan sou jy sekerlik sterf!

[11] Wel, hoe is die verhouding tussen die liefde en vriendelikheid van jou kinders nou ten opsigte van die liefde en buitengewone vriendelikheid van hierdie twee hemelbodes!? As beide jou ook maar selfs met `n liefhebbende blik sou aankyk en jou slegs één vinger sou gee om te streel, dan sou die liefde in jou eie hart hom tot so `n hoogte verhef het dat jy dit nie langer as `n paar oomblikke sou kon verdra nie. En sou die engele jou dan ook skynbaar alleen laat, sou jou hart deur só `n droefheid oorweldig word, dat jy sou sterwe!

[12] Want weet dit, hoe mooi beide My lieflingsengele nou ookal is, hierdie skoonheid is niks vergeleke met die skoonheid wat hulle verkry as hulle wese deur My Liefde in hulle harte vervul word nie! Ek sê vir jou: Dan raak alles wat die wêreld as rein en liefs aan te bied het, eindeloos ver op die agtergrond! - Ek glo nou dat jy My goed verstaan het!?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205