Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die wese van God en die dien van God

18 "As die mens sterf, word die siel uit die liggaam geneem. Die siel kom dan as `n selfstandig geestelike mens op `n plek wat ooreenkom met sy innerlike gesteldheid. Op hierdie plek kan slegs die vrye wil en die liefde hom help. Is die wil en die liefde goed, dan sal die plek ook goed wees, die siel moet haarself gereedmaak met die krag en mag wat God haar gegee het. Is die wil en die liefde egter sleg, dan sal hul werk ook sleg wees - net soos wat op die aarde `n slegte boom geen goeie en `n goeie boom geen slegte vrugte kan gee nie. Gaan en versier `n doringstruik met goud en edelstene, en kyk of julle daarvan sal kan druiwe oes! Of julle egter die druif met goud versier al dan nie, dit sal julle tog soet en lekker vrugte gee.

[2] As dit nou so is en nie anders nie, vra julle dan eers af watter nut die siele van die gestorwenes sal of kan hê deur die witkalking van grafte, waarin slegs verweerde gebeentes en stinkende vieslikheid lê!

[3] Glo julle dan werklik dat God so swaksinnig en dwaas is dat Hy Hom sou laat dien deur die dom en waardelose stoflike gepronk van die materie?!

[4] Ek sê vir julle: God is `n Gees, en hy wat Hom wil dien, moet Hom in die gees en in die volle, lewende waarheid van sy hart dien, maar nie in die materie met die materie nie. Want die materie is niks anders nie as die wil van die Almagtige Vader wat vir `n bepaalde tyd vaste vorm aangeneem het!

[5] Wat sou u aan `n mens sê wat by u kom en loon verlang omdat hy u gewas verniel het en daarby nog beweer dat hy u daarmee `n goeie diens bewys het?! - Wel, wat julle aan so `n brutale gek sou sê, dit sal die Vader eenmaal in die hiernamaals aan julle sê, en julle sal van Hom moet wyk en ook nog na die buitenste duisternis uitgestoot word, waar `n geween en `n gekners van tande julle loon sal wees!

[6] As bewys van julle sorg vir die weduwees, geld eerste My moeder Maria, van wie u alles ontneem het, en vervolgens duisende ander wat julle eenders behandel het en nog so behandel!

[7] Skrei dit nie ten hemele nie dat Judese vroue hul reg by die heidene moet soek en dan ook vind nie? Moet dit nie baie komies vir die satan wees dat sy kinders nou God se kinders by verre in reg en geregtigheid oortref nie? Ja, van nou af aan sal die wêreldse kinders óók God se kinders word; daarom sal julle kinders van hom sê dat hulle hom altyd getrou gedien het!

[8] Het julle dan, noudat julle in JeshaJaH lees, nog nie die plek gevind waar hy sê:

[9] 'Ek het `n welgevalle aan barmhartigheid en nie aan brandoffers nie!' en ook: 'Hierdie volk eer my met die lippe; maar hul hart is ver weg van My!'

[10] As julle sê: 'Dit het God deur die mond van die profete gesê!', hoeveel agting het julle dan vir Hom as julle altyd jul skandelike voorskrifte voorkeur gee bo die gebod van God, en julle voorskrifte slegs vir wêreldse voordeel toepas, maar die goddelike met die voete vertrap?! - O slegte, en steeds maar dienende knegte van die duiwel! Hoe hoop julle om eenmaal die oordeel van God te ontvlug?! Werklik, dit sal met die Sodomiete beter gaan as met julle! Want as daar in dié tyd sulke tekens plaasgevind het soos wat alreeds by julle plaasgevind het, dan sou hulle in sakke boete gedoen het, en God sou hulle nie met vuur en swael uit die hemel tereggestel het nie! - Wee julle, die tyd is naby dat dit met julle sal gaan soos wat Ek voorspel het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205